Johnny vertolk die rol van Tshepo, een van die sterswemmers by die Swartmarlyne. Hy het onlangs besluit om weer uit te reik na sy familie, en hy en sy nefie, Mohavi, het vinnig ‘n hegte band gevorm. Diepe Waters is Maandae tot Donderdae 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Dis ook…
Juffrou X wys ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. Die reeks, met draaiboek en regie deur Hertzogpryswenner Tertius Kapp, bestaan uit agt episodes. Dit begin op Dinsdag 30 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Sy werk vir Zelda as ‘n skoonheidsterapeut by Skinvestment. Met haar professionele werketiek en deursettingsvermoë het sy vir Zelda bewys dat sy die titel van bestuurder verdien. Sy is egter baie amisieus – sy wil graag ‘n berader word en Anja het haar die kans gegee om die Swartmarlyne (swemmers)…
Plan B vertel die verhaal van ’n man met ’n militêre agtergrond, Ivan Malan, en sy vennoot, Paul Schmidt, wat ’n bendebaas beroof en die Vlammemeisie steel – ’n skildery deur die meesterskilder Vermeer wat €30 miljoen werd is. Plan B is sonder twyfel ’n dramareeks enig in sy soort.
April bring winde van verandering in jou gunsteling kykNET-sepie...Mari word vertolk deur Diandra Slabbert en kykers hou niks van Mari nie, want sy probeer Ben en Sanet uitmekaar te dryf. Diepe Waters Man-Don op kykNET kanaal 144.
Hy speel dalk nou in die kykNET&kie telenovela, Arendsvlei, n polisiekaptein wat reguit dink en eerlik praat, maar akteur Dries Botha skroom nie om in skurkkarakters se donker komplekse skoene te klim nie.
Bewonder & Bewaar is ’n natuurlewereeks waarin die geheimenisse en wonders van moeder aarde ontsluit word deur toegewyde navorsers, veeartse, bewaringswetenskaplikes en ander deskundiges. 24 Maart 2024 op kykNET kanaal 144.
"Plan B" – kykNET se nuwe misdaadkomedie-reeks met ’n A-span akteurs en groot name aan die stuur soos Arnold Vosloo, wat al 33 jaar in Hollywood werk. Ná sy uitstekende spel in die rolprent Griekwastad, ook gemaak deur Kapp en Malherbe, is hy weer in Afrikaans te sien.
Summertide draai om ’n mariene-bioloog, Martin Field (Frank Rautenbach) wat ná die dood van sy vrou (Amalia Uys) saam met sy twee kinders na die Valsbaai-omgewing verhuis. Hier begin hy ’n nuwe bewaringstrust, maar die lewe is nie so sonnig en droomagtig soos die see-uitsig nie.
Die derde seisoen van die gewilde "Op my eish!" is in die wegspringblokke. En nou’s dit tyd om uit te vind watter 16 vroue die kans gaan kry om Brendan Peyper se hart te wen.
Sing jy in ’n restaurant of kroeg? Is jy die plaaslike karaoke-ster? Is jy ’n gereelde agtergrond- of sessiesanger? Of selfs ’n gevestigde sanger? Dan is kykNET se nuwe musiekspeletjiesprogram, “Oppi noot”, dalk die groot geleentheid waarvan jy droom.
Derick Hougaard is al jare ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika. En mense het altyd baie oor hom te sê gehad, maar nou besluit hy om sy kant van die storie te vertel op kykNET Woensdae 8pm kanaal 144.
“OmmiGhellie” is ’n televisieprogram wat die stories van mense in kleiner dorpies in Suid-Afrika vasvang. Elke Vrydag om 19:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.
15 Nov 2023 12PM
8 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.