Die EFF-leier Julius Malema waarsku Suid-Afrika se komende plaaslike regeringsverkiesing kan inmenging deur die VSA en Westerse moondhede ondervind deur middel van propaganda, befondsing van mededingers, en ontwrigtingstaktiek. Malema het die derde Nasionale Volksvergadering toegespreek en gesê verwagtinge van bestendige verhoudings na Trump is misplaas. Hy het Suid-Afrikaners aangespoor pogings…
Die Gauteng Provinsiale Wetgewer se portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, se besluit verwelkom om 9 000 misdaadvoorkomingsbewaarders as vredesbeamptes aan te stel na aanleiding van die Openbare Beskermer se verslag. Die stap wettig hul magte en rol in wetstoepassing en klaar onsekerhede uit. Die voorsitter,…
AfriForum sê die terugtrekking van Tenbosch Mining se steenkoolmyn-aansoek naby die Krugerwildtuin is 'n oorwinning vir bewaring en plaaslike gemeenskappe. Die organisasie waarsku egter dit is kommerwekkend dat die departement van minerale en petroleum hulpbronne se versuim om die terugtrekking formeel te bevestig, nadat 'n 2023-aansoek later te midde van…
Die Kavango-Wes-streeksraad doen stappe om te verseker dat skole in die streek gesonde en eetbare kos aan koshuisleerders bedien. Dit volg nadat 113 van die 430 koshuisleerders by die Katjinakatji Gekombineerde Skool gedurende die week siek geword het nadat hulle brood en polonie geëet het. Raadswoordvoerder Matheus Hamunyela het aan…
Gesondheidsminister Esperance Luvindao sê die regering verwag dat klinieke waarvoor begroot is, gebou en betyds voltooi moet word. Indien kontrakteurs nie aan dié vereiste voldoen nie, sal hulle vervang word, het Luvindao Vrydag tydens die opening van die opgeknapte Ompundja-kliniek in die Oshana-streek gesê:
Die Amerikaanse president Donald Trump sê sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, het ingestem om Kiëf en verskeie ander dorpe nie tydens 'n koue vlaag aan te val nie. Die Kremlin het bevestig hy het ingestem om aanvalle op Kiëf tot Sondag te staak om "gunstige toestande" vir vredesonderhandelinge te skep…
Die uittredende nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, vra vir sterker misdaadintelligensie, strenger optrede teen vertragingstaktiek, en beter beskerming vir ondersoekbeamptes, aanklaers en fluitjieblasers. In die Nasionale Vervolgingsgesag se vorderingsverslag sê sy dis noodsaaklik om werksverrigting regoor die regstelsel in lyn te bring. Sy het ook die vordering by…
Die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad het die gedeeltelike subsidiëring van knopvelsiekte-entstof vanaf môre goedgekeur. Die subsidie word toegeken op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis en fondse is beperk. Die eerste subsidieperiode is vir 1 September verlede jaar tot 31 Maart vanjaar en die tweede van 1 April tot 31 Maart 2027. Kosmos 94.1…
Standard Bank se hoof van landbousake in Suid-Afrika, Brendan Jacobs, sê die Reserwebank se besluit om rentekoerse bestendig te hou bied verligting aan boere. Hy voeg by verdere verlagings kan moontlik wees, terwyl die verligting van druk oor skuld, doeltreffendheid en uitbreiding kan verbeter. Jacobs noem ook makro-ekonomiese toestande, insluitend…
Swaar donderweer en reën by tye kon die Copps 94.1-span Vrydagaand in Windhoek nie van stryk bring nie. Verskeie inbrekers wat op ‘n huis in die hoofstad toegeslaan het, was een van die voorvalle wat hul aandag geverg het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
Met 37 persent van Namibië se bevolking wat uit jong leerders bestaan, word die land aangemoedig om meer in vaardigheidsontwikkeling te belê. Die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, Leonie Dunn, het beklemtoon dat Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Kunste en Wiskunde, bekend as ‘STEAM’ kritieke beleggingsareas is as Namibië sy industrialiseringsagenda…
Suid-Afrika se minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê daar was in die feestyd 'n merkbare toename in wettige reise, met die Grensbestuursowerheid wat byna 4,9-miljoen reisigers op 71 grensposte verwerk het. Hy sê Suid-Afrika het in 2025 'n nuwe toerismehoogtepunt van 10,48-miljoen aankomste aangeteken, waarin die Grensbestuursowerheid 'n sleutelrol…
Die jongste raadslid van die Rundu-stadsraad, Patrick Kufuna, het die Kavango Kickstart-toer by Romanus Kamunoko Senior Sekondêre Skool van stapel gestuur. Die jeuggeleide inisiatief fokus op misdaadvoorkoming, geestesgesondheid en gesondheidsbewustheid onder leerders. Kufuna is aan die woord:
Die regering word aangespoor om inisiatief te neem en op te hou om op buitelandse beleggings staat te maak om kwessies soos behuisingsvoorsiening en werkskepping aan te spreek. Volgens die voorsitter van die Economic and Social Justice-trust, Herbert Jauch, is Namibië se behuisingsagterstand van 300 000 nie net 'n krisis…
Reaksie word ontvang op die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, wat streeks- en plaaslike owerhede versoek het om ondernemings in jeugbesit in hul verkrygingsprosesse te oorweeg. Sankwasa het verkrygingskomitees gekritiseer omdat hulle die land volgens hom in die steek laat deur buitelandse maatskappye bo plaaslike besighede te bevoordeel. Danny…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, is bekommerd oor Suid-Afrika se uitsluiting van G20-prosesse onder Amerikaanse leierskap. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het in November gesê Suid-Afrika sal nie genooi word na geleenthede wat sy land aanbied nie na maande van toenemende spanning oor handelstariewe en Trump se bewering…
Die GOOD-party in Kaapstad sê die DA se besluit om teen die stigting van 'n ramphulp- en gebeurlikheidsfonds te stem, is teen armes gerig. Die fonds sou vinnige, deeglike en menswaardige hulp in brand- en oorstromingsrampe in Kaapstad kon lewer. Die mosie in die wetgewer is ondersteun deur Al-Jama’ah, NCC,…
Okahandja het Woensdagaand meer as 100mm reën gekry in dele van die dorp. Gelukkig was geen elektrisiteit infrastruktuur beskadig nie, ten spyte daarvan dat die infrastruktuur oud is. Vroeër in die jaar het Cenored groot skade in die dorp gelei tydens donderstorms. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se herwinning van 1,7-miljard Suid-Afrikaanse rand wat aan die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente teruggegee is. Dit is deel van meer as twee-miljard-rand wat die Ondersoekeenheid tot dusver teruggevind het by universiteite, TVET-kolleges en studente wat nie geregtig was op befondsing nie…
30 Jan 7AM
1 min
300 – 320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.