Kinderdiens - 11 Oktober 2026

Loading player...
PREDIKER: DJ Muller
TEKS: Verskeie Skrifgedeeltes
TEMA: Jesus is méér as JesusGPT

Ons leef in ’n wêreld waar antwoorde net een vraag ver is. Vra vir ChatGPT, en binne sekondes kry jy hulp. Maar behandel ons nie soms vir Jesus op dieselfde manier nie? Ons vra, ons wag vir ’n antwoord, en gaan dan aan met ons lewens.

Maar wat as Jesus méér vir ons wil wees as net Iemand wat ons vrae beantwoord en ons probleme oplos?

In hierdie kinderdiens ontdek ons, met behulp van ’n AI-eksperiment, waarom Jesus nie net vir ons antwoorde wil gee nie, maar ons uitnooi om Hom werklik te ken.

Want geloof gaan oor méér as wat ons by Jesus kan kry. Dit gaan oor Wie ons in Hom ontdek.
11 Oct Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 22 (15 November 2026)

Tydens hierdie diens het 9 jongmense belydenis van geloof afgelê. Slegs die preek gedeelte van die diens is deel van hierdie opname. PREDIKER: Nadia Muller TEMA: ’n Vol lewe TEKS: Efesiërs 5:15–20 Wat beteken dit om ’n lewe te leef wat nie heeltyd méér nodig het nie? In Efesiërs 5:15–20…
15 Nov 21 min

Erediens - 18 Oktober 2026 (Tien gebooie)

PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Die Tien Gebooie – ’n uitnodiging tot ’n lewe saam met God Kom ons lees die Tien Gebooie met ’n ander bril. Wat as dit nie bloot ’n stel reëls is wat ons op die regte pad moet hou nie, maar eerder ’n uitnodiging van God…
18 Oct 38 min

Erediens - 01 November 2026 (DOOP: Ian Cloete)

PREDIKER: Jan Grobbelaar (NGK Prince Alfred's Hamlet) TEKS: Kolossense 2:6–15 DOOP: Ian Cloete (geb. 17 Feb. 2026) In die Ou Testament was die besnydenis die sigbare teken dat iemand aan God se verbondsvolk behoort het (Genesis 17). In Kolossense 2:11–12 verduidelik Paulus dat gelowiges nou die "besnydenis van Christus" ontvang…
1 Nov 18 min