Die PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, gevra wat die staat se bates is. Venaani is van mening die regering moet 'n register kan optrek van al die bates. Nekundi het soos volg geantword:
Net maande nadat die Amerikaanse president Donald Trump belowe het dat sy beplande balkamer nie met die volk se huis sou inmeng nie, is 'n hele aanbou, die bekende ‘East Wing’, verwyder. Sloopspanne het Maandag, plaaslike tyd, begin om die gedeelte af te breek wat Amerikaners op hol het. Die…
Cosatu het kommer uitgespreek oor die skerp toename in ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende digitale toeganklikheid. Dobbelary in die land het 'n beduidende jaar-tot-jaar groei van 45,7-persent getoon. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê as dit toegelaat word, dreig ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary…
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land sal nie toegewings oor grondgebied aanvaar as deel van vredesonderhandelings met Rusland nie. Moskou wil beheer behou oor die Krim en vier ander streke van Kiëf, waaroor Russiese magte nie volle beheer het nie. Zelensky sê die Russiese bates van honderde miljarde…
Joseph Mukendwa, die beleidshoof by die Namibië Groenwaterstofprogram, het 'n beroep gedoen op die versnelde ontwikkeling van tegniese en beroepsonderwys en –opleiding, of TVET. Hy sê dit is noodsaaklik om Namibië se werksmag toe te rus met die vaardighede wat nodig is om die land se sekondêre sektor te laat…
Die voorsitter van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, het gevra dat buitelanders uitgesluit word van Padongelukkefonds-uitbetalings. Zibi sê die huidige wetgewing moet gewysig word aangesien dit enige persoon wat in Suid-Afrika in 'n padongeluk beseer is, toelaat om te eis. Hy sê die komende Wetsontwerp…
Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê sakeman, Vusimusi “Cat” Matlala, het beweer hy is genader is om 'n projek te befonds vir iemand wat ANC-president of adjunkpresident wou word. Die geskorste polisieminister Senzo Mchunu was na bewering betrokke. Cele sê Matlala…
Die FBI het meer as 30 mense reg oor Amerika in hegtenis geneem in aparte, maar verwante onwettige dobbelsake, wat insluit sportsterre wat in die Nasionale Basketbalvereniging, die NBA, speel en lede van die Mafia. In die eerste saak het ses verdagtes na bewering binne-inligting gebruik en in sommige gevalle…
Daar is 'n tragiese verwikkeling na die stropery van Dorsland, die bekende swart renosterkoei wat dragtig was, in die Sorris Sorris-bewarea. Sy het 'n kalfie gehad wat weg was na haar dood, en 'n soektog is op tou gesit. Die kalfie se oorskot is gevind. Simson Uri-Khob van die Save…
Die Gasvryheidsvereniging se verslag vir die derde kwartaal van 2025 weerspieël positiewe groei, met die kamerbesetting wat met 2 persent op 'n jaarlikse basis gestyg het, en byna een persent hoër as in 2019. Intussen is meer as 80 individuele verslae vir September ontvang, en die aangepaste gemiddelde besetting was…
Air Namibia is in 2021 gelikwideer met ‘n skuldlas van amper 900 miljoen Namibiese dollar, en die regering beoog om weer 'n nasionale lugredery te begin. 'n Voormalige Air Namibia vlieënier, Vijay Jha, is van mening dit beteken nie die ondoeltreffendhede van die verlede sal herhaal word nie. 'n Openbare-private…
Die DA in die Wes-Kaap het die onlangse aanranding van 'n graad 10-leerder van die Hoërskool Milnerton in Kaapstad ten sterkste afgekeur. Agt leerders wat volgens berigte betrokke was by die aanranding, wat op video vasgelê is, is geskors en wag op tugverhore. Elmarie Linde van die DA sê leerders…
Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het beveel dat die parlementêre bevordering van wetsontwerpe wat verband hou met die anneksasie van die Wesoewer gestaak word. Dit volg na die Amerikaanse visepresident, JD Vance, 'n stemming oor twee wetsontwerpe in die Knesset 'n belediging genoem het. Die wetsontwerpe wat Israeliese wetgewing op…
WhatsApp-gesprekke wat as bewysstukke by die Madlanga-kommissie ingedien is, dui op voortdurende oorbetalings tussen Richard Shibiri van die polisie-eenheid vir georganiseerde misdaad en die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, wat van poging tot moord aangekla word. Getuie B het aan die kommissie gesê ondersoekbeamptes was glo geskok om die noue verbintenis…
Die Verenigde Nasies het die Seville-skuldforum bekend gestel vir regverdiger uitleen, vinniger herstrukturering en 'n langtermynhervorming van die na-oorlogse finansiële stelsel. Sowat 3,4-miljard mense leef in lande wat meer aan diensskuld as aan gesondheid of opvoeding bestee. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê meer as 60 ontwikkelende lande bestee…
Inwoners van die hoofstad sien deesdae gereeld NDF-vliegtuie en helikopters oor die hoofstad en luisteraars het navrae aan Kosmos 94.1 Nuus gerig daaroor. Die weermag se woordvoerder Paulus Shilumbu sê dit is algemene opleiding en daar is geen rede tot enige kommer nie.
Die onder-21 nasionale hokkiespan maak gereed vir die Wêreldbeker wat in Indië van 28 November tot 10 Desember plaasvind. Die span vertrek die 23ste November. Die Namibiese span sal môre 'n Padel for Purpose hou by die NamPadel bane om geld in te samel vir die span. Kosmos 94.1 Nuus…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.