#GROOTtrauma

Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
431 Episodes
20 – 40

#GROOTtrauma - 20 November

Studente dr Zoe Nel gesels met Dr Jaco van Niekerk oor hoe dit is om vandag 'n graad in medisyne te studeer teenoor hoe dit in dr van Niekerk se dae was. Wat het verander en wat is nogsteeds dieselfde
20 Nov 2024 38 min

#GROOTtrauma - 13 November

Onderhoud met Dr Jaco van Niekerk env Dr Louise Johnson Loots - Internis Met ‘n Spesiale belangstelling in Diabetes by Netcare Montana Ons gesels oor Internasionale Diabetes bewusmakings dag 14 November en ook oor die nuwe middels wat beskikbaar is vir Diabetes soos Ozempic.
13 Nov 2024 34 min

#GROOTtrauma - 06 Oktober

Johan Kloppers is ’n berader en betrokke by verskeie plaasaanvalle vir trauma berading. Die week gesels hy oor wat primêre, sekondêre, tweedehandse en kollektiewe trauma is.
6 Nov 2024 40 min

#GROOTtrauma - 30 Oktober

Dr Annelize Naudé, Streeksbestuurder van SAVF en Thoriso Tleane, ’n maatskaplike werker van SAVF gesels oor van die uitdagings waarmee hulle daagliks sukkel, die situasies waarin hul hulself bevind partykeer en die ongelooflike werk met min finansieële hulp wat hulle daagliks doen om ons kinders veilig te hou.
30 Oct 2024 41 min

#GROOTtrauma - 16 Oktober

Dr. Adler gesels oor “medicine’” 3.0 Dr Adler is ’n internis en sjirurg by Morningside Mediclinic en ook direkteur van Infinity Medical Conierge. Hy gesels oor wat Medicine 3.0 beteken en hoekom dit belangrik is vir ’n moderne holistiese benadering to gesondheid.
17 Oct 2024 27 min

#GROOTtrauma - 9 Oktober

Die week gesels Pieter en dr Jaco van Niekerk met Tersia Burger, ondervoorsitter van Hospice Suid-Afrika oor palliatiewe sorg.
9 Oct 2024 38 min

#GROOTtrauma - 2 Oktober

Welma Geldenhuys, senior maatskaplikewerker by ADASA gesels oor dimensie. Francois Louw, HUB by Vista Kliniek skop die 9de Oktober af met hul ‘Nuts and bolts’ veldtog en vertel meer oor wat hulle beplan en waarna die fondse van die nie-winsgewende projek gaan.
2 Oct 2024 37 min

#GROOTtrauma - 18 September

Oktobermaand is borskanker bewustheid maand. Dr Cornel Steyn en Dr Phillipus Nel is in die ateljee om te praat oor borskanker in dames sowel as in mans. Hulle fokus op die voorkoming, simptome en behandeling van borskanker.
18 Sep 2024 40 min

#GROOTtrauma - 11 September

’n Onlangse studie het getoon dat as jy diê sewe goed doen, jou kanse om later dimensie en Alzheimer se siekte kry, vertraag kan word. Dr Jaco van Niekerk vertel wat die sewe goed is.
12 Sep 2024 34 min

#GROOTtrauma - 4 September

Prof Clive Gray van die Universiteit van Stellenbosch is die ontvanger van die 2023 Harry Oppenheimer Fellowship-toekennings. Dit gaan hom in staat stel om navorsing te doen oor voortydige geboorte. Dr Jaco van Niekerk gesels oor oor Torrets sindroom.
4 Sep 2024 39 min

#GROOTtrauma - 28 Augustus

Die Hoof Uitvoerende Beampte van Vista Kliniek gesels oor psigiatriese gesondheid. Kalf Grobler van die Facebook-blad, “Swart hond” deel sy getuienis en vertel ook meer van die groep wat bystand bied vir persone wat met depressie en angs lewe.
28 Aug 2024 39 min

#GROOTtrauma - 21 Augustus

Dr Brittain, ’n hematoloog gesels oor ’n nuwe prosedure om kanker te beveg. Die nuwe behandeling word CarT-terapie genoem. Hy vertel meer hieroor.
21 Aug 2024 30 min

#GROOTtrauma - 14 Augustus

Dr Jaco van Niekerk gesels oor die mees algemene hartkwale, veiligheid by privaat hospitale en deel ook sy opinie oor verskeie nuusstories wat die afgelope week nuus gemaak het.
14 Aug 2024 38 min

#GROOTtrauma - 7 Augustus

Dr Jaco van Niekerk verduidelik wat die verskil is tussen Osteoporose en Rumatoïede artritis.
7 Aug 2024 40 min

#GROOTtrauma - 31 Julie

Johan Kloppers is 'n traumaberader en gesels oor hoe om geweldtrauma te bestuur.
31 Jul 2024 36 min

#GROOTtrauma - 24 Julie

Dr Johan Kluge, 'n kop-en nek sjirurg gesels oor kanker in spesifiek die areas van die liggaam. Hy vertel ook meer oor sy gratis 'screening' projek wat op die 27ste Julie 2024 plaasvind in Johannesburg, Pretoria en Durban.
24 Jul 2024 38 min

#GROOTtrauma - 17 Julie

Dr Maritha Rossouw, 'n onkoloog by ABJ Onkologie in Pretoria Oos gesels oor kanker en nuwe tegnologie wat beskikbaar is vir die behandeling van kanker.
17 Jul 2024 34 min

#GROOTtruama - 10 Julie

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is.
10 Jul 2024 38 min

#GrootTrauma - 3 Julie

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is
3 Jul 2024 36 min

#GrootTrauma - 26 Junie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor beenstruktuur en -trauma in kleuters, tieners en volwassenes en die behandeling daarvan.
26 Jun 2024 42 min
20 – 40