Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van…
Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en…
Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.