Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
260 – 280

RISE het kommer oor 20% van polisiestasies wat onbewoonbaar is

RISE Mzansi het sy kommer uitgespreek dat ongeveer 118 uit 1 165 polisiestasies as onbewoonbaar geklassifiseer word. Waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia het vroeër gesê die stasies wat die meeste geraak word, is in Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal - almal in gebiede wat hoë misdaad beveg. Hy het 35 beplande opgraderings…
26 Nov 12AM 1 min

ECN vra ordelike, hoflike stemdag

Namibiërs stem vandag vir hulle plaaslike en streeksverteenwoordigers met stembusse wat regoor die land om sewe-uur oopmaak. Die Verkiesingskomssie moedig leiers en kandidate aan om vroeg by hul aangewese stemlokale op te daag om hul stemme uit te bring, waardeur hul ondersteuners gemotiveer word om in groot getalle op te…
25 Nov 11PM 1 min

S&P opgradeer Eskom

Eskom sê sy omkeerplan werp vrugte af nadat S&P Global Ratings die kragverskaffer se kredietgradering van 'n B na 'n B-plus opgradeer het, met 'n bestendige vooruitsig. Die kragverskaffer het hierdie jaar byna 98-persent van die tyd krag gelewer en sy eerste wins in agt jaar aangeteken. Eskom se woordvoerder,…
25 Nov 10PM 1 min

Skiet- en suuraanval op aanklaer eg, nie bewerkstellig

Oshana-polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, het bevestig dat Ondangwa-distriksbeheer en streekshofaanklaer Justine Shiweda die slagoffer van 'n skietery en suuraanval op 17 Oktober was en dit nie self bewerkstellig het vir ‘n verskuiwing na ‘n ander werkstasie nie. Shiweda is ernstig beseer nadat sy in die bene geskiet en met suur…
25 Nov 10AM 1 min

Boere staal hulle vir baie reën: TLU SA

Die landbou-organisasie TLU SA sê boere staal hulle vir ʼn seisoen met bogemiddelde reënval. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervooruitsigte vir die seisoen, word bogemiddelde reënval hierdie somer in die noordoostelike streke van die land verwag. Dele van Mpumalanga en Limpopo sal in hierdie tydperk minder reën as gewoonlik kry…
25 Nov 10AM 1 min

Hoe nou oor korrupsie, NNN?

Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die kollig gesit weens haar standpunt oor korrupsie. Volgens hom gaan 'n Swapo-lid vir die plaaslike verkiesing in Omaruru staan maar is gearresteer deur die Teenkorrupsie-kommissie. Hy vra hoe nou?
25 Nov 9AM 1 min

Formele toerisme-data wys nie bedryf se omvang

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië waarsku dat die land een van sy belangrikste nywerhede dramaties onderwaardeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê uitvoerende hoof Gitta Paetzold dat nuwe ontleding wat by die Travel Namibia Festival aangebied is, 'n duidelike wanverhouding toon tussen amptelike statistieke en toerisme se werklike ekonomiese…
25 Nov 9AM 1 min

Israel 'sal aanhou bedreigings in Gaza uitskakel'

Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, sê sy land sal nie huiwer om onmiddellike bedreigings vir sy burgers en soldate uit te skakel nie. Dit volg teen die agtergrond van Gaza se brose wapenstilstand. Danon sê die Palestynse Owerheid het versuim om ekstremiste te konfronteer en beklemtoon…
25 Nov 9AM 1 min

Ook vroue 'teister ander vroue aanlyn'

Dit is die eerste dag van 16 Dae van Aktivisme en aanlynteistering en mishandeling is die fokus. Die Kantoor van die Eerste Minister het ook 'n bewusmaking veldtog geloods. Dit fokus op aanlyn teistering van vrouens en meisies. Gladys Pickering die uitvoerende direkteur in die kantoor.
25 Nov 9AM 1 min

Henk Botha, Olimpiese Komitee kom tot vergelyk

Die bekende afrigter Henk Botha en die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het vergader na klagtes deur Botha oor die nuwe bedeling. Botha het onder meer beweer dat die nuwe bedeling die komitee se bedrywighede ontwrig. Hy het ook verwys na sportsklere wat in die verkeerde grootte voorsien is en dat…
25 Nov 9AM 1 min

Nog 66 jeuggeleide projekte kry N$37,7 miljoen befondsing

Die finansministerie het 66 nuwe suksesvolle aansoekers onder die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds aangekondig. Die tweede groep word 37,7 miljoen Namibiese dollar toegeken vir jeuggeleide projekte in alle streke. Daar word verwag dat dit 404 werksgeleenthede sal skep in sektore wat wissel van landbou en hernubare energie tot toerisme, afvalbestuur en groen…
25 Nov 7AM 1 min

Groot afwagting op 'Cat' Mtlala se getuienis oor polisie

'n Misdaadkenner sê Vusimuzi “Cat” Matlala se getuienis môre voor die parlement se ad hoc-komitee in die Kgoši Mampuru-gevangenis in Pretoria, kan vorige bewerings bevestig en nuwe inligting oor onreëlmatige polisie-bedrywighede onthul. Chad Thomas van die Interne Inkomstediens se Forensiese Ondersoeke sê aan SABC News Matlala kan ander betrek om…
25 Nov 7AM 1 min

SAPD kan nie GBV-slagoffers beskerm nie

Die DA het kommer uitgespreek oor die mislukking van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om oorlewendes van geslagsgeweld te beskerm. Tussen 2020 en 2025 is 47-duisend-457 oortredings van beskermingsbevele aangeteken, maar slegs ses-duisend-486 skuldigbevindings, 'n koers van 13,6-persent, is verkry. Benedicta van Minnen van die DA doen 'n beroep op dringende regeringsoptrede,…
25 Nov 5AM 1 min

Guterres bepleit vir veiligheid vir vroue, meisies

Vandag is die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue en die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê die tipe geweld is 'n wêreldwye plaag, versterk deur die reikwydte en spoed van tegnologie in ons digitale era. Hy sê die wêreld kan nie toelaat dat digitale ruimtes nog…
25 Nov 5AM 1 min

16 dae: GBV eis 'n groot tol

Namibië het amptelik sy 2025-veldtog vir die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld van stapel gestuur. Die veldtog, wat tot 16 Desember duur, is daarop gemik om bewustheid te verhoog en te pleit vir die uitwissing van geweld teen vroue en meisies. Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Emma…
25 Nov 5AM 1 min

Swartbooi sê wat hy sê want hy't niks te sê nie

Daar is sommige menings dat LPM-leier Bernadus Swartbooi hom skuldig maak aan die aanhitsing van geweld met kommentaar oor Hardap en Karas wat moet wegbreek, wapens wat opgeneem moet word en dat politieke geweld soos in Tanzanië teen suidelike gemeenskappe gebruik word. Veteraan politikus Nahas Angula sê Swartbooi het niks…
25 Nov 5AM 1 min

Napha weerlê gemeenskapsklagtes oor trofeefooie

Gemeenskappe in die Zambezi-streek sê die regering se trofeejagfooie vir olifante kos hulle miljoene, maar die professionele jagtersvereniging, Napha, stem nie saam nie. Dit het bewerings verwerp dat die huidige minimumfooi van 293 000 Namibiese dollar per olifant ver onder markwaarde is. Napha-president Axel Cramer het aan Kosmos 94.1 Nuus…
25 Nov 5AM 1 min

Waterkrisis in SA vererger met R20 miljard se skuld

AfriForum waarsku Suid-Afrika se waterkrisis vererger met munisipaliteite wat meer as 20 miljard Suid-Afrikaanse rand aan waterrade skuld, wat lei tot verbrokkelende infrastruktuur en groot waterverliese. Volgens die organisasie rapporteer Vaal Central Water, Amatola Water en Rand Water uitgebreide agterstande in pyplyne, pompe en suiweringswerke, terwyl onwettige verbindings en wanbetaling…
25 Nov 4AM 1 min
260 – 280