Die Oekraïnse ambassade in Suid-Afrika sê hy ondersoek berigte dat 17 Suid-Afrikaanse mans in Oekraïne se Donbas-streek vasgekeer is. Die mans van tussen 20 en 39 jaar oud is glo met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Olexander Scherba,…
AfriForum sê 'n nuwe verslag deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bevestig wydverspreide ineenstorting van munisipale regering regoor die land. Die prestasie-oorsig van 2023 tot 2024 toon dat baie munisipaliteite die huidige finansiële jaar betree het met onbefondsde begrotings, stygende skuld aan Eskom en waterrade, en gebrekkige…
Die debat oor die Grond-wetsontwerp duur voort in die parlement, met Swapo-parlementslid Nono Katjingisua wat dit 'n transformerende stap in Namibië se grondhervormingsreis noem. Katjingisua sê die wetsontwerp kan die ekonomiese potensiaal van gemeenskaplike grond ontsluit, landbou bevorder en boere langverwagte grondregte en toegang tot finansiering gee.
Die AR-leier, Job Amupanda, sê hy is op die punt van herstel en amper gereed om terug te keer na die politiek. Nadat hy verlede maand 'n suksesvolle nieroperasie in Johannesburg ondergaan het, sê Amupanda dat hy nou 90 persent herstel en gereed maak om weer die veldtog aan te…
President Cyril Ramaphosa sê alle Suid-Afrikaners behoort bekommerd te wees oor die toename in bendeverwante moorde, veral in Kaapstad en die Wes-Kaap. Ramahosa het tydens mondelinge antwoorde op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die moord op sewe jong mans in Philippi demonstreer die brutaliteit waarmee gemeenskappe te doen het…
Die Amerikaanse kongreslid Suhas Subramanyam, het saam met 15 ander Demokrate, ‘n brief aan Andrew Mountbatten Windsor gestuur waarin 'n onderhoud met hom versoek word oor sy bande met Jeffrey Epstein. Subramanyam is deel van ‘n komitee wat ondersoek na Epstein se oortredings instel. Die versoek is nie bindend nie…
Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê keurders het die beste span gekies vir môre se kragmeting teen Frankryk in Parys. Daar is ses veranderinge aangebring aan die span wat Japan verlede naweek op Wembley verslaan het. Boan Venter vervang die beseerde Ox Nche op loskopstut, terwyl Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Pieter-Steph…
Die Pan-Afrika-parlement het weereens sy oproep vir die stigting van 'n Afrika-kredietgraderingsagentskap herhaal. Die stap word beskou as noodsaaklik om die vasteland se afhanklikheid van Westerse graderingstelsels te verminder. Tydens die Sesde Sitting van die parlement in Midrand, Johannesburg, het Namibië se adjunkspeaker, Phillipus Katamelo, die noodsaaklikheid van verpligte deelname…
Action Society sê die uitspraak van die Randburg-streekhof in die saak teen adjunk-president Paul Mashatile se agt beamptes vir die beskerming van belangrike persone, is 'n belangrike stap in die rigting van verantwoordbaarheid in wetstoepassing. Slegs een aanklag teen dié sogenaamde blouligmafia is laat vaar. Hulle word daarvan beskuldig word…
Misdaad teen toeriste in Erongo is aan die toeneem. Die polisie rapporteer 44 voorvalle tussen Januarie en Oktober vanjaar, 'n toename van 26 persent vanaf verlede jaar. Die mees algemene oortredings sluit in diefstal uit voertuie, huisbraak en roof. Die Erongo-streekpolisiebevelvoerder-kommissaris Nikolaus Kupembona sê die mag verskerp pogings om besoekers…
Die landboukundige Wallie Roux sê die onlangse skerp styging in vleispryse is geen toeval nie. Hy sê dit is die gevolg van beide sterk uitvoervraag en beperkte plaaslike aanbod. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl inflasiesyfers bevestig dat verbruikers meer vir vleis betaal, steeds minder as vir…
Pauline Collins, die ster van die film Shirley Valentine, waarvoor sy in 1990 vir 'n Oscar benoem is, is op die ouderdom van 85 oorlede. Sy is vreedsaam in haar Londense versorgingsoord oorlede, omring deur haar familie, nadat sy vir etlike jare Parkinson se siekte gehad het. Collins sal die…
Die Afrika Diaspora Forum in Suid-Afrika sê 'n dringende migrante-indaba is nodig. Dis nodig om samewerkingstrategieë te vind om migrasie te bestuur, integrasie te versterk en die druk op openbare hulpbronne te verlig. Migrasie in Suid-Afrika is 'n ingewikkelde wetlike saak wat insluit assielsoekers, vlugtelinge, visahouers, permanente inwoners en genaturaliseerde…
Brittanje se prins William, wat Koning Charles verteenwoordig het, het tydens die COP30-openingsessie in Belém, Brasilië, voor die konferensie wat Maandag begin, gewaarsku dat die wêreld gevaarlik naby aan kantelpunte in die natuurlike stelsels beweeg. Dit sluit in seestrome, reënwoude en yskappe, waarvan alle lewe afhanklik is. Van die oplossings,…
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Jenelly Matundu, het Namibiërs wat in die buiteland woon, versoek om by die naaste ambassade te registreer. Dit is noodsaaklik vir hul veiligheid tydens noodgevalle. Matundu het in die parlement gesê dat ambassades dikwels onregverdig gekritiseer word vir swak prestasie, maar dat hulle…
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van SAFA, Russell Patrick Paul, by die bedrogsaak teen Danny Jordaan en drie ander gevoeg. Phindi Mjonondwane van die gesag sê Paul het na bewering met die beskuldigdes saamgesweer om bedrog te pleeg deur betalings sonder 'n kontrak goed te keur…
Nuus oor reën wat op pad is, is altyd goed, maar as jy 'n liefhebber van wyn is, mag jy dalk begin dink daar's 'n krisis op pad! Die onafhanklike meteoroloog, Johan van den Berg, sê wydverspreide reën word rondom 6 en 12 November verwag. Dit bring hoop vir weivelde,…
Die LPM is verbied om aan nege suidelike plaaslike owerhede en ander landwyd deel te neem weens beweerde tegniese probleme met die Verkiesingskommissie se aanlyn-portaal. Geraakte dorpe in die Hardap- en Karas-streke sluit in Aranos, Berseba, Bethanie, Gibeon, Rehoboth, Kalkrand, Lüderitz, Tses en Stampriet. Die party is ook uitgesluit van…
Die vervoerministerie het 'n nuwe digitale vlootbestuurstelsel onthul wat ontwerp is om korrupsie, diefstal en verkwistende besteding te voorkom. Vervoerminister Veikko Nekundi sê die stelsel sal voertuigonderhoud, bestuurdersgedrag en onderdelebestellings intyds dophou, wat sal help om miljoene te verhaal wat weens swak bestuur en misbruik verlore gegaan het.
6 Nov 9AM
1 min
1020 – 1040
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.