Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1360 – 1380

Copps 94.1: Nag van geweld in Windhoek

Die Copps 94.1-span het Vrydagnag hul hande volgehad met misdaad in die hoofstad met twee ernstige voorvalle van geweld wat onmiddellike polisie-ingryping vereis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering doen verslag van die toneel:
25 Oct 12AM 1 min

Agra maak meer as N$807 miljoen wins in 45ste herdenkingsjaar

Agra het in sy 45ste herdenkingsjaar 'n wins van 807,7 miljoen Namibiese dollar gemaak. Agra se aandeelprys het met 4,9 persent gestyg tot 3,85 dollar teen 31 Julie 2025, wat 'n totale opbrengs van 11 persent, insluitend dividende, gelewer het. Die netto batewaarde het gestyg tot 802,6 miljoen dollar, met…
24 Oct 11AM 1 min

Resultaat van vergadering met Trump nie sleg: Zelensky

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het met die media in Brussel gepraat na hy die EU vergadering bygewoon het. Dinge met die vredesproses het effe ontrafel en die media wou by hom weet hoe het dinge afgeloop met sy vroeëre vergadering met Amerikaanse president Donald Trump.
24 Oct 11AM 1 min

Windhoek Jazz Festival skitter met sterre van oral

Die Stad Windhoek maak gereed om die beroemde Windhoek Jazz Festival aan te bied. Dit gaan op 1 November by die Hage Geingob-stadion plaasvind. Die publiek word aangemoedig om so gou as moontlik hulle kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad…
24 Oct 10AM 1 min

Ekonomie op wankelrige grond, moet inkomstebronne uitbrei

Namibië se ekonomiese stabiliteit is op wankelrige grond namate inkomste vanaf die Suider-Afrikaanse Doeane-unie styg terwyl ander inkomstestrome krimp. Met regeringsinkomste wat in 2024/25 89 miljard Namibiese bereik het, hoofsaaklik deur 'n 15 persent styging in Sacu-inkomste, waarsku ekonoom Josef Sheehama dat die land gevaarlik afhanklik raak van 'n enkele…
24 Oct 9AM 1 min

Pluimveesektor moontlik as noodsaaklike diens geklassifiseer

Die arbeidsministerie het 'n ondersoek van stapel gestuur om te bepaal of Namibië se pluimvee-sektor as 'n noodsaaklike diens ingevolge die Arbeidswet geklassifiseer moet word. Die ministerie sê dat hy die aanwysing oorweeg om die voortgesette bedryf van noodsaaklike voedselproduksiedienste te verseker. Belangstellendes het tot 29 Oktober om skriftelike voorleggings…
24 Oct 9AM 1 min

Brand by Katima registrasiekantoor beskadig dalk eiendomslêers

Die registrasiekantoor van die Katima Mulilo-stadsraad is rondom middernag ernstig deur 'n brand beskadig. Brandbestryders het vinnig gereageer en die brand suksesvol in bedwang gebring en verhoed dat dit na ander departemente versprei. Talle lêers rakende dorpseiendom het waarskynlik skade gely. Drie weke gelede is daar by die raad se…
24 Oct 8AM 1 min

Piastri, Norris 'moet genadeloos wees teen Verstappen'

Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê die McLaren-renjaers, Oscar Piastri van Australië en die Brit Lando Norris, sal alles moet uithaal in die stryd vir die bestuurderskampioenskap met Max Verstappen. Daar is 'n verskil van net 14 punte tussen Piastri en Norris, met Verstappen wat nou net 40 punte…
24 Oct 8AM 1 min

Cosatu verwelkom Eskom-slimmeters

Cosatu het Eskom se nasionale bekendstelling van slimmeters verwelkom. Die projek is deel van die kragvoorsiener se groter plan om die nasionale netwerk te moderniseer. Eskom beoog om oor die volgende drie jaar 7,2-miljoen slimmeters deur die land te installeer. Die huidige fase van die bekendstelling sal na verwagting sowat…
24 Oct 7AM 1 min

Trump se keuse vir ambassadeur in SA gaan druk op regering plaas

Amerika se aangewese ambassadeur na Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê een van sy vernaamste take sal wees om besware oor te dra oor Suid-Afrika se geo-strategiese wegbeweeg van onverbondenheid na Amerika se mededingers soos Rusland, China en Iran. Hy het behoorlik onder skoot gekom tydens sy bevestigingsverhoor voor die Senaat…
24 Oct 7AM 1 min

Ons sal 500 ongelukke bereik teen einde 2025

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het sy padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen bekend gestel. Daar is kommer omdat die ongeluksyfer reeds op 414 staan, hoër as verlede jaar. Ruben Uupindi die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming sê Namibië sal heel moontlik 500 sterftes aanteken teen die einde van die jaar.
24 Oct 6AM 1 min

SA kort diepgaande hervorming vir ekonomiese groei

Die globale versekeringsmaatskappy, Coface, sê sonder diep en volgehoue hervormings sal Suid-Afrika se groeimoontlikhede altyd beperk bly. Hy voorspel in 2025 ʼn groeikoers van 0,8-persent en 1,3-persent in 2026. Coface se ekonoom vir Afrika, Aroni Chaudhuri, sê Suid-Afrika word gekniehalter deur twee groot strukturele beperkings: die mislukking van die energiestelsel…
24 Oct 6AM 1 min

Infrastruktuur, vloedskade, oorstromings kry aandag

Maande nadat swaar reën en oorstromings wydverspreide skade regoor die land veroorsaak het, insluitend die ineenstorting van 'n brug tussen Windhoek en Rehoboth, het die kabinet dringende ingrypings goedgekeur. Die minister van inligting, Emma Theofelus, sê die stap volg op die Voedselsekuriteit Asassesseringsverslag van Julie 2025.
24 Oct 6AM 1 min

!Gawaxab gee aan NNN die eerlikheid wat sy gevra het

President Netumbo Nandi Ndaitwah is tans by die Namibiese Openbare-Private Forum wat in die hoofstad gehou word. Die geleentheid word deur die Namibiese Beliggingsbevordering en Ontwikkelingsraad gehou in ‘n poging om werkskepping te bevorder. Ndaitwah het die afgevaardigdes aangemoedig om eerlik te wees met haar en idees vorendag te bring…
24 Oct 6AM 1 min

GRN se inkomste-invordering laagste in 10 jaar

Ten spyte daarvan dat die mediumtermynbegroting 'n beeld van stabiliteit voorhou met bestendige inkomstevoorspellings en regeringsbesteding wat binne begrotingsperke bly, is daar ook onsekerheid. Dit is volgens Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum Investments. Van den Heever het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat bruto binnelandse produk-groei verlaag…
24 Oct 5AM 1 min

Nersa vra openbare kommentaar oor Eskom se voorgestelde wysiging aan berekeningsmetode

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ʼn konsultasiedokument vrygestel oor Eskom se aansoek om die berekeningsmetode vir heffings op verliese van ingebedde kragopwekkers te wysig. Nersa het in Augustus berekeningsfoute in sy vroeëre veeljarige prysbepaling vir die kragverskaffer verduidelik wat gelei het tot hoër tariewe van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand…
24 Oct 5AM 1 min

Nekundi sê oor regering se bates

Die PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, gevra wat die staat se bates is. Venaani is van mening die regering moet 'n register kan optrek van al die bates. Nekundi het soos volg geantword:
24 Oct 4AM 1 min

Media wil weet oor die sloop van die Withuis se 'East Wing'

Net maande nadat die Amerikaanse president Donald Trump belowe het dat sy beplande balkamer nie met die volk se huis sou inmeng nie, is 'n hele aanbou, die bekende ‘East Wing’, verwyder. Sloopspanne het Maandag, plaaslike tyd, begin om die gedeelte af te breek wat Amerikaners op hol het. Die…
24 Oct 4AM 1 min
1360 – 1380