Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, sê die administrasie verhoog druk op Iran se lugdiensnetwerk as deel van strenger sanksies verbonde aan kernkragonderhandelinge. Amerika en Iran is volgens berigte naby aan 'n ooreenkoms wat onder meer insluit die verlenging van die skietstilstand, die heropening van die Straat van Hormuz…
Bykans drie maande nadat dit ter tafel gelê is, is die nasionale begroting vir 2026/27 in die Staatskoerant gepubliseer, wat die maandelikse staatspensioen amptelik van 1 600 Namibiese dollar tot 1 700 dollar verhoog. Wilson Shikoto, woordvoerder van die finansministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dié verhoging van…
Rugby: Die Springbok Sewes-se afrigter Philip Snyman, sê die naweek sal 'n sterk geestelike fokus deurslaggewend wees in die tweede van drie Wêreldreeks-toernooie in Valladolid, Spanje. Suid-Afrika het die eerste kampioenskapstoernooi in Hongkong gewen. Die Blitsbokke speel vandag twee Groep A-wedstryde, teen Groot-Brittanje en Kenia, en Saterdag pak hulle Australië…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê berigte dat soldate ontplooi gaan word omdat beplande optogte en betogings volgende maand verwag word, is vals en misleidend. Die groep teen onwettige immigrante, March and March, beplan ʼn sluiting vir 30 Junie en eis dat onwettige immigrante wat in Suid-Afrika woon, onmiddellik en in…
Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê Washington en Iran het goeie vordering gemaak om ʼn ooreenkoms te bereik, maar daar is nog talle kwessies wat uitgeklaar moet word. Volgens berigte sou die ooreenkoms insluit dat die skietstilstand met 60 dae verleng word, die Straat van Hormoes sou heropen en beraadslaging…
Die 12de Oshakati Totem Expo begin vandag en duur tot 6 Junie onder die tema van sterker bande deur kultuur. Die geleentheid het 150 uitstallers van Namibië en die buiteland gelok. Die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, het die ekspo beskryf as ’n viering van identiteit, eenheid, diversiteit, erfenis en…
Brandstofpryse sal na verwagting weer in Junie styg en daar word op sosiale media gesê dat Namibië met ander Afrika-lande moet werk om brandstof in te voer. Die retoriek stel ook voor dat die Namibiese regering daarna moet kyk om Angola se goedkoop brandstof, of ndungula, in te voer. In…
Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê byna 70 persent van Namibiërs kan nie meer formele behuising bekostig nie, aangesien stygende eiendomspryse, beperkte gedienste grond en 'n behuisingsmark wat deur finansiële instellings oorheers word, gewone werkers steeds uitsluit van huiseienaarskap. Huispryse het die afgelope paar jaar van onder 200 000 Namibiese dollar…
Standard Bank sê die Suid-Afrikaanse landbousektor staar nuwe finansiële druk in die gesig met die besluit van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee om die rentekoers met 25 basispunte tot sewe persent te verhoog. Dis te midde van inflasie, hoër brandstofpryse en kommer oor 'n moontlike El Niño. Standard Bank se…
Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, beplan glo om volgende maand haar terugkeer te maak op die grasbane van Queen’s Club in Londen. Die 44-jarige Amerikaner het ʼn los lootjie versoek om in die dubbelspel saam met die Kanadees, Victoria Mboko, te speel ná ses maande in die opkikker-toetsgroep. Williams…
Ná die effense byt in die lug vanoggend, gaan vandag hoofsaaklik warm, tot baie warm in die Noorde, raak, met winderige toestande wat verwag kan word in die noordwestelike dele van die land. Die naweek kan Namibiërs ook warm weer verwag, maar volgende week gaan die kwik behoorlik val. Albertina…
Polisie verskerp landwye operasies teen onwettige immigrasie deur Operasie Shanela. Byna 1 000 ongedokumenteerde buitelanders is die afgelope week in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewette. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê sedert Januarie vanjaar is meer as 29 000 onwettige buitelanders in hegtenis geneem tydens intelligensie-gedrewe operasies, padversperrings en stop-en-deursoekings…
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is in die tweede rondte van die Franse Ope uitgeskakel nadat hy in snikhete toestande fisies gesukkel het. Die Italianer was in die derde stel met 5-1 een pot weg van ʼn oorwinning toe hy duiselig word en krampe kry, en ʼn mediese blaaskans moes neem…
Amerika en Iran trap klei om die 14-punt vredesraamwerk te aanvaar. Die proses word deur Pakistanse bemiddelaars onderhandel, maar fundamentele verskille bly oor sanksieverligting, die tydlyn vir die oplossing van die konflik, en of Iran van sy hoogs verrykte uraanvoorraad ontslae moet raak. Tydens 'n AMT-politieke gesprek het Roland Henwood,…
Die Instituut vir Beleidsnavorsing (IPPR), in samewerking met onafhanlike navorser en aktivis, Abigail Solomons, het 'n inligtingsdokument oor die LGBT+-gemeenskap saamgestel. Die inligtingsdokument ondersoek die spanning tussen grondwetlike regte, hofoorwinnings, wetgewende terugslae en sosiale houdings wat die geleefde realiteite van LGBT+ Namibiërs vorm – en vra hoe ver Namibië nog…
Action Society sê openbare veiligheid en slagoffers se regte moet voorkeur geniet bo administratiewe prosesse. Dit volg na aanleiding van berigte dat byna 28 000 paroolvoortvlugtiges nie opgespoor kan word nie. Die organisasie sê dit verteenwoordig 'n ernstige mislukking in die paroolstelsel en plaas gemeenskappe in gevaar, veral waar gewelddadige…
Die tweeledige program vir kapasiteitsbou vir die nasionale aksieplan oor jeug, vrede en veiligheid is in Windhoek geopen. Die Nasionale Jeugraad het afgevaardigdes van die Afrika-unie en plaaslike belanghebbendes verwelkom om jongmense beter toe te rus om vrede en veiligheid te help vorm. Die program beklemtoon dat die jeug aktiewe…
Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe persent te verhoog, gekritiseer. Die federasie voer aan die stap sal skuldkoste verhoog en die druk sal vererger op werkers en huishoudings wat reeds sukkel met die hoë lewenskoste. Matthew Parks van Cosatu…
29 May 2AM
1 min
420 – 440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.