Nuwe kindervriendelike ontwerp vanjaar by Innibos-pretpark

Loading player...
'n Groep ma's het tydens verlede jaar se Innibos besluit die kunswerke van skamel geklede vroue by die pretpark op die feesterrein is nie ideaal om kinders aan bloot te stel nie. Annali Schutte en Caria Harms het intussen saam met die fees, die pretpark-bestuur en Hoërskool Bergvlam gewerk om dit vanjaar met meer kindervriendelike ontwerpe te vervang.
30 Jun Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Uitspraak oor permitte oorwinning vir renosterbewaring

Die hooggeregshof in Kimberley het die Noord-Kaapse regering se aansoek om appèl rondom uitvoerpermitte vir eties geoeste renosterhorings van die hand gewys. Wicus Diedericks wat hom oor die saak tot die hof gewend het, gesels met ons oor hoe dit die handel in renosterhorings uit misdaadsindikate se hande kan haal.
6 Jul 7 min

KANSA: Junie is Internasionale Kankeroorlewendesmaand

Elise Fourie is ‘n beradingsielkundige en oorlewende van skildklierkanker wat ook ‘n Relay For Life Global Hero of Hope én ‘n leiervrywilliger by KANSA is. Sy gesels met ons oor Internasionale Kankeroorlewendesmaand wat in Junie plaasvind en hoe oorlewendes 'n rol in kankerbewustheid kan speel deur hul storie te deel…
30 Jun 12 min

Tradition Transformed vertoon kunsvlyt se evolusie

Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer.
29 Jun 5 min