GROOTfm 90.5 #GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
424 Episodes
1 – 20

#GROOTtrauma - 19 Maart

Pieter Cloete en Jaco gesels met Carin Bosman oor wêreld water dag (bakterie in water en wat is kwaliteit water). Sy is die direkteur by Carin Bosman Sustainable Solutions.
19 Mar 34 min

#GROOTtrauma - 5 Maart

Die derde Maart was Wereld gehoor dag. Ons gesels met oudioloog, Bronwyn van Wyk van Specsavers oor simptome, behandeling en vroee voorkoming van gehoorverlies.
5 Mar 27 min

#GROOTtrauma -26 Februarie

In die week se program loer ons in by Shay-Lee Engelbrecht wat die 3rde Maart ’n 4000km reis aanpak om fondse in te samel vir Rock of Hope. Lourindi Nel, ’n spelterapeut en haar man Marius Nel, ’n pastoor gesels oor gesonde gesinne.
26 Feb 39 min

#GROOTtrauma - 19 februarie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor die nuutste uitbraak van hand-en mond siekte in kwaZulu-Natal en wat beteken dit vir jou gesondheid as jy besluit om minder op jou foon te wees.
19 Feb 34 min

#GROOTtrauma - 12 Februarie

Dr Jaco van Niekerk gesels oor wat jy moet weet wanneer jy vir ’n normale roetine doktersafspraak gaan. Hoekom doen jy net sekere bloedtoetse, en wat sien dokters in urinemonsters?
12 Feb 44 min

#GROOTtrauma - 5 Februarie

Anel Kruger kuier in die ateljee. Sy was 12 jaar gelede gediagnoseer met AML (Akute myeloïede leukemie). Sy deel haar getuienis en vertel meer oor wat “Survivor guilt” is.
5 Feb 37 min

#GROOTtrauma - 29 Januarie

’n Nuwe studie wat in die National Library of Medicine gepubliseer was, dui aan dat Suid-Afrika op ’n opioïd-verlawing krisis. Dr Jaco van Niekerk gesels hieroor.
29 Jan 34 min

#GROOTtrauma - 22 Januarie

Dr Andrè Hattingh gesels oor hul projek, Ride 4 a child, Jaco Kleynhans, Hoof van Solidariteit se Internasionale Betrekking gesels oor wat die ontrek van Amerika uit die WGO beteken vir Afrika. Dr Jaco van Niekerk gesels oor sie uitbreek van diphtheriae en wat dit is.
22 Jan 35 min

#GrootTrauma - 08 Januarie

Ruvé Esterhuizen, ’n kliniese sielkundige by Life Poortview gee ’n paar wenke vir ouers en matrieks van klas 2024 oor hoe om hul verwagtinge te bestuur vir die matriekuitslae wat volgende week bekendgestel gaan word.
8 Jan 35 min

#GROOTtrauma - 11 Desember

Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale betrekking by Solidariteit gesels oor wat tans in Mosambiek aan die gang is en wat se nagevolge dit vir vakansiegangers moontlik kan inhou. Kallie Kriel was verlede week in sy persoonlike kapasiteit in Mosambiek en vertel van sy ervaring. Dr Jaco van Niekerk gee ’n…
11 Dec 2024 34 min

#GROOTtrauma - 04 Desember

Venita en Dr. Jaco bespreek van die belangrikste gesondheids- en maatskaplike kwessies. Gedurende Handewasbewustheidsweek het hulle die lewensbelangrike rol van behoorlike handhigiëne uitgelig. Vir Suid-Afrika se 16 Dae van Aktivisme het hulle gefokus op die dringende behoefte aan beter sekuriteit om pasiënte en mediese personeel in kwesbare gesondheidsorgomgewings te beskerm…
4 Dec 2024 34 min

#GROOTtrauma - 27 November

Dr Jaco van Niekerk gesels oor narkose en ook die rol wat ’n narkotiseer speel in die multidisiplinêre span.
27 Nov 2024 35 min

#GROOTtrauma - 20 November

Studente dr Zoe Nel gesels met Dr Jaco van Niekerk oor hoe dit is om vandag 'n graad in medisyne te studeer teenoor hoe dit in dr van Niekerk se dae was. Wat het verander en wat is nogsteeds dieselfde
20 Nov 2024 38 min

#GROOTtrauma - 13 November

Onderhoud met Dr Jaco van Niekerk env Dr Louise Johnson Loots - Internis Met ‘n Spesiale belangstelling in Diabetes by Netcare Montana Ons gesels oor Internasionale Diabetes bewusmakings dag 14 November en ook oor die nuwe middels wat beskikbaar is vir Diabetes soos Ozempic.
13 Nov 2024 34 min

#GROOTtrauma - 06 Oktober

Johan Kloppers is ’n berader en betrokke by verskeie plaasaanvalle vir trauma berading. Die week gesels hy oor wat primêre, sekondêre, tweedehandse en kollektiewe trauma is.
6 Nov 2024 40 min

#GROOTtrauma - 30 Oktober

Dr Annelize Naudé, Streeksbestuurder van SAVF en Thoriso Tleane, ’n maatskaplike werker van SAVF gesels oor van die uitdagings waarmee hulle daagliks sukkel, die situasies waarin hul hulself bevind partykeer en die ongelooflike werk met min finansieële hulp wat hulle daagliks doen om ons kinders veilig te hou.
30 Oct 2024 41 min

#GROOTtrauma - 16 Oktober

Dr. Adler gesels oor “medicine’” 3.0 Dr Adler is ’n internis en sjirurg by Morningside Mediclinic en ook direkteur van Infinity Medical Conierge. Hy gesels oor wat Medicine 3.0 beteken en hoekom dit belangrik is vir ’n moderne holistiese benadering to gesondheid.
17 Oct 2024 27 min

#GROOTtrauma - 9 Oktober

Die week gesels Pieter en dr Jaco van Niekerk met Tersia Burger, ondervoorsitter van Hospice Suid-Afrika oor palliatiewe sorg.
9 Oct 2024 38 min

#GROOTtrauma - 2 Oktober

Welma Geldenhuys, senior maatskaplikewerker by ADASA gesels oor dimensie. Francois Louw, HUB by Vista Kliniek skop die 9de Oktober af met hul ‘Nuts and bolts’ veldtog en vertel meer oor wat hulle beplan en waarna die fondse van die nie-winsgewende projek gaan.
2 Oct 2024 37 min
1 – 20