Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
280 – 300

Rusland is tevrede, hou die vredeskouspel dop

‘n Voormalige Russiese diplomaat Boris Bondarev, is van mening dat die Europese Unie skarrel om sy rol in die vredesonderhandelings tussen Rusland en die Oekraïne te behou. Intussen sit Rusland gemaklik terug en hou sy oë op die proses. Hy het met Sky News gepraat.
25 Nov 4AM 1 min

ANC sê sy verhouding met SAKP is belangrik

Die ANC sê dis belangrik om die rewolusionêre en geskiedkundige bondgenootskap met die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te beskerm. Die ANC en SAKP het ʼn bilaterale vergadering in Johannesburg gehou. Dis deel van voortgesette pogings om eenheid te bewerkstellig om die Nasionale Demokratiese Rewolusie te bevorder. Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi…
25 Nov 3AM 1 min

16 dae: GBV is nie net meer in huise en op straat nie

Die 16 Dae van Aktivisme Teen Geslagsgebaseerde Geweld-veldtog begin vandag en daarmee saam 'n groeiende oproep om GBV tot 'n nasionale noodtoestand te verklaar. Die stigter van die Ombetja Yehinga-organisasie, of Oyo, Philippe Talavera, waarsku dat geweld nie meer tot huise en strate beperk is nie. Hy sê aanlyn mishandeling…
25 Nov 3AM 1 min

BKS is SA-regering se mislukking, sê De Jager

Die voorsitter van SAAI, dr. Theo de Jager, sê die verspreiding van bek-en-klouseer in die buurland is beduidend van staatsmislukking. In ‘n onderhoud met BizNews TV, sê hy eens streng bestuur deur padblokkades, militêre koördinering en naspeurbaarheidskontroles, het die staat nou alle bevel en beheer verloor en boere kan nie…
25 Nov 2AM 1 min

Suid-Afrikaners in Donbas is nie deur Kiëf gelok nie

Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Olexander Scherba, het herhaal dat die 17 mans wat met beloftes van winsgewende indiensnemingskontrakte gelok is, nie vir Kiëf veg nie. Die groep Suid-Afrikaanse mans is in die brandpunt van gevegte in Oekraïne se Donbas-streek vasgekeer. Dis onwettig vir Suid-Afrikaners om by ander lande se…
25 Nov 2AM 1 min

Jong Bokke kry kans met Saterdag se wedstryd

Die Springbokke se skrumafrigter, Daan Human, sê die wedstryd Saterdag teen Wallis in Cardiff is nóg 'n geleentheid vir die jonger spelers om indruk te maak. Albei spanne speel sonder verskeie eerstekeusespelers, omdat die wedstryd buite die venstertyd vir internasionale spelers val. Die Bokke het sover dié seisoen 11 van…
25 Nov 1AM 1 min

NNN herbeklemtoon verbintenis tot landbou

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar administrasie se strewe na volhoubare landbou en werkerswelsyn versterk tydens 'n besoek aan die Namibia Grape Company in Aussenkehr in die Karas-streek. Die president het amptelik die langverwagte nuutgeboude werknemershuiseenhede geopen. Werkers woon reeds jare in rietstrukture. Sy het die maatskappy en sy vennoot, Capespan,…
25 Nov 1AM 1 min

SA het klein afname in siviele skuldsake

Statistieke Suid-Afrika het 'n afname in siviele skuldsake van Julie tot September vanjaar aangeteken. Siviele dagvaardings het met 6,6-persent verminder en siviele vonnisse met 6,5-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Vhonani Kwinda van Statistieke SA sê ten spyte van minder sake, dui die totale waarde van siviele vonnisse…
25 Nov 12AM 1 min

Comey reageer op gunstige uitspraak

Die voormalige FBI direkteur James Comey het gereageer na ʼn Amerikaanse federale regter die strafregtelike aanklagte teen hom en New York se prokureur-generaal, Letitia James, laat vaar het. Die rede is dat die aanklaer, president Donald Trump se prokureur Lindsey Halligan, nie wettig aangestel is nie. Regter Cameron Currie sê…
25 Nov 12AM 1 min

COP30 is ‘n mos van tyd - ekoloog

Die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, draai nie doekies om oor COP30 in Belém, Brasilië nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy die wêreldklimaatberaad 'n vermorsing van tyd en geld genoem, nadat twee weke van gesprekke geëindig het sonder 'n ooreenkoms oor die oorgang na hernubare energie…
25 Nov 12AM 1 min

Sonder SME's raak Namibië se groei enjin op

Volgens onlangse data van Cirrus het Namibië byna 30 000 klein besighede verloor in vyf jaar, 'n ineenstorting wat kenners 'n nasionale noodtoestand noem. Met jeugwerkloosheid wat tot bo 60 persent styg wanneer ontmoedigde werksoekers ingesluit word, en minder jong Namibiërs wat entrepreneurskap kies, waarsku ekonoom dr. John Steytler dat…
24 Nov 11PM 1 min

Tjorts! Ses Kaapse wingerde onder die top-wingerde ter wêreld

Kaapstad Toerisme en die plaaslike wynbedryf vier hierdie week groot internasionale erkenning. Ses Kaapse wingerde het in vanjaar se gesogte toekennings plekke verwerf, met twee wingerde wat dit in die wêreld se top tien van die Wêreld se 50 Beste Wingerde van 2025 gehaal het. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme…
24 Nov 11PM 1 min

Oordrag van G20-presidentskap sal informele bedryf wees

Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal waarskynlik vandag die G20-presidentskap aan Amerika in Pretoria oorhandig. Minister Ronald Lamola het Saterdag gesê aangesien Amerika slegs 'n junior ambassade-amptenaar aangewys het, sal Suid-Afrika dit ewenaar ná die Amerikaanse president, Donald Trump, se afwesigheid by die beraad in Johannesburg…
24 Nov 10PM 1 min

Vervolging van Comey, James uitgegooi

’n Federale regter van Virginia het strafregtelike aanklagte teen die voormalige FBI-direkteur James Comey en die prokureur-generaal van New York, Letitia James, uitgegooi. Die regter het beslis dat die aanstelling van die justisie-departement se prokureur, Lindsey Halligan, as tussentydse Amerikaanse prokureur die Grondwet geskend het en onwettig was. Comey is…
24 Nov 10PM 1 min

DA kap Gauteng regering oor R344-miljoen skuld aan Microsoft

Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se regering skuld Microsoft 344-miljoen Suid-Afrikaanse rand in onbetaalde lisensiegelde. Dit volg nadat die Departement van e-Regering na bewering versuim het om die bedrag te betaal ingevolge die lisensie-ooreenkoms van 2022 tot 2025. Die DA-lid, Michael Waters, sê dit toon reuse-finansiële wanbestuur…
24 Nov 10AM 1 min

Arsenal 6 punte voor op Premierliga-punteleer

Sokker: Arsenal het sy voorsprong op die Premierliga-punteleer tot ses punte vergroot na hul oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur in die Noord-Londense derby op die Emirates-stadion. Die speler van die wedstryd, Eberechi Eze, het 'n sensasionele driekuns behaal ná Leandro Trossard se openingsdoel om 'n oortuigende oorwinning te verseker…
24 Nov 10AM 1 min

String korrupsie-arrestasies dui op deeglike proses

'n Reeks opeenvolgende arrestasies van streeks- en plaaslike owerheidsraadslede deur die Teenkorrupsie-kommissie in die afgelope twee weke wek openbare bespreking. Politieke ontleder Ndumba Kamanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die publiek nie te veel in die skielike tempo moet lees nie. Hy sê korrupsie, groot of klein, oud of…
24 Nov 9AM 1 min

Los dobbelinkomste, fokus op regulering

Ekonoom Gabriel Erastus het 'n nuwe dimensie gevoeg tot die debat oor Namibië se pogings om sy dobbelbedryf uit te brei. Die stap is reeds gekritiseer deur kenners, wat waarsku teen ernstige maatskaplike koste ten spyte van inkomste wat van 9 miljoen Namibiese dollar tot 32 miljoen dollar gestyg het…
24 Nov 9AM 1 min

Windhoek se vuilheid kom al lank: uittredende burgemeester

Die uittredende burgemeester van Windhoek, Ndeshihafela Larandja, het erken dat die stad sy reputasie as die skoonste in Afrika verloor het, maar dring daarop aan dat die agteruitgang nie gedurende haar eenjarige ampstermyn plaasgevind het nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het Windhoek ook as die…
24 Nov 9AM 1 min
280 – 300