Groot dwelmbeslagleggings kry nie end nie, met twee mans wat oor die naweek by Ariamsvlei in hegtenis geneem is met Mandrax-tablette en kokaïenpoeier ter waarde van amper 7,5 miljoen Namibiese dollar. En Maandag is meer as 5 miljoen dollar se Mandrax, dagga en kokaïen, versteek in ‘n bakkie se kappie,…
Die saak deur die Stadspolisie teen Windhoekse aktiviste Shaun Gariseb en Armando Pieters is na twee-uur vanmiddag verskuif. Hulle staar klagtes van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig. Dit kom nadat hulle en gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, rioolafval by die Katutura Munisipale kantoor…
Die Departement van Water en Sanitasie het vyf sluise by die Vaaldam oopgemaak na swaar reënval in Gauteng en Mpumalanga. Die uitvloei van die Bloemhofdam is ook verhoog. Die departement se woordvoerder, Mandla Mathebula, sê met die reënval wat voortduur, sal die meeste van die damme ook hoë volumes ervaar…
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement sal kontrakteurs wat nie skoolinfrastruktuurprojekte voltooi nie, op ʼn swartlys plaas. Sy het gister oorsigbesoeke gebring aan twee skole in die Oos-Kaap wat met infrastruktuurprobleme sukkel. Volgens ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het byna al die skole wat in…
NamWater het onlangs 'n verklaring uitgereik om die inwoners van Swakopmund, Nonidas en Arandis, en omliggende gebiede, in kennis te stel van die tweejaarlikse onderhoudssluiting van die Orano-ontsoutingsaanleg. Die sluiting het Sondag begin en duur tot Donderdag om middernag. Gedurende die tydperk sal NamWater geen water aan die myne verskaf…
Die ACDP het Suid-Afrika se immigrasiewette as swak bestempel. Dit volg nadat die party die aankoms verlede week van 153 Palestynse vlugtelinge in Suid-Afrika bevraagteken het. Die party sê daar was moontlike oortredings van immigrasiewette. Die groep is in die land toegelaat met 90-dae humanitêre visums. ACDP-adjunkpresident, Wayne Thring sê…
President Donald Trump van Amerika sê hy sal ʼn wetsontwerp dat die Justisiedepartement die Epstein-lêers bekendmaak, onderteken as dit op sy lessenaar beland. Die Huis van Verteenwoordigers stem na verwagting vandag vir die vrystelling daarvan. Demokrate in die Huis het verlede week e-posse van die Epstein-boedel bekendgemaak waarin Trump se…
Die LPM vra vir die dringende verwydering van die Verkiesingskommissie van Namibië se kommissarisse, en beskuldig die liggaam van vooroordeel, onbevoegdheid en skending van SAOG-verkiesingbeginsels. Die party sê in 'n verklaring die kommissie het nie daarin geslaag om onpartydige verkiesings te hou nie, het die LPM se aktiwiteite in sommige…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika wil geen verdere vlugte ontvang met Palestynse vlugtelinge aanboord nie. Dit volg na ’n gehuurde vliegtuig met 153 passasiers verlede week sonder behoorlike dokumentasie op OR Tambo Internasionale Lughawe geland het. Lamola het die aankoms as verdag beskryf en…
Huiseienaars en voornemende kopers het rede om optimisties te wees met die vergadering van die Monetêre Beleidskomitee hierdie week. Die ontleder, Bradd Bendall sê laer rentekoerse en 'n rand wat versterk vergemaklik verbandterugbetalings, terwyl nuwe kopers voordeel trek uit dalende deposito's en sterk leningsaptyt. Bendall sê huisprysinflasie bly hoog, wat…
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ʼn resolusie deur Amerika aanvaar, wat ʼn vredesplan vir Gaza en ʼn tydelike internasionale mag in die gebied goedkeur. Dertien lande, insluitend Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Somalië, het die resolusie gesteun terwyl Rusland en China buite stemming gebly het. Die resolusie se doel…
Die Outdoor Centre het in samewerking met Femedia Steps for Vets bekendgestel, 'n landwye virtuele staptog gewy aan die ondersteuning van veeartsenykundige sorg vir renosters in die land. Die inisiatief nooi individue, skole en maatskappye uit om enige afstand, enige plek, enige tyd van vandag tot 27 November te stap,…
Reaksie kom in oor die myneministerie wat berigte dat die kabinet die verkryging van ‘n belang in De Beers wat 14,5 miljard Namibiese dollar sal kos, as onakkuraat afgemaak het. Dit is terwyl Angola en Botswana beding vir Anglo American se 85 persent aandele, wat hy wil verkoop. Kosmos 94.1…
Reaksie word ontvang op die opsporing van meer as 559 000 kuberkwesbaarhede tussen Julie en September, 'n toename van die vorige kwartaal, terwyl aangemelde kubergebeure skerp met 52 persent gedaal het. Tegnologiekenner Nrupesh Soni waarsku dat die laer voorvalsyfers moontlik onderrapportering weerspieël, nie veiliger stelsels nie. Hy het aan Kosmos…
Die DA in Gauteng sê boelie-voorvalle in skole in die provinsie het verdubbel en vanaf tien gevalle in 2023 gestyg tot 21 verlede jaar, wat leerders se veiligheid in gevaar stel. Slegs twee leerders is geskors, terwyl ander voorwaardelik kon terugkeer. Die DA se woordvoerder, Sergio Isa dos Santos, gee…
Noorweë het Italië 4-1 verslaan om die eerste keer sedert 1998 vir die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer. Erling Haaland se twee doele het sy totaal in die groepfase tot 16 geneem. Antonio Nusa en Jorgen Strand Larsen het ook verdoel. Portugal het ook sy plek in volgende jaar se toernooi verseker…
Selfmoord bly 'n ernstige bron van kommer in Namibië. Oor die naweek is drie gevalle aangemeld, 'n 21-jarige man in Ruacana, 'n 30-jarige man in Tsumeb en 'n 27-jarige vrou in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende aktivis Zack Itodo gepraat, wat die belangrikheid beklemtoon het om vroeë…
Die Departement van Water en Sanitasie het 'n streng waarskuwing uitgereik aan lede van die publiek om weg te bly van riviere, strome en ander watermassas tydens die aanhoudende swaar reën in dele van die land. Dit is omdat watervlakke wat vinnig styg en sterk strome aansienlike gevare inhou. Die…
Die Rough n Tough Rally 2025 het 1,3 miljoen Namibiese dollar vir die Kankervereniging van Namibië ingesamel. Dit is aangewend om die nuwe Palliatiewe Sorg-sentrum op Swakopmund te vestig. Die sentrum sal amptelik einde Januarie 2026 geopen word. Die geleentheid was 'n reuse sukses en inskrywings vir volgende jaar is…
17 Nov 9AM
1 min
580 – 600
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.