Die vervoerministerie het 'n nuwe digitale vlootbestuurstelsel onthul wat ontwerp is om korrupsie, diefstal en verkwistende besteding te voorkom. Vervoerminister Veikko Nekundi sê die stelsel sal voertuigonderhoud, bestuurdersgedrag en onderdelebestellings intyds dophou, wat sal help om miljoene te verhaal wat weens swak bestuur en misbruik verlore gegaan het.
Die Namibië Rugby-unie het sy wedstryddag 23 aangewys wat België Saterdag in Dubai in die laaste Rugbywêreldbeker 2027-kwalifiseertoernooi pak. Direkteur van rugby, Jacques Burger, het vanmiddag tydens 'n perskonferensie die span onthul, gelei deur kaptein Louis van der Westhuizen en onderkaptein Danco Burger.
'n Man van Windhoek is van 22 000 Namibiese dollar beroof nadat hy in 'n taxi geklim het. Die woordvoerder van die Windhoek Stadspolisie, superintendent Marcelline Murapo, het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en inwoners aangespoor om waaksaam te wees wanneer hulle taxi's gebruik. Sy waarsku dat gevalle…
Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, beskryf LIV Gholf se besluit om sy toernooi van volgende jaar na 72 putjies uit te brei as eienaardig. Dit kan die Saoedi-Arabies-gesteunde liga se poging versterk om erken te word op die amptelike wêreldranglys, wat van die uiterste belang is omdat die vier…
Eskom is bekommerd oor voortgesette waninligting oor sy stelselprestasie en dieselverbruik. Hy herhaal dat hy elke Vrydag deursigtige, datagebaseerde inligting oor sy bedrywighede gee. Die kragverskaffer word gedwing om miljarde Suid-Afrikaanse rand se diesel te gebruik omdat sy opwekkingsvloot nie betroubaar genoeg is om voldoende krag op te wek nie…
Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie gaan die vlug-vermoë na 40 belangrike lughawens reg oor die land met 10-persent verminder. Dis weens die regerings-afsluiting wat personeeltekorte in lugverkeerbeheer veroorsaak. Die beperking tree môre in werking. Die kansellasies kan daagliks tussen 3 500 en 4 000…
Aan die vooraand van die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring op 12 November waarsku TLU SA dat Suid-Afrika se uitdagings, misdaad, gebrekkige infrastruktuur en swak dienslewering voortspruit uit onduidelike beleid, nie 'n gebrek aan fondse nie. Bennie van Zyl van TLU SA sê die organisasie vra vir duidelike ekonomiese rigting, bekwame leierskap en verantwoordbaarheid…
Zohran Mamdani bly in die nuus na sy geskiedkundige oorwinning as burgemeester van New York, die jongste ooit op die ouderdom van 34. Maar, burgemeesters het beperkte magte. Mitchel Moss, die Henry Hart Rice Professor van Stedelike Beleid en Beplanning aan New York-universiteit se Wagner Skool vir Openbare Diens het…
Werksgeleenthede verdwyn nie as gevolg van luiheid nie, maar omdat outomatisering en kunsmatige intelligensie nywerhede hervorm. Old Mutual Namibia se menslike kapitaalbestuurder, Celeste Nangolo, waarsku dat die werklike gevaar nie is om jou werk te verloor nie, maar dat dit irrelevant word. Nangolo sê dat sukses nou afhang van aanpasbaarheid,…
Bestuursdeskundige Pius Dunaiski sê Namibië se gratis tersiêre onderwysbeleid is 'n welkome stap, maar waarsku dat dit kan negatief uitdraai as dit nie behoorlik geteiken word nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Dunaiski gesê die land se beperkte hulpbronne moet fokus op velde waar daar groot vaardigheidstekorte…
Die Landless People’s Movement sê hulle sal nie toekyk terwyl wat hulle onregverdigheid noem, ontvou nie. Die party is verbied om in die meeste van sy suidelike vestings mee te ding voor die streek- en plaaslike owerheidsverkiesings oor net minder as twee weke. Die LPM blameer tegniese probleme met die…
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die inflasie vir Oktober bekend gemaak. Dis op na 3,6 persent van die 3,5 persent wat in September aangeteken is en ook hoër as die 3 persent van Oktober 2024. Sonale inflasie toon dat die Suide, Erongo en Omaheke, sone 3, die hoogste betaal het vir…
President Donald Trump van Amerika sê Suid-Afrika hoort nie meer in die Groep van 20 belangrike ekonomieë nie. Hy het die land herhaaldelik beskuldig dat hy op grond beslag lê en sekere klasse mense baie sleg behandel. Hy beskryf dit as ʼn massiewe menseregteskending. Suid-Afrika maak gereed om later vandeesmaand…
Die Khomas Residents and Ratepayers Association het vandag ‘n dringende verhoor teen die Verkiesingskommissie voor regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Beatrix de Jager. Nes met die LPM, was daar ‘n gesukkel om die kandidaatlys te laai, volgens Shaun Gariseb wat verduidelik.
Die MK-party se adjunkpresident en parlementêre leier, John Hlophe, is met onmiddellike ingang uit alle posisies in die party geskors terwyl ʼn volledige ondersoek na sy gedrag plaasvind. Hlophe se skorsing volg nadat hy veranderinge aangebring het aan die leierskap in die Parlement. Sy verwydering van Colleen Makhubele as hoofsweep…
Die regering sê hy het noodoproepe ontvang om 17 Suid-Afrikaanse mans te help om terug te keer huis toe nadat hulle in die oorloggeteisterde Donbas-streek in Oekraïne vasgekeer is. Die mans, tussen 20 en 39 jaar, is met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit…
President Donald Trump het Zohran Mamdani se oorwinning in die burgemeestersverkiesing in New York aangespreek by ‘n sake-dinee in Miami. Terwyl hy sê die 34-jarige Demokraat is ‘n kommunis, sal sy administrasie hom help omdat New York ‘n suksesvolle stad moet wees.
RISE Mzansi sê Suid-Afrika se gevangenisse is oorvol, met ongevonniste gevangenes wat aansienlik tot die krisis bydra. Mabine Seabe van die party sê volgens die Departement van Korrektiewe Dienste se 2024/25-verslag is fasiliteite 61-persent bo kapasiteit, wat 65 000 gevangenes sonder beddens laat. Die Oos-Kaap staar die ergste oorbevolking in…
Namfisa is vereer met die toekenning vir uitstaande regulatoriese uitnemendheid tydens die 10de herdenking van die Leiers Sonder Grense se jaarlikse besigheidsberaad en internasionale eerbewyse, wat by die Hilton Hotel Windhoek gehou is. Die toekenning het Namfisa se uitsonderlike bydraes tot die versekering van finansiële stabiliteit, die bevordering van deursigtigheid…
Die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste tariefbarometer toon dat Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA in September toegeneem het, hoofsaaklik as gevolg van goud, wat vrygestel is van Amerikaanse tariewe. Ekonomiese navorser Theuns du Buisson waarsku dat uitvoere, met die uitsondering van edelmetale, laag en wisselvallig bly. Hy doen 'n beroep op…
6 Nov 12AM
1 min
1040 – 1060
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.