Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1280 – 1300

Skuld van R119 miljard bedreig Eskom

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipale skuld bly een van die grootste uitdagings vir Eskom se finansiële volhoubaarheid. Op 31 Mei vanjaar het munisipale skuld op 111,6-mijard Suid-Afrikaanse rand gestaan en teen Junie het dit tot sowat 119-miljard-rand gestyg. Dit volg nadat Eskom vir ʼn tweede…
1 Sep 2AM 1 min

NTA skenk N$1,2m vir Whk-brandbestryding

Die Stad Windhoek gaan 'n hupstoot van 1,2 miljoen Namibiese dollar van die Namibiese Opleidingsowerheid ontvang om brandbestryding- en reddingsopleiding te versterk. Stad Windhoek-woordvoerder Lydia Amutenya sê die befondsing sal 40 opleidingspersoneel ondersteun wat ingeskryf is in geakkrediteerde brandbestryding- en reddingsoperasieprogramme by die Stad se Noodbestuursopleidingsentrum.
1 Sep 2AM 1 min

DA boos oor SANDF-lid wat vrou aanrand

Die DA in die Wes-Kaap vra 'n dringende ondersoek na 'n video wat wys hoe 'n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag 'n vrou in Tafelsig, Mitchells Plain verbaal en fisies aanrand. Benedicta van Minnen van die party sê die lid moet gedissiplineer word of strafregtelik vervolg word indien die…
1 Sep 1AM 1 min

Marco Fishing-werkers skop steeds vas, sedert 24 Julie

Marco Fishing, gebaseer in Lüderitz, sluit steeds sowat 300 werkers uit terwyl 'n loongeskil met die Namibia Food and Allied Workers' Union, Nafau, steeds onopgelos is. Die uitsluiting, wat op 24 Julie begin het, volg op werkers se eise vir 'n 50 persent-loonverhoging vir seepersoneel wat maandeliks 4 000 Namibiese…
1 Sep 1AM 1 min

Trump sê Venezuela-ooreenkoms sal olie laat daal

President Donald Trump sê die olieprys sal vinnig daal met analiste wat meen dat dit rondom twee jaar sal neem, na sy ooreenkoms met Venezuela vir ongeveer 65 miljard vate olie. Volgens hom is twee jaar eintlik kort.
1 Sep 1AM 1 min

Madlanga-kommissie verdaag tot 11 September

Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, sal van Donderdag verdaag tot 11 September. Openbare verhore sal hierdie week op Woensdag eindig en op 14 September hervat. Die sewe werksdae is nodig om twee kommissarisse toe te laat om vorige verpligtinge na te kom. Jeremy…
1 Sep 1AM 1 min

Nat en koue weer op pad

Enkele donderbuie kan vandag en môre in die verre suidwestelike dele voorkom, sê weerkenner George van der Merwe. Dit sal egter nie baie reën nie wat die risiko van veldbrande verhoog. Donderdag beweeg daar 'n baie sterk kouefront en bolugsisteem in met 'n geringe kans van reën. Die koue sal…
1 Sep 12AM 1 min

NamRA-amnestie loop einde Oktober uit

Daar is twee maande oor voor die 31 Oktober-sperdatum van die huidige belastingamnestieprogram. NamRA herinner alle belastingbetalers om die geleentheid te benut om hul uitstaande belastingskuld te vereffen. Die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits die uitstaande kapitaalbelastingskuld ten volle vereffen word. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze…
1 Sep 12AM 1 min

Kenner sê ook droogtebeplanning moenie net noodreaksie wees nie

Reaksie word ontvang op die eis van omgewingsminister Indileni Daniel dat droogte nie as 'n blote noodgeval behandel moet word nie, maar as 'n prioriteit bestuur moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê in die lig van Namibië se blootstelling aan droogteperiodes, moet…
1 Sep 12AM 1 min

SA stig nasionale raad teen geslagsgeweld

Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die nuutgestigte nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord sal die stryd teen die onding versterk. Sy het 'n nuuskonferensie gehou ná die raad se eerste vergadering. Chikunga sê die raad sal die regering, die burgerlike samelewing, sake…
31 Aug 11PM 1 min

Naretu en Welwitchia snoer kragte saam vir arbeidsopleiding

Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, en Welwitchia Universiteit het hul vennootskap geformaliseer deur die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding. Naretu se sekretaris-generaal, Petersen Kambinda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vennootskap sal BA Regte-studente gestruktureerde, praktiese blootstelling gee aan werklike arbeidsgeskille, werkersverteenwoordiging en die toepassing van…
31 Aug 11PM 1 min

DA vier inperking van BKS in Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê die suksesvolle inperking van die bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie bewys hoe 'n benadering wat die hele samelewing betrek biosekuriteitsbedreigings vinnig kan stop en die landbou-ekonomie kan beskerm. Die provinsie het nou 82-persent van sy totale beeskudde suksesvol ingeënt en 488 422 primêre en versterkingsdosisse…
31 Aug 11AM 1 min

NV begin weer môre sit

Die Nasionale Vergadering sal môremiddag die vierde sitting van die agtste parlement hervat. Lede het op 10 Julie in reses gegaan, waar hulle voortgegaan het met kiesafdelingsverbintenisse, toesigbesoeke en ander statutêre verantwoordelikhede. Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, skets wetsontwerpe wat tydens die komende sitting bespreek sal word:
31 Aug 11AM 1 min

DigiNam beskerm paspoorte, dokumente, bevolkingsregister

Die Binnelandse Sake-ministerie het die nasionale publieke sleutel-infrastruktuur, DigiNam, amptelik bekendgestel onder die tema "Vertroue is Nou Digitaal." Die digitale platform bou voort op die Wet op Elektroniese Transaksies van 2019, na die aktivering in Junie 2026 van wetlike bepalings wat elektroniese handtekeninge en geakkrediteerde sekuriteitsdienste erken. Minister Lucia Iipumbu…
31 Aug 10AM 1 min

|Khomanin-gemeenskap wil hoof uit hê

|Khomanin-gemeenskapslede het môre 'n belangrike byeenkoms, met die sentrale eis die verwydering van hul hoof, Juliane Gawa-!Nas. Die gemeenskap het reeds 'n mosie van wantroue teen haar ingedien, met die meerderheid wat vir haar verwydering gestem het. Die woordvoerder van die groep wat 'n demonstrasie na die kantoor van die…
31 Aug 10AM 1 min

Aranos Jeug Ekspo wil jeug met geleenthede skakel

Die Aranos Jeug Ekspo 2026 is tans aan die gang en duur tot 6 September. Die eerste-van-sy-soort geleentheid is georganiseer deur die Aranos dorpsraad en vind plaas onder die tema “Herstel die Waardigheid van die Jeug deur Skakels na Geleenthede”. Die burgemeester van Aranos, Jacoba Viljoen, het tydens die openingseremonie…
31 Aug 10AM 1 min

Fokus op nasionale prioriteite: PM aan Jr. Nasionale Raad

Eerste minister Elijah Ngurare het jong leiers versoek om hul voorspraak met nasionale prioriteite in lyn te bring tydens opening van die Junior Nasionale Raad se eerste sitting van sy vierde termyn. Die termyn fokus op die bereiking van universele toegang tot water, sanitasie en higiëne vir al die land…
31 Aug 9AM 1 min

ANC klou aan kaderstaat as reddingsboei: DA-leier

DA-leier Geordin Hill-Lewis kritiseer president Cyril Ramaphosa oor sy uitlating in die ANC se verkiesingsmanifes dat ANC-bestuurde munisipaliteite 'n voordeel inhou omdat burgemeesters hulle tot kamerade in die nasionale regering kan wend. Hy sê dit strook nie met die werklikheid of die gees van die regering van nasionale eenheid nie…
31 Aug 9AM 1 min
1280 – 1300