Christiaan Baartman – Selfde passie, nuwe asem

Loading player...
Sommige kan dalk onder die indruk wees dat Christiaan Baartman sy eerste verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak het toe hy vroeër vanjaar beoordelaars van The Voice SA met sy weergawe van “Tennessee Whiskey” tydens sy blinde oudisie oorrompel het. Maar dié rasperstem-musikant is al langer as ʼn dekade professioneel in die musiekbedryf en het begin sing nog voor hy behoorlik kon praat.
29 Jul 2019 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.
25 Sep 13 min

‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos

Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het…
21 Sep 9 min

Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’

“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.” 
1 Sep 9 min