Die middeltermynbegroting word vanmiddag ter tafel gelê deur die minister van finansiesEricah Shafudah. Weens die afswaai in die diamantbedryf is daar kommer oor inkomste. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus Ekonoom Robert McGregor gepraat wat sy verwagting gee.
Mynbouaktiwiteite in die Goantagab-gebied, suidoos van Twyfelfontein in die Kunene-streek geleë, hou steeds 'n ernstige bedreiging vir plaaslike wildlewe in. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust, het gewaarsku dat die risiko van stropery steeds hoog bly, aangesien mynwerkers al gevang is met strikke. Sy kommentaar volg op…
Die geestesgesondheid wetsontwerp is ingedien, maar Namibiërs word weereens bewus gemaak van die tekort aan menslike hulpbronne in die staatsdiens om die kwessie aan te spreek. Linekela Kalimba, senior geestesgesondheid programleier in die gesondheidministerie, gee 'n oorsig oor die klein aantal geestesgesondheidwerkers. Sy het onlangs by die inligtingministerie gepraat.
Die ANC sê die beleid oor breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie. Dit volg terwyl die DA beplan om ʼn Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in te stel om SEB-wetgewing te vervang. Die party sê die wetsontwerp beoog om ʼn verkrygingstelsel te skep wat ware ekonomiese…
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. TotalEnergies bedryf die blok saam met sy gesamentlike ondernemingsvennote Namcor, QatarEnergy en Impact Oil and Gas. Die projek beoog onder andere…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het matrieks gevra om eerlikheid en integriteit te handhaaf tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat vandag begin. Makaneta het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, geprys oor haar leiding met die belofte om etiese gedrag in skole te bevorder. Hy het leerders aangemoedig om gefokus…
President Donald Trump en die Australiese premier Anthony Albanese het 'n kritieke mineraal-ooreenkoms onderteken. Dit is daarop gemik om China se pogings vir die verskerping van beheer oor sy wêreldwye voorraad, teen te werk. China beheer tans ongeveer 70-persent van die ontginning van seldsame aardmetale en 90-persent van die verwerking…
The Green Connection waarsku die regering se fokus op gas- en kernenergie kan die koste van elektrisiteit vir die verbruiker opjaag. Dit volg na die aanbieding van die geïntegreerde hulpbronplan van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand deur die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa. Liz McDaid van die omgewingsgroep sê…
NamPol het onlangs weer twee groot dwelmbeslagleggings gemaak. Twee mense is in Hentiesbaai gearresteer na groot hoeveelhede dwelms ter waarde van 618 910 Namibiese dollar in hul huis gevind is. Oor die naweek het Ariamsvlei-grensbeamptes dwelms van sowat 3,5 miljoen dollar onder 'n bruggie naby die grens gevind. Kosmos 94.1…
Die minister van Verdediging, John Healey, sê Brittanje is gereed om soldate in Oekraïne te ontplooi indien president Donald Trump van Amerika ʼn vredesooreenkoms met Rusland bereik. Trump en die Russiese president, Vladimir Putin, beplan om binne die volgende paar weke in Hongarye te ontmoet om ʼn einde te bring…
Die chaos wat wêreldwyd veroorsaak is na Amazon se wolkdienste vir 'n aantal ure heeltemal onbeskikbaar is, het Maandagaand gedeeltelik voortgeduur. Meer as 'n duisend maatskappye is geaffekteer, volgens Downdetector, met 6,5 miljoen verslae van gebruikers wat probleme ondervind. Dit sluit in meer as 'n miljoen verslae in die VSA,…
Die UDM-vroueorganisasie sê tot die land se paroolstelsel herbou word op die beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid, bly dit ʼn gevaar vir die mense wat dit veronderstel is om te beskerm. Die ouditeur-generaal se onlangse bevindings oor swakhede in die Departement van Korrektiewe Dienste ontbloot ernstige en voortslepende leemtes in…
Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het 'n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en…
Die regering sal jaarliks 5 miljard Namibiese dollar bestee om die gratis tersiêre onderwysbeleid te bevorder. Die 100 persent tersiêre onderwyssubsidie is deel van die regerende Swapo se manifes en beleidsdokument. Volgens Swapo is die teiken om klasgeld teen 2028 by alle staatsbeheerde hoër onderwysinstellings en TVET-sentrums uit te skakel…
Reaksie word ontvang op kommentaar deur die LP en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, wat op die kantlyn van die 151ste Interparlementêre Unievergadering in Genève, Switserland gesê het dat toegang tot grond die enigste manier is waarop voedselsekerheid bereik kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels,…
Die DA sê die huidige Swart Ekonomiese Bemagtigingsmodel het 'n kerndrywer vir korrupsie geword. Die party sê Suid-Afrikaners sien dit in die grootskaalse plundering van ongeveer 2 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die Tembisa-hospitaal, en die moord op die Stad Ekurhuleni se hoofouditeur, Mpho Mafole, na bewering oor 'n tender vir…
Diplomatieke pogings is voluit aan die gang om die Gaza-skietstilstand op koers te hou, na oor-en-weer aanvalle oor die naweek. Amerikaanse president Donald Trump het na hy Australiese eerste minister Anthony Albanese by die Withuis verwelkom het, by 'n perskonferensie gesê hy dink nie Hamas se leierskap was vir die…
Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by 'n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld "Die…
Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het…
20 Oct 11AM
1 min
1480 – 1500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.