On air

GROOTfm 90.5

--:--
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

#SlatDieSport - 15 mei

Ons bring hulde aan Cornal Hendricks – ’n legende op én van die veld af. Marcell Coetzee en Dawie Spies deel persoonlike herinneringe en staaltjies oor die man agter die nommer 14-trui.
15 May 42 min

Alvin en Anrika Bruinders

Anrika En Alvin Bruinders het vanoggend op #BrunchmetAnnelie hulle baie besonderse en bonatuurlike ‘journey’ kom deel. Na 17 onsuksesvolle ‘in vitro’s’ en die dood van hul pragtige dogter, Alaska, sewe dae na haar geboorte, deel Anrika en Alvin hul hartseer, maar bo alles hul oorwinnings, en hoe hulle die Here…
15 May 57 min