Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke kon nie sy verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin 'n Cessna 406 in Pionierspark op 3 Mei verlede jaar neergestort het, binne ‘n jaar voltooi nie. Ondersoeker Ben Engelbrecht het destyds aan Kosmos 94.1 Nuus gesê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins…
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om die verslae te lees en openbare konsultasies oor die projek by te woon. Namcor-woordvoerder…
Die voormalige minister van polisie, Bheki Cele, skryf sy skorsing in 2011 en latere ontslag as nasionale kommissaris toe aan sy weiering om sekere bevele uit te voer en nie oor wangedrag nie. Hy het ook voor die parlement se ad hoc-komitee onthul dat Suid-Afrika amper sy gasheerregte vir 2010…
Rugby: Die All Blacks se hulp-afrigter, Jason Holland, gaan die span verlaat aan die einde van die seisoen wanneer sy huidige tweejaar-kontrak verstryk. Hy het verlede jaar by Nieu-Seeland se afrigtingspan aangesluit. Die 53-jarige is die tweede lid van Scott Robertson se afrigtingspan wat vertrek nadat Leon MacDonald verlede jaar…
Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlugvaartowerheid, Toska Sem, is aangestel as die tweede visevoorsitter van die Tegniese Kommissie van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, ICAO. Sy is deur Australië vir die rol genomineer met 'n sekondering deur Kameroen en Kazakstan tydens die onlangse 42ste ICAO-vergadering, wat in Montreal, Kanada, plaasgevind het…
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Zimbabwiese owerhede se besluit om die verbod op die invoer van mielies en ander graansoorte op te hef. Die minister beskryf dit as 'n belangrike stap in die rigting van die versterking van streeksvoedselsekerheid en ekonomiese samewerking. Die departement se woordvoerder, Joylene…
Sewe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is gearresteer weens beweerde afpersing en die ontvoering van ʼn vermeende onwettige mynwerker in Johannesburg. Die beamptes wat verbonde is aan die Wesrandse eenheid vir openbare orde-polisiëring het na bewering geld geëis by ʼn onwettige mynwerker wat in besit betrap is van goudverwerkingsmateriaal. Stad…
Die EU het in Brussel die 19de ronde sanksies teen Rusland aangekondig, kort op die hakke van Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging dat hy twee oliemaatskappye met sanksies geteiken het. Oelraïne se president Volodymyr Zelensky is in Brussel en het met die media gepraat. Hy sê sanksies is belangrik…
Die Brent ru-olieprys het in die afgelope maand met amper 7 persent gedaal maar dit beteken nie noodwendig die brandstofprys vir November sal daal nie. In September is onderverhalings in beide diesel en petrol aangeteken wat die Nasionale Energiefonds geabsorbeer het. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se petroleum-ekonoom…
Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs 200 000 Namibiese dollar geskenk aan 20 skole op die dorp. Dit is die munisipaliteit se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatief om skole in die omgewing op te hef. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Linda Mupupa gepraat wat uiteensit waarvoor die…
In die afgelope twee weke is vier renosters gestroop. Kosmos 94.1 Nuus het met Alex Oelofse gepraat, eienaar van Mount Etjo, wat ook die Mount Etjo Rhino Trust bestuur. Oelofse vertel meer van die impak op renosterkalfies. Die trust het ook 'n Go Fund Me-insamelingsfonds vir die publiek om die…
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê die regering is daartoe verbind om 'n bevorderlike omgewing te skep vir die privaatsektor om in te werk. Hy het vanoggend gepraat by die eerste Namibiese Openbaar-Private Forum in Windhoek. Die forum word gehou onder die tema "Openbaar-Private Dialoog om…
Amerika het sanksies ingestel teen Rosneft en Lukoil, twee van Rusland se grootste oliemaatskappye, omdat Moskou nie ernstig oor vrede met Oekraïne is nie. Volgens die Departement van Finansies sal die sanksies druk op Rusland se energiesektor plaas, verhoed dat die Kremlin geld vind vir sy oorlogsmasjien en om die…
Die DA sê die uitspraak teen Jacob Zuma oor sy regskoste wat deur die staat betaal word, is ʼn oorwinning vir Suid-Afrika en die beskerming van belastingbetalersgeld. Die Hooggeregshof in Pretoria het die oudpresident opdrag gegee om 28,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan regskoste te betaal wat onregmatig deur die staat…
Israel het die Internasionale Geregshof se jongste raadgewende mening verwerp en noem dit ʼn politieke dokument. Die hof sê in sy nie-bindende mening Israel is verplig om die lewering van die Verenigde Nasies en sy instellings se humanitêre hulp in die Gaza-strook te fasiliteer. Die doel is om in die…
Korrektiewe beamptes doen werk wat gevaarlik kan wees, en die diens se kommissaris-generaal, Raphael Hamunyela, het in die parlement voorgestel dat hulle salarisse gevaar-toelae insluit. Die beamptes werk met gewelddadige misdadigers, en is kwesbaar weens 'n gebrek aan personeel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Korrektiewe Diens se adjunk…
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ontken dat hy by die polisie se werk ingemeng het en het onder eed volgehou dat hy geen voorvalle van politieke inmenging kan onthou nie. Mchunu het voor die ad hoc-komitee getuig en gesê verdeeldheid binne polisieleierskap het lank voor sy aanstelling…
Namate Namibië nader aan 'n finale beleggingsbesluit in groot olie- en gasprojekte beweeg, word die deelname van klein en mediumgrootte besighede in die sektor belemmer deur 'n gebrek aan befondsing en toegang tot toerusting. Danny Meyer van SMEs Compete sê terwyl regeringsgesteunde waarborgfondse hulle kan help om toegang tot toerusting…
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het Woensdag met Amerikaanse president Donald Trump in Washington vergader oor pogings om 'n skietstilstand in Oekraïne te bewerkstellig. Verslaggewers het hom na die vergadering gevra of sy besoek aan Washington beteken dat Trump se onlangse vergadering met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky 'n mislukking was…
23 Oct 2AM
1 min
1400 – 1420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.