DZL-manne praat oor húlle ‘realiteit’

Loading player...
Elke nou en dan pryk Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie van die musiekgroep DZL op nóg ʼn glansvoorblad en loop op van die wêreld se glansrykste modeloopplanke. Maar tuis is dié sangers op hul gemaklikste in die Bosveld – sommer met kakies en plakkies.

Die duo het bykans nie ʼn enkele oomblik stil gesit nie ná die uitreiking van hul debuutalbum, DZL, wat hulle onder meer twee Ghoemas besorg het. Nou is DZL se jongste album, Realiteit, onlangs uitgereik, en dié album plaas ʼn streng fokus op sosiale kwessies.
12 Jun 2018 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.
25 Sep 13 min

‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos

Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het…
21 Sep 9 min

Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’

“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.” 
1 Sep 9 min