Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
440 – 460

Cosata ontstig oor rentekoerssstyging

Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe persent te verhoog, gekritiseer. Die federasie voer aan die stap sal skuldkoste verhoog en die druk sal vererger op werkers en huishoudings wat reeds sukkel met die hoë lewenskoste. Matthew Parks van Cosatu…
29 May 2AM 1 min

Kry die feite oor veilige verlating van kinders

Ma’s moet hulself van die wetgewing rakende die veilige verlating van kinders vergewis, sê kinderwelsynminister Emma Kantema-Gaomas. Dit volg ná ‘n 36-jarige vrou onlangs in hegtenis geneem is nadat sy na bewering haar pasgebore baba by 'n kerk in Omungwelume in die Ohangwena-streek gelos het. Die woordvoerder van die lynministerie,…
29 May 1AM 1 min

Volksmoord: Praat, luister en genees, sê Duitsland

Duitsland se ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, sê versoening tussen gemeenskappe wat deur die volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is, en Duitsland bly ’n proses van genesing en wedersydse begrip. Tydens ‘n plegtigheid op Lüderitz ter ere van Volksmoordherdenkingsdag het Hutter versoening beskryf as “’n proses van praat en…
29 May 1AM 1 min

Goreangab Mall open vandag in Katutura

Goreangab Mall open vandag amptelik sy deure in Katutura en daar word verwag dat die meer as 30 winkels werksgeleenthede en ekonomiese groei nader aan die gemeenskap sal bring. Die gevoel onder inwoners van die Samora Machel-kiesafdeling is dat mense van Goreangab en omliggende gebiede geprioritiseer moet word vir werk…
29 May 12AM 1 min

Goeie slagpryse vir skaap in April

Namibiese slagpale het in April steeds hoogs mededingende pryse aangebied, met produsentepryse wat dié van Suid-Afrikaanse slagpale met 2 Namibiese dollar en 5 sent per kilogram oorskry het. Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad sê egter dat die April-prys korttermynmarktoestande kan weerspieël eerder as 'n volgehoue verskuiwing in streeksmededingendheid. Dortea Nakandjibi, 'n…
28 May 11PM 1 min

Konflik-inflasie jaag rentekoerse op

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe persent verhoog, wat beteken prima-uitleenkoerse van handelsbanke in die buurland gaan ook met 0,25% styg. As lid van die gemeenskaplike monetêre area (CMA) en die koppeling van die Namibiese dollar aan die rand, volg die Bank van Namibië…
28 May 11PM 1 min

Tennis: Verander hitte-reëls, vra Djokovic

Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, sê die Franse Ope se hitte-reëls moet verander. Die Serwiër het gistermiddag teen die plaaslike speler Valentin Royer gespeel terwyl die temperatuur in Parys bo 30 grade Celsius was. Djokovic stel voor Roland Garros moet spel staak tydens die dag, soos by die Australiese Ope,…
28 May 7AM 1 min

Soldate in Kaap leef in haglike omstandighede

Die GOOD-party sê soldate wat as deel van Operasie Prosper ontplooi is, leef in onaanvaarbare omstandighede by 'n militêre basis in Kaapstad, ondanks 'n begroting van 823 miljoen rand. Die party beweer bykans 146 troepe deel slegs drie toilette, met een toilet wat volgens berigte buite werking is. Die sekretaris-generaal…
28 May 5AM 1 min

Meer as halfmiljoen Russiese soldate reeds dood in oorlog

Die direkteur van die Britse spioenasie-agentskap GCHQ, Anne Keast-Butler, sê Brittanje word tans blootgestel aan al hoe meer onbeskaamde optrede van vyandige lande, insluitende Rusland. Sy het haar kantoor se jaarlikse bedreigingsopname bekendgemaak en gesê hulle help om roekelose sabotasie en sluipmoordpogings van die Kremlin af te weer. Keast-Butler sê…
28 May 4AM 1 min

Vyf Ghanese sonder dokumente in SA gestrand

Die Grensbestuursowerheid sê 295 van die 300 Ghanese wat hul regering se aanbod van repatriasie aanvaar het, kon Woensdag op ʼn huurvlug vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe uit Suid-Afrika vertrek. Dit volg ná ʼn vlaag betogings teen onwettige immigrasie wat vrese van hernude xenofobiese geweld laat ontstaan het. BMA-woordvoerder Mmemme…
28 May 3AM 1 min

Trump val nie vir Iran-voorstel

President Donald Trump sê daar is steeds hoop vir ʼn ooreenkoms met Iran, maar waarsku dat Teheran se pogings om hom te oorleef nie gaan werk nie. Die memorandum van verstandhouding wat onderhandel word, sluit blykbaar in dat Amerikaanse magte uit die omgewing van Teheran onttrek en die blokkade van…
28 May 2AM 1 min

Nóg Onandjaba-ontsnaptes vasgetrek

Vier van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat Sondag uit polisieselle by Onandjaba in die Omusati-streek ontsnap het, is weer in hegtenis geneem. Hulle het beamptes aangeval tydens die verspreiding van kos en medisyne, selsleutels gegryp en twee beamptes geboei voordat hulle in selle toegesluit is. Die verdagtes het later meer…
28 May 1AM 1 min

Namibië herdenk vandag volksmoord

Namibië eerbiedig vandag Volksmoordherdenkingsdag, ter ere van die tienduisende Ovaherero- en Nama-mense wat tussen 1904 en 1908 tydens die eerste volksmoord van die 20ste eeu deur Duitse koloniale magte gedood is. Die Ovaherero en Nama is die woestyn ingedryf, vermoor of in konsentrasiekampe opgesluit waar baie weens hongersnood, siekte en…
28 May 12AM 1 min

Komitee ondersoek toename in verpleegskole

Die parlementêre Staande Komitee oor Onderwys, Jeug, Burgerlike Betrekkinge en Gemeenskapsontwikkeling ondersoek hoe belanghebbendes en die regering die toename in verpleegskole en gesondheidsopleidingsentrums in die land aanspreek. Die voorsitter, Marlayn Mbakera, sê die komitee het 'n vierdaagse gestruktureerde dialoog in Swakopmund byeengeroep om beleide te ondersoek en stelsels te hersien…
27 May 11AM 1 min

Phala Phala ampsklag-proses moet voortgaan: DA

Die DA sê die parlement se ampsklag-proses oor die Phala Phala-saak moet voortduur ondanks president Cyril Ramaphosa se aansoek om 'n regs-hersiening. Die party vra die parlement om dringend die reëls en verwysingsraamwerk vir die ampsklag-komitee af te handel soos die Konstitusionele Hof gelas het. Woordvoerder George Michalakis kritiseer Ramaphosa…
27 May 11AM 1 min

CAN waarsku oor nikotienprodukte wat jeug teiken

Terwyl die wêreld Wêreld Geen Tabakdag op 31 Mei vier, span die Kankervereniging van Namibië kragte saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie en globale vennote om alarm te maak oor die tabakbedryf se toenemende taktiek wat jongmense teiken. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, sê vanjaar se veldtog fokus daarop om…
27 May 10AM 1 min

Stad Windhoek moet paaie regmaak, nie inwoners: IPC-LP

Samora Machel-kiesafdelingraadslid Lydia Kanime word gekritiseer nadat sy voorgestel het dat inwoners van Havana se Eneas Peter Nanyembe-gedeelte self harke en grawe moet optel en reënbeskadigde grondpaaie in die buurt herstel. Dit volg op klagtes van die gemeenskap oor die paaie se swak toestand. Die IPC-skaduminister van stedelike en landelike…
27 May 10AM 1 min

OTM-sluitings in klein dorpe 'kan gemeenskappe agterlaat'

Inwoners van Kamanjab het gekla dat hulle gestrand was nadat die laaste outomatiese bankteller in die dorp gesluit is. Hulle moes na Khorixas of Outjo, albei meer as 100 kilometer ver, reis om kontant te trek. Die diens is egter Maandag herstel. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom…
27 May 10AM 1 min
440 – 460