Daar was verwagtinge dat belastinghervormings deel sou vorm van die middeltermynbegroting wat Dinsdag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is. Die finansminister het van die hervormings uitgelig…
Die UDM versoek die regering om personeelveiligheid eerste te stel deur dringende risikobepalings in munisipaliteite uit te voer. Die party sê brandbestryders is hierdie week aangeval toe hulle reageer het op 'n brand in 'n plakkershut in die Elias Motswaledi informele nedersetting in Soweto. Die UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile…
Die ontmoeting van Amerikaanse president Donald Trump en Rusland se Vladimir Putin volgende week in Hongarye is van die tafel af. 'n Withuis-amptenaar sê daar is geen planne vir 'n ontmoeting in die nabye toekoms nie. 'n Voorbereidende vergadering tussen die Amerikaanse buitelandse sake-minister Marco Rubio en sy Russiese eweknie…
Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee.
Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die…
Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
Die finansminister het laat begin met die voorlesing van die middeltermynbegroting en dit wil voorkom asof sy min beweegruimte het. Ericah Shafudah sê daar is ‘n verlangsaming in globale ekonomiese groei vooruitskattings, ook vir Afrika suid van die Sahara.
Namibië het sy tweede geval van M-Pokke aangeteken. Beide gevalle is in Swakopmund aangemeld, terwyl 'n ander persoon in Rundu vermoedelik die siekte onder lede het. Dit is deur die gesondheidminister, Esperance Luvindao, in die Nasionale Vergadering aangekondig.
Die regering word aangespoor om 'n stelsel vir die uitwissing van geringe kriminele rekords in werking te stel, soos in Suid-Afrika en vele ander lande. Kommentators sê mense met rekords vir geringe misdade, dikwels gepleeg toe hulle baie jonk was of baie jare gelede, kan nie werk kry nie, omdat…
In die nasleep van Namibië se M-pokke-geval wat in Swakopmund aangemeld is, sê voormalige minister van gesondheid en mediese dokter Bernard Haufiku dat maatreëls getref moet word om die uitbreking te beperk. Die gesondheidsministerie sê daar is tot dusver slegs een bevestigde geval met 44 kontakte, waarvan vyf as hoë…
Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, het voor die parlement se ad hoc-komitee enige verbintenis met die omstrede sakeman, Vusimuzi “Cat” Matlala, ontken. Mchunu het aan parlementslede gesê dat hy Matlala nog nooit ontmoet of met hom gepraat het nie, en verklaar dat sy prokureurs 'n beëdigde verklaring van…
Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die soektog na die neef van die omstrede sakeman Katiso “KT” Molefe, Lucky Molefe, is nog nie afgehandel nie. Katiso word beskuldig van tenderbedrog en die moord op DJ Sumbody, en is tans uit op borgtog van 400-duisend Suid-Afrikaanse rand. Getuie A sê…
Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party beplan om die grondwet te wysig om president Emmerson Mnangagwa, 83, se termyn met twee jaar tot 2030 te verleng, 'n stap wat opposisiepolitici as onwettig veroordeel. Die resolusie kom te midde van 'n opvolgstryd binne die party. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse…
Prins Andrew bly in die nuus, veral met Virginia Giuffre se memoir wat vandag vrygestel is. Sy het hom beskuldig en Jeffrey Epstein van jare lange misbruik. Daar is vrae oor of die Britse Metro-polisie ‘n kriminele ondersoek na Andrew se betrokkenheid moet las. SkyNews het die handelsminister Peter Kyle…
ActionSA in Gauteng sê die onlangse aanvalle op misdaadvoorkomingsbeamptes beklemtoon ernstige stelsel-mislukkings deur die provinsiale regering. ʼn Beampte van die Misdaadvoorkomingseenheid in Germiston is verlede week geskiet toe hy op ʼn rooftog gereageer het. Verlede maand is vyf beamptes in die hospitaal opgeneem nadat 12 gewapende verdagtes hulle in Daveyton…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het verduidelik dat die tipegoedkeuringsvereiste vir elektronika by grensoorgange slegs van toepassing is op invoerders, en nie persoonlike toestelle nie. Dit kom nadat NamRA tussen April 2024 en Julie 2025 meer as 1 500 fone van buitelandse passasiers gekonfiskeer het, omdat hulle nie die nodige…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.