Die Auas Hills aftreeoord hou 'n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.
Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die…
Twee sake is teen die aktivis Shaun Gariseb aanhangig gemaak nadat hy saam met 'n groep ontevrede inwoners verlede Maandag menslike afval by die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort het. Die aanklagte, wat Vrydag deur die Windhoek Stadspolisie gelê is, sluit in aanhitsing tot openbare geweld en openbare…
Amerikaanse visepresident JD Vance is op pad na Israel om te verseker dat die tweede fase van die skietstilstand geïmplementeer word. Dit kom na skermutselings die naweek tussen Hamas en die IDF. Daar is reuse-uitdagings om vrede te bewaar, maar Vance sê die naweek se gebeure is te verwagte.
Die Ohlthaver en List Groep het aangekondig hy het sy aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop aan H2InfraNV, 'n filiaal van CMB.TECH wat die eienaars van die res van die aandele is. Die transaksie moet nog goedgekeur word deur die Namibiese Mededingingskommissie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, die…
Die Kaapse Onafhanklikheidsparty het ʼn strafsaak teen die Stellenbosch-munisipaliteit geopen en beskuldig amptenare dat hulle onwettige ontwikkelings in die Botmaskop-natuurgebied goedkeur. Die party sê die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, het toegelaat dat paaie, rioolpyplyne en ander infrastruktuur op die beskermde grond opgerig word sonder wetlik-vereiste omgewingsgoedkeuring. Karl Bodin van die…
Die finansministerie het aangekondig dat hy digitale oplossings versnel om te verseker dat betaling vir alle regeringsdienste ten volle digitaal word. Dit is vanoggend deur die uitvoerende direkteur in die ministerie, Michael Humavindu, by die FinTech Futures 2025-forum in Windhoek gesê. Humavindu sê namate die finansiële sektor voortgaan om te…
Die vakbondfederasie, Saftu is bekommerd oor 'n nuwe sindikaat wat noodsaaklike medisyne van openbare gesondheidsgeriewe steel en dit onwettig na naburige lande vervoer. Dit volg na houers met teen-retrovirale medikasie en ander farmaseutiese produkte op die toneel van verlede Sondag se noodlottige busongeluk in Limpopo gevind is. Saftu se hoofsekretaris,…
AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar 'n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die…
Na prins Andrew sy koninklike titels verloor het, verdiep sy probleme. Dit het aan die lig gekom dat hy sy lyfwag gevra het om inligting te soek om Virginia Guiffre, wat hom van seksuele misbruik beskuldig het, in die openbaar te laat beswadder. Maar dit eindig nie daar nie –…
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as 2,2 miljoen Namibiese dollar belê om die ontwikkeling en implementering van diverse kunstige inisiatiewe vanjaar te ondersteun. Die befondsing het 62 projekte in al 14 streke bevoordeel. Die organisasie sê dat hierdie projekte die groeiende innovering binne die kreatiewe en kulturele sektore…
Die Internasionale Monetêre Fonds het waargeneem dat sub-Sahara Afrika se regerings na plaaslike banke gaan om hulle begrotings te finansier teen 'n hoër rente koers en dit plaas druk op leners. Die Fonds verklaar ook dat baie plaaslike finansiële markte onderontwikkeld en gefragmenteerd is, met hoë transaksiekoste en leningsverspreidings. Die…
'n Span van drie jong Afrika-omgewingsaktiviste het in Namibië aangekom om vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering te pleit as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief, wat in September in Kenia begin het, is daarop gemik om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid…
Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Emma Kantema-Gaomas, sê meer as 5 000 gevalle van geslagsgeweld geweld word jaarliks in Namibië aangemeld. Kantema het dit by die bekendstelling van die Strategiese Plan vir Geslagsgeweld vir 2025 tot 2030 in Windhoek onthul. Sy het geslagsgeweld beskryf as een van die dringendste…
Die DA het aan Tshwane se munisipale bestuurder, Johann Mettler, geskryf en ʼn ondersoek gevra na die besteding op watertenkwaens in die metro. In die boekjaar wat in Junie 2025 geëindig het, was die oorbesteding hierop 457 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en 672 miljoen rand meer as wat amptenare in 2024…
Die Suid-Afrikaner Warwick Purchase het sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap na ʼn oorwinning met twee houe by die Fortress-uitnodigingstoernooi by die Glendower-gholfklub in Gauteng. Sy landgenoot, Kyle Barker, is met 69 gelykop tweede saam met die Fortress-voorloper vir Nuweling van die Jaar, die Mexikaan Luis Carrera, op 17 onder baansyfer. Purchase,…
Kubersekuriteit word al hoe meer 'n kopseer vir besighede. Die inligtingministerie het onlangs aangekondig dat meer as 'n miljoen kuberaanvalle in 'n tydperk van ses maande in die land aangeteken is. Openbare bewustheid van die kwessie is dus uiters belangrik. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security…
Die enigste kommersiële bank wat tot dusver die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot by sy kitsbanke kan uitreik, FNB Namibië, het 16 van die outomatiese tellermasjiene daarvoor gekalibreer. Die ander banke is besig met ooreenkomste om dieselfde te doen, volgens die Bank van Namibië. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur van valutabestuur by die…
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in 'n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan…
Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het sy teleurstelling uitgespreek oor die kansellasie van die 2025 Kaapstad-marathon Sondag weens erge weer. Mackenzie sê die besluit, wat saam met veiligheidsowerhede geneem is, het die welstand van hardlopers, vrywilligers en toeskouers eerste gestel. Mackenzie, wat aan die 42-kilometer lange…
20 Oct 2AM
1 min
1500 – 1520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.