Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
380 – 400

LPM hou vierde jaarlikse induksieslypskool

Die LPM hou sy vierde jaarlikse induksiewerkswinkel vir plaaslike owerheidsraadslede in Windhoek. Tydens die opleiding word raadslede toegerus met die strategiese vaardighede en kennis wat nodig is om hul verantwoordelikhede na te kom. LPM se operasionele sekretaris, Dawid Eigub, het raadslede aangespoor om verder te beweeg as om die regering…
1 Aug 5AM 1 min

ILO in hul skik met plaaslike diamantbedryf

Die direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), Gilbert Houngbo, het Namibië se stroomaf diamantbedryf geprys na 'n besoek aan Namdia en Finestar Jewellery & Diamonds Namibia. Hy sê die sektor skep werksgeleenthede, bou vaardighede en dra by tot die ekonomie, terwyl hy ook die werksomstandighede by die fabriek prys. Kosmos…
1 Aug 4AM 1 min

Sokker: Bafana Bafana groet Broos

Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, het die uittredende Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, geprys vir die transformasie van Suid-Afrikaanse sokker gedurende sy termyn. Jordaan het die Belgiese afrigter, wie se vyfjaarkontrak Vrydag gëeindig het, geprys vir die bou van 'n mededingende nasionale span en die identifisering van jong…
1 Aug 3AM 1 min

Heerlike Augustus-naweek wag op Namibië

Die land kan wolklose, mooi en koel tot warm weer oor die naweek verwag, met sonnige toestande, koue oor die woestyn en matige weer aan die kus. Albertina Anderson, 'n voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê die nagte sal koud wees met lae temperature wat tot ongeveer 7 grade…
1 Aug 2AM 1 min

Boks: Namibië se Ndevelo jaag goud in Glasgow

Die Namibiese bokser Tryagain Morning Ndevelo het 'n plek in die mans se 60 kg-eindstryd van die Statebondspele bespreek nadat hy Noord-Ierland se Jude Gallagher in 'n opwindende halfeindstryd in Glasgow, Skotland met 'n verdeelde beslissing geklop het. Ndevelo het 'n vasberade vertoning gelewer om sy teenstander uit te skakel…
1 Aug 1AM 1 min

Copps 94.1: Drie motors in ernstige botsing in hoofstad

Maandeinde in die hoofstad het baie stiller as verwag verloop met net een ernstige voorval wat Vrydagaand die aandag van die Copps 94.1-span en die Namibiese polisie geverg het toe drie voertuie in die omgewing van Nampower in ‘n botsing betrokke was. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was oudergewoonte op…
1 Aug 12AM 1 min

Justisieminister moet bedank, vra COPE

COPE vra die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, moet bedank na bewerings van korrupsie, onbevoegdheid en magsmisbruik in die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie. COPE sê die bevindings wat voor die Madlanga-kommissie aan die lig gekom het, wys op stelselmislukkings onder Kubayi se toesig. Die waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, voer aan…
31 Jul 11AM 1 min

Mynbou-regulering in beskermde gebiede goedgekeur

Inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, insluitend die goedkeuring van 'n nuwe beleid om prospektering en mynbou in Namibië se beskermde en omgewingsensitiewe gebiede te reguleer terwyl ekosisteme beskerm word. Die kabinet het ook Namibië se ondertekening van die Statuut van die Afrika-Mineraalontwikkelingsentrum goedgekeur om samewerking te versterk…
31 Jul 11AM 1 min

Digitale transformasie kry nog 'n inspuiting

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Cran het kragte saamgesnoer om die land se digitale transformasie te versnel. Die twee instellings het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om samewerking in kuberveiligheid, digitale handel, beleidshervorming en die ontwikkeling van digitale vaardighede te versterk. Dit is 'n poging om ekonomiese…
31 Jul 10AM 1 min

Meatco bly winsgewend, laer inkomste ten spyt

Meatco het winsgewend gebly ten spyte van 'n daling van 53 persent in abattoir deurset wat veroorsaak is deur droogte en die herbou van kuddes. Kingsley Kwenani, adjunk uitvoerende direkteur van die landbouministerie, het vanoggend tydens Meatco se jaarvergadering gesê dat verwerkte bees van 75 268 in die vorige finansiële…
31 Jul 10AM 1 min

Al wat seker is oor brandstofpryse, 'is onsekerheid'

Reaksie word ontvang op vanmiddag se aankondiging dat al die brandstofpryse met 2 Namibiese dollar sal styg vanaf 5 Augustus. Kosmos 94.1 Nuus het met Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum gesels, wat sê totdat die situasie rondom die Straat van Hormuz weer normaal is, sal onsekerhede voortduur…
31 Jul 10AM 1 min

DA gaan self Nsfas-vergrype ondersoek

Die DA gaan self ondersoek instel na beweerde luukse verblyf, dubbele besprekings en buitensporige reisuitgawes van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se administrasie. Volgens Daily Maverick het die administrateur, Hlengani Mathebula, se verblyf van vier nagte in die Pepperclub Hotel en Spa in Mei belastingbetalers 9 200 Suid-Afrikaanse rand…
31 Jul 9AM 1 min

Brandstofpryse styg almal met N$2 in Augustus

Energieminister Modestus Amutse het vanmiddag aangekondig dat brandstofpryse met 2 Namibiese dollar sal styg vanaf 5 Augustus. Die petrolprys in Walvisbaai sal dus 24 dollar en 48 sent per liter wees, diesel 50dpm sal 26 dollar en 26 sent per liter wees, en diesel 10dpm 26 dollar en 36 sent…
31 Jul 9AM 1 min

Andrea Johnson word strafregtelik ondersoek

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, sê die gewese hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, word steeds strafregtelik ondersoek al het sy onlangs bedank te midde van haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Een van die bewerings is dat sy wederregtelik die inhoud van ʼn aanranding-dossier teen…
31 Jul 8AM 1 min

Namibië vra kontinentale reaksie op xenofobie

Die Namibiese verteenwoordiger by die Pan-Afrikaanse Parlement, Olivia Hanghuwo, het 'n verenigde kontinentale reaksie op xenofobie en die oorsake van migrasie versoek, en Afrika-leiers aangespoor om die waardes van solidariteit en vreedsame naasbestaan te omhels. Hanghuwo het die opmerkings gemaak tydens die debat oor die mosie rakende die toenemende xenofobiese…
31 Jul 8AM 1 min

Mothibi begin herstelprojek by IDAC

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, wil die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie binne die volgende ses maande omkeer. Dit volg na onthullings by die Madlanga-kommissie dat die gewese IDAC-hoof, Andrea Johnson, ʼn reeks ondersoeke teen beamptes van Misdaadintelligensie en die taakspan oor politieke moorde sonder behoorlike meriete goedgekeur het…
31 Jul 6AM 1 min

Infantino dink hy is onaantasbaar

Reaksie word steeds ontvang op die Fifa-hoof Gianni Infantino se kommersiële tak van Fifa, die Fifa Forward Enterprise. Die voorsitter van die Britse Sokker Ondersteunersvereniging Tom Greatrex sê Infantino het gedink hy was onaantasbaar omdat hy soveel veranderings aangebring het sonder enige teenstand. Hy het met Sky News gepraat.
31 Jul 6AM 1 min
380 – 400