Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
440 – 460

NamPower vier 30ste bestaansjaar met strategiese sakeplan

NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n…
1 Oct 11PM 1 min

Outa juig omdat huis-sonkrag registrasie verleng is

Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie…
1 Oct 11AM 1 min

Wibooi vra vir robuuste ontwikkelingstrategieë vir Afrika

Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing vereis, in lyn met…
1 Oct 11AM 1 min

SME's 'moet hul huis in orde kry vir finaniering'

SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl…
1 Oct 11AM 1 min

Eiseb neem amptelik ACC-teuels oor by Noa

Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie…
1 Oct 11AM 1 min

IPC se Nashinge beaam Swapo-ministers se vertragingstaktieke

Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van…
1 Oct 10AM 1 min

Slangteengif nou genoeg, maar nie ander teengiwwe

Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
1 Oct 10AM 1 min

Nie seker of Iran in Fludubai-chaos betrokke was: Bibi

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. 'n Medevlieënier op 'n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom…
1 Oct 9AM 1 min

Maak seker jou huweliksrekords is reg, vra minister

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu versoek getroude paartjies om hul naaste ministeriekantoor te besoek om hul huweliksrekords te verifieer en te bekragtig. Iipumbi verwys na wydverspreide teenstrydighede wat veroorsaak word deur onvolledige registers. Iipumbu het paartjies aangespoor om hul status reg te stel terwyl beide partye leef, om ernstige administratiewe komplikasies…
1 Oct 9AM 1 min

Alcaraz hewig gekant teen Grand Slam-veranderinge

Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is 'n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner…
1 Oct 8AM 1 min

Christa Pike on hospitaal na teregstelling faal

'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy…
1 Oct 8AM 1 min

COSATU verheug dat werkers se geld veilig is

Die werkersvakbond, COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele…
1 Oct 7AM 1 min

CAN: Vroue moet vroeg vir kanker toets

Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, het vroue aangespoor om vroeë sifting te prioritiseer en onthul dat meer as 700 Namibiese vroue elke jaar met borskanker gediagnoseer word. Met die begin van borskankerbewustheidsmaand het Hansen opgemerk dat CAN se vennootskap met die ministerie van gesondheid borskliniekprogramme…
1 Oct 7AM 1 min

Sport-forum open deure by The Dome

Die kontinentale forum van die Afrika-vereniging van Sportprestasiesentrums het vandag amptelik by The Dome in Swakopmund geopen. Die forum bring sportadministrateurs van regoor Afrika byeen en fokus op die mobilisering van hulpbronne, die volhoubaarheid van befondsing en langtermyn-mededingendheid op kontinentale vlak. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, verskaf meer…
1 Oct 7AM 1 min

Jaarlikse Whk-skou vuurwerke - hou jou dierekinders veilig!

Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels, wat troeteldier-eienaars daaraan herinner dat vuurwerke aansienlike angs by diere kan veroorsaak, wat soms daartoe lei dat hulle weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, nasionale direkteur van die…
1 Oct 6AM 1 min

Nog 'n nat en bewolkte naweek op die spyskaart

Dit kan dalk weer ‘n nat en koel naweek wees met nog ‘n bolugstelsel wat nader aan die suid- en suid-westelike dele van Namibië beweeg, met bewolkte toestande wat more regoor die land verwag word. Weerkenner George van der Merwe sê buie kan veral in die Kharas en Hardap streek…
1 Oct 6AM 1 min

Trustco Group kry tussentydse hofbevel teen Riskowitz-groep

Trustco Group het 'n tussentydse hofbevel teen die Riskowitz-groep verkry. Die Amerikaanse groep het in Februarie en Augustus vanjaar onsuksesvol probeer om die Trustco-direksie te vervang. Trustco se adjunk-hoofuitvoerende beampte, Quinton van Rooyen jr., sê aandeelhouers het voorheen die transaksie van 468 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, waarvolgens Trustco 'n verdere…
1 Oct 6AM 1 min

Swapo se Vroueraad reg vir 19de kongres in Katima Mulilo

Die sekretaris van Swapo se Vroueraad, Fransina Kahungu, en haar adjunk, Maria Ntusi, sal onbestrede staan vir die raad se twee top-posisies by die komende 19de kongres in Katima Mulilo. Ntusi sê die enkele nominasies weerspieël strukturele vertroue reg oor die party en dring daarop aan dat vroue met eenheid…
1 Oct 5AM 1 min
440 – 460