GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
493 Episodes
1 – 20

Lifesaving SA oor waterveiligheid

Winston A Meyer die President van Lifesaving SA gesels met Annelie so voor wêreld water dag oor Lifesaving SA se werk rondom water veiligheid
20 Mar 9 min

Oppinuus - Mel en Peet Viljoen

Annelie gesels met die prokureur Llewellyn Curlewis oor Mel en Peet Viljoen se arrestasie in Amerika en hoe die wetgewing werk rondom Suid-Afrikaners wat in ander lande gearresteer word
19 Mar 8 min

Oppinuus: Prof John Stremlau - Amerika en Iran oorlog

Annelie gesels met Prof Stremlau (Department of International Relations, School of Social Sciences Areas of interest and research: US-Africa relations; China; International politics and relations Wits universiteit) oor die oorlog in Iran en hoe dit SA kan beinvloed
12 Mar 10 min

KleinSaterdag Sport - Natascha Louw

Annelie gesels met Natasch Louw (Sport koördineerder vir kompeterende sport by Univen) oor haarPHD by Universiteit Stellenbosch. Tema van studie: Van die kantlyn na die middelpunt: prestasie, mag en ‘Herstory’ in Suid-Afrikaanse vrouerugby
11 Mar 7 min

Grootkraal 9 Maart 2026

Michael kuier by Annelie in die ateljee en gesels Boeremark, bestaansboere en die gemeenskap
9 Mar 13 min

Jennifer Myburgh gesels met Prof. Basie von Solms

Jennifer het met Prof. Basie von Solms, Navorsingsprofessor in Kubersekerheid aan die Univeriteit van Johannesburg se sentrum vir kuberveiligheid, met ons gepraat oor hoe om jouself veilig te hou
26 Feb 10 min

Jennifer Myburgh gesels met Jana Marx

“N maand nadat die Madlanga kommissie hervat het, het die journalis Jana Marx op Mirrag kom kuier om n oorsig te gee van die onthullings” 
24 Feb 23 min
1 – 20