Heuningfees is vertoonvenster vir byeboerdery

Loading player...
In Rustenburg is daar ʼn groep byeboere wat hulle nou beywer om die Stedelike Bye-gilde landswyd uit te brei. Die gilde se idee is om hulp en ondersteuning te bied aan kleinskaalse beginnerbyeboere en stadbewoners wat met heuning, byewas en propolis (bye-gom) wil boer. Hennie Oberholzer het met Maroela Media gesels oor die Stedelike Bye-gilde en die Heuningfees wat die gilde van 21 tot 28 November in die dorp aanbied. Hy het ook meer vertel oor die produksiepotensiaal van ʼn kleinskaalse byeboerdery in ʼn dorpgebied.
20 Nov 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Gee ʼn Bybel, verander ʼn lewe

Vir vervolgde gelowiges kan ʼn enkele Bybel die verskil tussen wanhoop en volharding wees. Jy kan help om God se Woord in die hande van iemand te plaas wat hul lewe vir hul geloof waag. Elizabeth Botha van Geopende Deure Afrika het Maroela Media meer oor die veldtog vertel.
11 Dec 13 min

Die huwelik en intimiteit | Episode 1: Praat met jou maat

Intimiteit is nie iets wat vroeër jare juis bespreek is nie, daarom heers daar baie wanindrukke rondom die onderwerp, meen huweliksberader Louise Ehlers in episode een van Maroela Media se nuwe podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik.
2 Dec 8 min