Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
240 – 260

Kanada se Anne Carson wen Nobelprys vir Letterkunde

Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee…
8 Oct 11AM 1 min

Hofuitspraak oor asielaansoeke kan onbedoelde gevolge hê

Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering respekteer die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielaansoeke, maar is bekommerd oor onbedoelde gevolge. Sy het die media toegespreek ná die komitee se vergadering. Kubayi sê die uitspraak wettig nie onwettige migrasie nie en verleen ook nie outomaties vlugtelingstatus…
8 Oct 11AM 1 min

Standard Bank Namibië stuur 'n URewards-kompetisie van stapel

Standard Bank Namibië het 'n URewards-kompetisie van stapel gestuur wat aan kliënte 'n reis na Suid-Afrika bied om te kyk hoe African Stars teen Orlando Pirates in die Orlando-stadion speel. Melissa Mouton, die bank se bestuurder vir kaartuitreiking, sê die kompetisie hou verband met die bank se URewards-kontantterugbetalingsprogram.
8 Oct 11AM 1 min

Amutse: 'Beleggers gaan streng aan hul beloftes gehou word'

Die minister van nywerheid, mynbou en energie, Modestus Amutse, het beleggers daaraan herinner dat die land sy reguleringsraamwerk bygewerk het om beleggers streng aan hul beloftes te hou. Tydens die opening van die eerste Mynbouberaad vir die Kunene-streek vanoggend, het Amutse by beleggers daarop aangedring om nie indiensnemingsyfers te oordryf…
8 Oct 11AM 1 min

CIF verwelkom LPM se kritiek op Chinese tenders

Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië het die LPM se kritiek op staatsverkryging in die konstruksiesektor verwelkom. Die LPM beweer dat Chinese maatskappye groot infrastruktuurprojekte ter waarde van ongeveer 6,7 miljard Namibiese dollar bekom het, terwyl Namibiese kontrakteurs toenemend na subkontrakteringsrolle gedwing word. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel…
8 Oct 10AM 1 min

Reho-water: NamWater maak alle reservoirs skoon

NamWater sê hy het onmiddellike behandelingsmaatreëls ingestel om die watergehalte in Rehoboth te verbeter, ten spyte daarvan dat inwoners steeds verkleuring van kraanwater ervaar. Die hoof- bedryfsbeampte, Andries Kok, het aangekondig dat NamWater sy chemiese dosering aangepas, gehaltetoetse verskerp en al die dorp se reservoirs skoongemaak het.
8 Oct 10AM 1 min

Pastoor se vrou vas oor beweerde babamoord

Die Gautengse polisie het 'n 24-jarige vrou van 'n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op 'n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur 'n pastoor en sy…
8 Oct 10AM 1 min

Kenner skepties oor of Nigeriese bank plaaslik kan meeding

Die ekonoom Robin Sherbourne sê die lisensiëring van die Nigeriese Access Bank is 'n positiewe teken dat Namibië se banksektor oop bly vir nuwe tegnologie en mededinging. Sherbourne is egter skepties oor korttermynwins en wys daarop dat vorige toetreders gesukkel het in Namibië se klein mark, wat deur vier groot…
8 Oct 10AM 1 min

Lamola se VSA-betrekkinge krap partye om

AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse…
8 Oct 8AM 1 min

WGO spook om tweede geval van longpes in Siberië te bevestig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van longpes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se…
8 Oct 8AM 1 min

Ramaphosa vra blywende vrede en bestendigheid in Suid-Soedan

President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya,…
8 Oct 6AM 1 min

LPM se Ndala sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie

LPM-jeugleier Duminga Ndala sê onlangse spanning in die parlement spruit uit operasionele tekortkominge eerder as debatvoering. Sy sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie. Ndala het LP's en die speaker versoek om ego's opsy te sit en nasionale belang te prioritiseer, en bygevoeg dat die parlement kompromie en konsensus benodig…
8 Oct 6AM 1 min

Napha: Uitvoere van bergsebras na VSA goeie nuus

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na…
8 Oct 6AM 1 min

Gekleurde water in Rehoboth weens seisoenale invloeie en mangaan

NamWater se hoofbedryfsbeampte, Andries Kok, sê seisoenale dam-invloeie en ander chemiese reaksies tydens sy suiwerings-proses het die onlangse bruin en geel kraanwater in Rehoboth veroorsaak. Kok het verduidelik dat natuurlik voorkomende mangaan aan die onderkant van die dam tydens seisoenale veranderinge met die boonste watervlakke meng.     
8 Oct 5AM 1 min

IPPR bekommerd oor regering se nuwe verkrygingsregulasies

Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags…
8 Oct 5AM 1 min

September-inflasie styg tot 5,4%

Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste inflasiesyfers toon dat die jaarlikse hoof-inflasiekoers vir September op 5,4 persent te staan gekom het, vergeleke met 3,5 persent in September verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag is die inflasiekoers op 0,4 persent aangeteken, vergeleke met 0,6 persent die vorige maand. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo,…
8 Oct 5AM 1 min

WGO maak vordering met Ebola-nasporing in DRK

Die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê daar is, tot op datum, 8 665 bevestigde gevalle van die Ebola-virus aangeteken. 4 178 mense is reeds aan die virus-siekte dood. Daar ‘n merkbare afname in infeksies in sommige gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo gesien word terwyl die siekte,…
8 Oct 4AM 1 min

Sterker samewerking nodig om land se energiesekerheid te beskerm

Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te verseker en ekonomiese groei te volhou. 
8 Oct 4AM 1 min
240 – 260