Die vakbond Solidariteit sê die moontlike sluiting van Premier Foods se vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap kan 'n verwoestende uitwerking op die gemeenskap hê. Gesprekke deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie oor die voorgestelde sluiting het reeds begin. Gideon du Plessis van die vakbond sê 424 direkte…
Angelique Peake, RMB se groepshoof vir olie en gas, sê dat 'n groot deel van Namibië se olie- en gasverhaal op see afspeel, maar dat die meer interessante verhaal reeds op land ontvou. Sy sê dat ondernemings kapitaal belê voordat daar sekerheid bestaan, infrastruktuur gebou word voordat die vraag sy…
Borsvoeding by die werkplek is in die nuus, en arbeidsdeskundige Tim Parkhouse sê die instelling van borsvoedingsvriendelike werkplekbeleide is 'n positiewe stap. Werkgewers sal egter praktiese oplossings nodig hê om dit te laat werk. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat faktore soos die moeder se rol, werkplekgrootte, higiënestandaarde,…
Reaksie word ontvang nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah by die Namibië Mynbou Expo en Konferensie haar oproep hernu het om die land se kernwaardeketting te verbreed. Energiekenner Harald Schütt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se rol as een van die wêreld se voorste uraanverskaffers ekonomies gesond is. Hy waarsku…
Die progressiewe Abdul El-Sayed het die Demokratiese voorverkiesing vir die Amerikaanse Senaat in Michigan gewen, en die nuutste linkse kandidaat geword om die party se nominasie voor November se middeltermynverkiesing te verseker. Die seun van Egiptiese immigrante, dokter en oud-Rhodes-beurshouer het Haley Stevens, 'n gematigde Demokratiese kongreslid, geklop. El-Sayed sal…
Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika verwelkom president Cyril Ramaphosa se aanstelling van sy lid, Zubeda Dangor, op die land se eerste statutêre Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord. Woordvoerder Joy Lange sê die raad is belangrik om die land se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Sy vertrou die…
Die parlementêre ampsklagkomitee het advokaat Thandazani Madonsela aanbeveel as getuienisleier in die saak teen president Cyril Ramaphosa. Hy het die meerderheidsteun van die EFF, die MK-party, Build One South Africa, die ATM en die UAT ontvang. Die ANC, Patriotic Alliance en Al Jama'ah het buite stemming gebly en die DA…
Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, het in 'n vergadering in Groot Aub benadruk dat mense nie grond mag verkoop wat nie aan hulle behoort nie. Hy beklemtoon dat individue wat hulle hieraan skuldig maak, aanspreeklik gehou sal word. Die vergadering was om kwessies rakende grondbestuur waarmee…
Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê die party se grootste bekommernis oor die regbank se amnestie van twee maande vir uitstaande verkeersboetes, is die posisie van taxibestuurders. Hy sê dat dit reeds vir hulle moeilik is om 'n beskeie bestaan te maak, te midde van hoë brandstof-en ander koste…
Byna 'n jaar nadat die Backyard Tenants-gemeenskap op Farm 37 buite Walvisbaai om formele nedersettingstatus gevra het, wag inwoners steeds vir goedkeuring van die munisipaliteit en die lynministerie. Dit is ten spyte van 'n toekenning van 75 miljoen Namibiese dollar deur die ministerie in 2025 om die gebied te ontwikkel…
In 'n terugblik op die 40 jaar sedert die stigting van die Mynwerkersunie van Namibië, sê waarnemende president Poco-Key Mberiuana sy langtermyn droom vir die vakbond is dat lede se griewe behoorlik hanteer word. Hy wil ook sien dat 'n pensioenfonds ingestel word en dat dienste aan die vakbond se…
Rugby: Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu is opgewonde om terug te wees en sê hy kan nie wag vir sy eerste wedstryd van die seisoen nie. Hy het Julie se toetse misgeloop nadat hy in Mei sy enkel beseer het in die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Cardiff, en daarna ʼn suksesvolle…
Die president van Nanso, Dorthea Nangolo, moedig studente aan om geduldig te wees en by hul instellings te bevestig of hul fakture aan Nsfaf gestuur is vir die betaling van nie-klasgelde. Sy beklemtoon dat die fonds dag en nag werk om te verseker dat studente hul betalings ontvang. Dit kom…
ActionSA gaan 'n wetsontwerp in die parlement bekendstel wat daarop gemik is om Suid-Afrika se openbare verkrygingstelsel te versterk deur te verseker verskaffers wat by korrupsie betrek is, word verbied om sake te doen met die staat. Alan Beesley van ActionSA sê die voorgestelde Wetsontwerp op die Swartlys van Korrupte…
Die 6de uitgawe van die Standard Bank Biomass Fair gaan op Otjiwarongo plaasvind, onder die tema "Krag vir Namibië se Bio-ekonomie". Dit open môre en duur vir drie dae. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Daniel Shagama, die bedryfsbestuurder van die Namibiese Biomassa-groep, dat die tweejaarlikse geleentheid die…
Gauteng se premier Panyaza Lesufi het die provinsiale regering se verbintenis om die stryd teen misdaad te wen herbevestig, en sê dis die grootste struikelblok vir ekonomiese groei, werkskepping en veiliger gemeenskappe. Die provinsie het volgens misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar ʼn algemene daling van 5,2-persent aangeteken…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het beleggers aangespoor om geleenthede in Namibië se mynbousektor aan te gryp en gesê die Namibië Mynbou Expo en Konferensie bied 'n platform om beleggings te lok, inligting te deel en vennootskappe te bou, veral in stroomop-mynbou. Sy het ook 'n beroep op besighede gedoen om groter…
Meteoroloog Albertina Andersen waarsku dat die suide vir die res van die week bewolkte en koel weer sal ervaar, terwyl warm tot baie warm toestande in die noordelike dele van die land verwag word. Sy waarsku teen 'n aansienlike afkoeling teen die naweek en sê daar kan volgende week plek-plek…
Berrie Holtzhauzen, stigter en uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, sê die rede hoekom hy die wetsontwerp op geestesgesondheid teenstaan, is omdat dit nie voorsiening maak vir Alzheimer se siekte, demensie en ander breinafwykings nie. Hy voeg by dat universiteite kursusse hieroor moet instel en dat jongmense gehelp moet word…
5 Aug 6AM
1 min
260 – 280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.