Wolkskool op die radio: Waar kom wiskunde vandaan?

Loading player...
Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek. Nadat ons ’n raamwerk gekies het, gaan kyk ons na verskeie samelewings soos die Khoi, die Babiloniërs en die Majas en hoe hulle wiskunde gelyk het. Laastens doen ons aan by Leonardo Pisano (Fibonacci) en kyk waar kom die getalle vandaan wat ons as Westerlinge vandag nog gebruik.
11 May 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.
25 Sep 13 min

‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos

Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het…
21 Sep 9 min

Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’

“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.” 
1 Sep 9 min