Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1300 – 1320

Reho Spa is nie gereed om oop te maak nie

Volgens berigte is die ikoniese Reho Spa-swembad op Rehoboth amper gereed om genot aan jonk en oud te verskaf, met die Desember-skoolvakansie net om die draai. Munisipale werkers beoog glo om die herstelwerk aan die swembad en sommige van die braaigeriewe teen die tweede week van November te voltooi. Kosmos…
28 Oct 6AM 1 min

Gesondheid verwag nog besendings medisyne in komende weke

Die gesondheidsministerie het sy eerste besending noodsaaklike medisyne en kliniese voorrade direk van vervaardigers ontvang, wat 'n belangrike mylpaal is in die verbetering van Namibië se mediese voorsieningsketting. Ministeriële woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer aflewerings word in die komende weke verwag namate die ministerie werk…
28 Oct 5AM 1 min

Fluitjieblaser se beskerming is kardinaal in korrupsie-bekamping

Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die stryd teen korrupsie en die beskerming van fluitjieblasers is ʼn belangrike hoeksteen van die staat se hernuwing. Hy het Public Interest South Africa se jaarlikse Fluitjieblaser-beraad in Johannesburg toegespreek. Nel sê korrupsie het die staat se morele gesag verswak…
28 Oct 5AM 1 min

DA eis ondersoek na korrupsie by Walter Sisulu-universiteit

Die DA sê die parlementêre portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys en Opleiding moet dringend ondersoek instel na toenemende korrupsie en bestuursmislukking by die Walter Sisulu-universiteit. Ka-myaluza Security se uitvoerende hoof, Sibusiso Ngubane, het voor die Jafta-ondersoekkommissie getuig en bewerings van ernstige korrupsie, afpersing en onreëlmatighede met indiensneming teen minstens ses senior…
28 Oct 4AM 1 min

Ngurare verjaar, Amushelelo sê hy's 'n leier met integriteit

Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare vier sy 55ste verjaarsdag vandag. Ngurare het met sy politieke aktivisme in 1983 begin en die daaropvolgende jaar is Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gestig. In 2015 het die party se top vier leiers hom van sy pos as Swapo se jeugleier gedwing. In 2021…
28 Oct 4AM 1 min

Trump sinspeel op derde termyn

Amerikaanse president Donald Trump het nie die moontlikheid uitgesluit om 'n derde termyn na te jaag nie, en gesê hy sal dit graag wil doen. Die Amerikaanse grondwet verbied presidente om vir drie termyne te dien. Trump het met verslaggewers gepraat op Air Force One tydens sy toer na Asië…
28 Oct 3AM 1 min

Studie kyk na spaar- en verbruiksgedrag in Namibië

Die Finansiële Geletterdheidsinisiatief, in samewerking met die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, sal Vrydag 'n baanbrekersstudie wat kyk na die verbruiksgedrag en spaargedrag on die drie sosio-ekonomiese segmente van die land se bevolking. Hierdie navorsing beoog om insig te gee in Namibiërs se finansiële praktyke, struikelblokke en geleenthede. Finansministerie-woordvoerder…
28 Oct 3AM 1 min

FNCC hou EU-uitstalling

Die Europese Unie se Nasionale Instituut vir Kultuur open Vrydag die uitstalling "Solarpunk: 'n Storie van Sand en Energie" by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek. Die uitstalling bevat nuwe werke deur die Namibiese kunstenaar Vitjitua Ndjiharine en die Spaanse kunstenaar Rocío Asensi, wat tydens 'n gesamentlike verblyf in Swakopmund ontwikkel…
28 Oct 2AM 1 min

Madlanga: Vuurwapen in Swart-moord onder die loep

Die nasionale ballistiese hoof van die polisie, Mishak Mkhabela, het aan die Madlanga-kommissie gesê die reeksnommer van 'n vuurwapen wat in die moord op die ingenieur Armand Swart gebruik is en waarvan die reeksnommer aanvanklik onleesbaar was, is later in 'n laboratorium in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal herwin. Mkhabela van die…
28 Oct 2AM 1 min

Cosatu ondersteun Zim-vakbonde oor Grondwet-aanpassing

Vakbondfederasie Cosatu het sy steun aan die Zimbabwiese Kongres van Vakbonde belowe om pogings te verwerp om president Emmerson Mnangagwa se ampstermyn te verleng. Die federasie sê pogings om die Grondwet te verander is 'n bedreiging vir demokrasie, goeie regering en die oppergesag van die reg. Zanele Sabela van Cosatu…
28 Oct 1AM 1 min

Biden sê Amerikaners moet bly glo

Oudpresident Joe Biden van Amerika het sy landgenote aangemoedig om optimisties te bly oor wat hy die donker dae onder Donald Trump se streng presidentskap noem. Die 82-jarige Biden het in Boston gepraat nadat hy die Lewensprestasietoekenning van die Edward M. Kennedy-instituut ontvang het. Hy het die eerste keer in…
28 Oct 1AM 1 min

DBV se Animals by Night op 6 November vanjaar

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek bied sy jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid, Animals by Night, op 6 November by die nuwe FNB-krieketveld in Olympia aan. Vanjaar se tema, Paws and Posh Masquerade, beloof 'n elegante aand met 'n optrede deur Riaan Smit, 'n stilveiling en 'n Art Slam deur Namibiese kunstenaars. Die geleentheid ondersteun…
28 Oct 1AM 1 min

Dinge lyk nie goed vir November se brandstofprys nie

Dis byna die einde van die maand en die komitee wat oor die brandstofpryse besluit, gaan Donderdag vergader om November se pryse te bepaal. Die aankondiging kan moontlik Vrydag verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat sê die VSA se sanksies teen twee Russiese…
28 Oct 12AM 1 min

Jamaika staal homself vir Orkaan Melissa

Jamaika se eerste minister, Andrew Holness, waarsku dat Orkaan Melissa, wat die eiland vandag sal bereik, ʼn aansienlike uitwerking op die streek kan hê. Die skaars Kategorie 5-storm bereik winde van byna 260 kilometer per uur, wat dit vanjaar die sterkste storm op aarde maak. Minstens drie mense is in…
28 Oct 12AM 1 min

Miltsiekte breek uit in Noord-Kaap

Die Vryheidsfront Plus versoek boere om te verseker hulle vee word ingeënt. Die waarskuwing volg ná 'n bevestigde miltsiekte-uitbreking op Ghaap se Berg naby Douglas in die Noord-Kaap. Die siekte, waaraan wildsbokke reeds gevrek het, hou ernstige gevare in vir vee en mense. Wynand Boshoff van die VF Plus vra…
27 Oct 11PM 1 min

Lande sal nie toetree om vrede in Gaza af te dwing nie

Indien lande gevra word om vrede in Gaza af te dwing as hulle ingevolge die Trump-skietstilstandplan ontplooi word sal hulle weier, het koning Abdullah van Jordanië aan die BBC gesê. Dit weerspieël kommer van die VSA en ander nasies dat hulle in 'n voortgesette konflik tussen Hamas en Israel, of…
27 Oct 11PM 1 min

Meer as 22 600 San kry ID-dokumente

Namibië se pogings om staatloosheid en identiteitsdokumentasie aan te pak, maak vordering. Uit die 110 620 mense wat bygestaan is in die 2024 Mass Registration Outreach, is meer as 22 600 San-individue geregistreer en het dokumente uitgereik. Woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Margaret Kalo,…
27 Oct 11AM 1 min

Alcaraz 'fikser as ooit tevore'

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, sê hy is in hierdie stadium van die seisoen fikser as ooit tevore. Die Spanjaard is gedwing om hom aan die Sjanghaise Meesterstoernooi te onttrek en het langer as drie weke afgeneem om sy linkerenkel te laat herstel. Hy speel hierdie week in die Paryse…
27 Oct 11AM 1 min

CAN vier Pienk Vrydag met verkoping

Vrydag is amptelik Pienk Vrydag ter bewusmaking van borskanker. Die Kankervereniging van Namibië verkoop weer goedere aan die publiek om geld in te samel vir hulle doelwitte, wat insluit borskankerklinieke in elke streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende beampte van die vereniging, Rolf Hansen, wat meer inligting…
27 Oct 11AM 1 min
1300 – 1320