Wen-wen situasie in firmas wat met infrastruktuur help: ekonoom

Loading player...
Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep aan maatskappye om vrywillige bydraes tot infrastruktuurontwikkeling te maak, het die debat oor korporatiewe sosiale verantwoordelikheid weer aangewakker. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat wetgewing wat korporatiewe sosiale verantwoordelikheid vereis, 'n duidelike raamwerk kan bied wat tot 'n wen-wen situasie kan lei. Hy verduidelik.
14 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rassie sê hulle weet hoe die All Blacks wil speel

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verstaan maar alte goed hoe die All Blacks wil speel. Op hierdie stadium is daar kommer oor slegs twee beserings in die groep, met kaptein Siya Kolisi en stut Ox Nche wat dalk Saterdag se eerste toets op Ellispark kan misloop. Erasmus verwerp bewerings…
18 Aug 12AM 1 min

Vennootskappe nodig vir stroomaf mineraalverwerking

Old Mutual Namibië doen 'n beroep op strategiese vennootskappe tussen die regering, mynmaatskappye en institusionele beleggers om die land se agenda vir stroomaf-mineraalverwerking te finansier. Sara Mezui Engo, hoof van beleggings, sê dat namate die beleid oor mineraalwaarde-toevoeging finale vorm aanneem, plaaslike pensioenfondse en langtermynbesparings gemobiliseer moet word om ondersteunende…
18 Aug 12AM 1 min

Mercedes Benz vier 140 Jaar. 140 Plekke. Plaaslik ook...

Die Namibiese Toerismeraad, die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en M&Z Motors Namibia werk saam om Namibië in die middelpunt van Mercedes-Benz se "140 Jaar. 140 Plekke" wêreldwye herdenkingsreis te plaas wanneer dit van 22 tot 27 Augustus deur die land reis. NIPDB-woordvoerder Catherine Shipushu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
18 Aug 12AM 1 min

Media24, eNCA: Namibië se hoofstroommedia sukkel ook

Reaksie word ontvang op berigte dat die Suid-Afrikaanse uitsaaier eNCA 'n Artikel 189-konsultasieproses van stapel gestuur het wat tot die verlies van 171 poste kan lei as deel van 'n groot herstrukturering na 'n kleiner, digitale-eerste model. Dit kom na 'n soortgelyke aankondiging deur Media24. Frederico Links, navorser van die…
18 Aug 12AM 1 min

Baie werk voor toerisme N$18,5 miljard aan BBP kan bydra

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het die ministerie van toerisme se plan geprys om die land se toerismesektor se BBP-bydrae van 14,3 miljard Namibiese dollar in 2022 tot 18,5 miljard dollar teen 2030 te verhoog. Sy wys daarop dat daar talle stappe is wat geneem…
18 Aug 12AM 1 min