ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

#GROOTtrauma | 23 September

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Pierre Nel (in die plek van Dr Jaco) oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar: Jou vingers bevat geen spiere nie. >MIGRAINE AWARENESS WEEK: MIGRAINE IS NIE NET ’N HOOFPYN NIE >FANCONI-ANEMIE: Robin en Jolandie Lewis kom deel hull getuienis…
23 Sep 46 min

Marko Stavrou - The Gen Z Guy

Annelie praat met Marko Stavrou, the Gen Z Guy, oor die social trend van Gen Z'rs wat wil hê dat Millenials moet aftree sodat hulle, hul werke kan kry
22 Sep 14 min

Aktualiteit: Hoe gemaak met straatligte wat nie werk nie?

Swak straatbeligting rondom skole skep nie net ’n sigbaarheidsprobleem nie, maar kan volgens AfriForum se Groot Pretoria-Oos-tak ook ’n ernstige veiligheidsrisiko vir leerders, ouers en onderwysers inhou. Die organisasie het bevind dat verskeie skole in onder meer Garsfontein, Wapadrand, Faerie Glen en Constantiapark met onvoldoende beligting sukkel, en het daarom…
23 Sep 7AM 13 min