Nieu-Seeland se plaasvervanger-kaptein, Codie Taylor, sê hulle het geen illusies oor die uitdaging om die Springbokke as wêreldkampioene op 'n tuisveld aan te pak nie. Hy sal die span lei tot die gereelde kaptein, Ardie Savea, by die span aansluit voor die eerste toets op 22 Augustus teen die Springbokke…
AfriForum sê die instelling van die Onteieningswet in sy huidige vorm sal verreikende gevolge hê, daarom moet dit ongrondwetlik verklaar word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor na verwagting vandag ʼn aansoek aan om dele van die wet uit te daag. AfriForum, die DA en die Instituut vir Rasseverhoudinge eis dat sekere…
President Donald Trump van Amerika sê onderhandelings met Iran hervat vandag. Dit volg ná sy besluit om alle beplande aanvalle op te skort met die voorwaarde dat ʼn ooreenkoms vinnig bereik word. Hy sê Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste en Iran het hom gevra om die beplande aanval te kanselleer…
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende…
Die polisie sê die ondersoek na 'n besending kokaïen ter waarde van ongeveer 28-miljoen Suid-Afrikaanse rand gaan voort om diegene betrokke by die poging te identifiseer en aan te keer. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die besending van 95-kilogram kokaïen wat Vrydag op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park,…
Namibië vier Nasionale Kankerbewustheidsweek van vandag tot Vrydag, en die Kankervereniging van Namibië nooi vroue tussen 20 en 65 jaar oud uit na bekostigbare Pap-smeer-ondersoeke en borsondersoeke in Windhoek. Siftings sal plaasvind op Dinsdag, Woensdag en Donderdag, 4 tot 6 Augustus, vanaf 8-uur die oggend by die vereniging se mediese…
Die Internasionale Federasie van Motorfietsry, FIM, se Motocross of African Nations vind einde Augustus op die Gallina-baan net noord van die hoofstad plaas. Dit kom na Namibië verlede jaar in Zimbabwe toegewys is as vanjaar se gasheer. Nagenoeg 180-plus ryers van agt lande neem deel. Derek Jacobs van die Namibiese…
Vandag sou oudpresident Hage Geingob se 85ste verjaarsdag gewees het. Hy was van 2015 tot sy dood op 4 Februarie 2024 die derde president van Namibië. Geingob was die land se eerste premier van 1990 tot 2002, en het weer van 2012 tot 2015 in die pos gedien. Sy weduwee…
Reaksie word ontvang op Stad Windhoek se besluit om sy kontrak met RedForce Debt Management te beëindig en die invordering van agterstallige munisipale rekeninge weer self te administreer. Terwyl die stap verwelkom is deur die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging, sê woordvoerder Shaun Gariseb aan Kosmos 94.1 Nuus dat die munisipaliteit…
Ohlthaver & List het erken dat die verlies van Namibië se Noorse skaap-uitvoerkwota 'n groot knou aan sy Farmers Meat Market-bedrywighede in Mariental toegedien het. Dit kom nadat nuwe ontleding toon dat die abattoir se sluiting nie te wyte is aan 'n tekort aan vee nie, maar aan die verlies…
Die DA in Gauteng het die burgemeester van Rand West City, William Matsheke, gevra om 'n belangeverklaring aan die Kantoor van die Speaker te voorsien. Jacques Julius van die party sê tydens 'n onlangse Spesiale Raadsvergadering het die burgemeester volgehou dat sy onlangse besoek aan die Fifa Sokkerwêreldbeker in die…
Die plaaslike firma R&J Steytler Management Consultants het sy internasionale voetspoor uitgebrei met die aanstelling van 'n sakeleier van die Verenigde Arabiese Emirate, Saleh Alhashmi, as senior medewerker en sy amptelike verteenwoordiger in die Emirate en die Midde-Ooste. Daar word verwag dat die stap beleggings-, handels- en tegnologievennootskappe tussen die…
Reaksie word steeds ontvang nadat die African Youth Survey 2026 bevind het dat terwyl jong Afrikane meer optimisties oor die toekoms is sedert die Covid-19-pandemie, stygende lewenskoste, korrupsie en kommer oor regering steeds vertroue in demokratiese leierskap uitdaag. Die opname het bevind dat hoewel steun vir demokrasie hoog bly, baie…
Die regering het Banyana Banyana geprys vir hul moed, vasberadenheid en veggees ná hul Wafcon 2026-wedstryd teen die Ivoorkus. Die adjunkwoordvoerder, William Baloyi, sê die span het deursettingsvermoë, moed en onwrikbare toewyding getoon toe hulle teruggeveg het om die telling gelyk te maak. Hy sê Suid-Afrika het 'n trotse nalatenskap…
Die Kantoor van die Aanklaer-generaal het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal mensehandelsake in die land, na beduidende stygings in verskeie streke. Tydens die Wêrelddag teen Mensehandel-herdenking in Ongwediva het die Aanklaer-generaal se Kantooramptenaar, Martha Nghiyonanye, gesê dat aangemelde sake in Oshakati van drie in 2024/2025 tot 10 in 2025/2026…
Die Parlementêre Gekose Komitee oor Onderwys, Wetenskappe en Kreatiewe Nywerhede sê die kwessie rondom bestuursuitdagings en verbeterde prestasie by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vereis 'n ernstige debat. Dit volg na bewerings dat die onlangs aangestelde Nsfas-administrateur Hlengani Mathebula 'n luukse leefstyl op Nsfas se rekening handhaaf terwyl probleme…
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party sal burgemeesters en raadslede herroep wat nie daarin slaag om dienste te lewer en mense goed te dien nie. Dit volg midde die land se voorbereiding vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing in November. Ramaphosa het gepraat tydens ANC-kieserregistrasie en gemeenskapsmobilisering in…
Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika eis die staatsgeleide herindustrialisering van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Statistiek Suid-Afrika het aangekondig dat 245 besighede in die tweede kwartaal van hierdie jaar gesluit het. Giwusa-president Mametlwe Sebei sê die syfers verteenwoordig 'n direkte en verwoestende aanval op die lewensbestaan van die werkersklas. Hy sê die…
Die Giraffe Conservation Foundation, in vennootskap met Angola se Nasionale Instituut vir Biodiversiteit en Bewaringsgebiede, het die afgelope week suksesvol kameelperde in Angola se Bicuar Nasionale Park hervestig as deel van 'n nasionale bewaringsinisiatief. Stephanie Fennessy, die stigting se uitvoerende direkteur, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê om genetiese diversiteit…
Die toerisme- en bewaringssektor spreek hul opgewondenheid uit oor die kabinet se goedkeuring van 'n nuwe beleid wat prospektering en mynbou in beskermde en omgewingsensitiewe gebiede reguleer. Bedryfsrolspelers sê die stap kom op 'n kritieke tydstip namate mineraaleksplorasie oor Namibië versnel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ultimate Safaris se direkteur,…
1 Aug 6AM
1 min
360 – 380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.