Rugby: Erasmus maak geen verskonings vir die nederlaag teen die Wallabies nie

Loading player...
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geweier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies gister in Perth. Die Bokke was teen rustyd met 24-17 agter en ná 63 minute met 42-17 agter, voordat 'n laat herlewing hulle binne vier punte van hul teenstanders gebring het. Dit was egter nie genoeg nie, ten spyte daarvan dat Australië in die laaste elf minute vier spelers weens geel kaarte verloor het. Erasmus, wat 13 veranderinge vir die eenmalige toets aangebring het, sê hulle het hulself in 'n posisie geplaas waaruit hulle nie kon herstel nie:
28 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duitse debat oor volksmoord ' 'n klein oorwinning'

Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid sê die debat in die Duitse parlement is 'n kragtige oomblik vir die afstammelinge van die Nama- en OvaHerero-volksmoord. Sy sê egter dat hoop op dade gegrond moet wees. Dit kom terwyl wetgewers versoeke oorweeg dat Duitsland volle wetlike verantwoordelikheid aanvaar en omvattende…
19 Oct 8AM 1 min

Oekraïne sal oorlog moeilik wen as VSA Putin steun - Zelensky

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy…
19 Oct 8AM 1 min

Namibiër deel drie dekades se Angola-ervarings

Terwyl president Netumbo Nandi-Ndaitwah tans op 'n staatsbesoek aan Angola is, met die doel om bande tussen die twee buurlande te versterk, gesels Kosmos 94.1 Nuus met 'n Namibiër wat Angola al drie dekades lank sy tuiste noem. Stefan van Wyk deel sy ervarings van lewe en werk oorkant die…
19 Oct 6AM 1 min

Namises waarsku oor geweld en ekonomiese uitsluiting

Terwyl Namibië wêreldwyd die vierde plek beklee met 'n geslote geslagsgaping van 84,5 persent, het die menseregte-aktivis Rosa Namises gewaarsku dat plaaslike realiteite 'n ander storie van ernstige geweld en ekonomiese uitsluiting vertel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Namises daarop aangedring dat politieke verbintenisse moet lei tot…
19 Oct 6AM 1 min

Paaie-owerheid verskerp beheer oor ingevoerde voertuie

Die Paaie-owerheid waarsku dat voertuie wat uit Hongkong ingevoer word, slegs geregistreer sal word indien hul registrasie- en stawende dokumente suksesvol deur die betrokke owerhede geverifieer is. Die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê daar was 'n toename in aansoeke wat onverifieerbare of bedrieglike dokumentasie behels, en beklemtoon dat sodanige…
19 Oct 6AM 1 min