Die polisie se senior forensiese ontleder, Solomon Modisane, het onthul dat dieselfde AK-47-geweer gebruik is in die moorde op die ingenieur Armand Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en die sakeman Don Tindleni. Modisane, wat vanaf 'n ander bestemming voor die Madlanga-kommissie getuig, sê die patroondoppies op al vier misdaadtonele stem…
Geen nuwe gevalle van M-pokke is tot vandag toe aangemeld nie. Woordvoerder van die ministerie van gesondheid, Walters Kamaya, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die twee pasiënte in Swakopmund in 'n stabiele toestand bly en behandeling ontvang. Verder is daar geen veranderings nie.
Dis weer tyd vir langbaanrenne die naweek op die Tony Rust-renbaan. Volgens Francois Lottering is bestuurders van Suid-Afrika en Angola ook ingeskryf. Hekke maak nege-uur oop met oefenrondes wat 11-uur begin en die teer wat vanaf half-drie begin brand. Lottering het meer.
Reaksie is ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om minister Natangwe Ithete af te dank. Die stap het grondwetlike debat ontketen. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel Namibië se hibriede stelsel die president onder sekere omstandighede mag toelaat om 'n ministeriële rol te vervul,…
Die PDM-leier McHenry Venaani het sy steun uitgespreek vir stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa wat streeksraadlede die koste van ongemagtigde reise self sal laat dra. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Venaani gesê dat regeringsamptenare aanspreeklikheid moet toon en moet verseker dat elke reis 'n werklike doel…
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het die 2025 Beleggingsuitnemendheidstoekenning van die Wêreldvereniging van Beleggingsbevorderingsagentskappe in die kategorie Innoverende Beleggingsbevorderingsveldtog gewen. Die toekenning is tydens die Wêreldbeleggingskonferensie in Sharjah, Verenigde Arabiese Emirate, oorhandig. Die raad is erken vir sy werk om groenwaterstof as 'n nuwe en opwindende beleggingsgeleentheid vir Namibië te…
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Jerry Flannery, sê hulle jaareindtoer gaan ʼn groot en uitdagende toets vir die span wees. Suid-Afrika draf in November uit teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die Bokke skop hul vyf-toets toer Saterdag af met ʼn kragmeting teen Japan op die Wembley-stadion in Londen. Flannery gee…
Die uitvoerende hoof van Katima Mulilo-stadsraad, Raphael Liswaniso, is vanoggend vir ses maande sonder betaling geskors. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het op 15 Augustus die voormalige raad ontbind omdat hulle na bewering munisipale grond vir voertuie geruil het tydens Liswaniso se ampstermyn. Sankwasa het 'n…
Die landbou-organisasie TLU SA het die projek, Plant vir die Toekoms, bekendgestel. Die doel is om die jeug by die landbousektor te betrek en aan te moedig om landbou as ʼn loopbaan te oorweeg. Bennie van Zyl van TLU SA sê deur die jeug met die landboubedryf in aanraking te…
Die Vereniging van Staatsamptenare, sê onlangse berigte oor studente se misbruik van fondse van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om aanlyn te dobbel, is kommerwekkend. Volgens die Nasionale Dobbelraad se verslag vir die 2023/2024-boekjaar, is 1,1 triljoen Suid-Afrikaanse rand in 2024 in die Suid-Afrikaanse dobbelbedryf gewed, wat 40,2-persent meer…
Die Kalifornië goewerneur Gavin Newsom publiseer sy memoir, Young Man in a Hurry: A Memoir of Discovery. Hy het ‘n uitgebreide onderhoud met CNN gevoer en verskeie onderwerpe bespreek, waaronder president Donald Trump, wat hy gereeld aanlyn aanvat. Hy sê die federalisasie van die Nasionale Wag is die begin van…
Wilderness Namibia en Children in the Wilderness het met Pupkewitz Toyota in Windhoek kragte saamgesnoer om hul Red 'n Renoster-veldtog met 'n fietswedren te loods. Dit is daarop gemik om bewustheid te verhoog en kollektiewe aksie te bewerkstellig om Namibië se ikoniese woestyn-aangepaste swartrenosterbevolking te help beskerm. Die 2km-baan, wat…
Die Lewendehawe en die Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse bekend gemaak. Die fokus is op speenkalwers wat hoog in vraag is met aanbod wat laag bly. Die lamsprys is ook baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete, gepraat.
Volgens berigte is die ikoniese Reho Spa-swembad op Rehoboth amper gereed om genot aan jonk en oud te verskaf, met die Desember-skoolvakansie net om die draai. Munisipale werkers beoog glo om die herstelwerk aan die swembad en sommige van die braaigeriewe teen die tweede week van November te voltooi. Kosmos…
Die gesondheidsministerie het sy eerste besending noodsaaklike medisyne en kliniese voorrade direk van vervaardigers ontvang, wat 'n belangrike mylpaal is in die verbetering van Namibië se mediese voorsieningsketting. Ministeriële woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer aflewerings word in die komende weke verwag namate die ministerie werk…
Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die stryd teen korrupsie en die beskerming van fluitjieblasers is ʼn belangrike hoeksteen van die staat se hernuwing. Hy het Public Interest South Africa se jaarlikse Fluitjieblaser-beraad in Johannesburg toegespreek. Nel sê korrupsie het die staat se morele gesag verswak…
Die DA sê die parlementêre portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys en Opleiding moet dringend ondersoek instel na toenemende korrupsie en bestuursmislukking by die Walter Sisulu-universiteit. Ka-myaluza Security se uitvoerende hoof, Sibusiso Ngubane, het voor die Jafta-ondersoekkommissie getuig en bewerings van ernstige korrupsie, afpersing en onreëlmatighede met indiensneming teen minstens ses senior…
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare vier sy 55ste verjaarsdag vandag. Ngurare het met sy politieke aktivisme in 1983 begin en die daaropvolgende jaar is Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gestig. In 2015 het die party se top vier leiers hom van sy pos as Swapo se jeugleier gedwing. In 2021…
Amerikaanse president Donald Trump het nie die moontlikheid uitgesluit om 'n derde termyn na te jaag nie, en gesê hy sal dit graag wil doen. Die Amerikaanse grondwet verbied presidente om vir drie termyne te dien. Trump het met verslaggewers gepraat op Air Force One tydens sy toer na Asië…
Die Finansiële Geletterdheidsinisiatief, in samewerking met die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, sal Vrydag 'n baanbrekersstudie wat kyk na die verbruiksgedrag en spaargedrag on die drie sosio-ekonomiese segmente van die land se bevolking. Hierdie navorsing beoog om insig te gee in Namibiërs se finansiële praktyke, struikelblokke en geleenthede. Finansministerie-woordvoerder…
28 Oct 2025 3AM
1 min
2540 – 2560
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.