Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
680 – 700

Gerepatrieerdes uit SA eis werk by die regering

Terwyl 36,9 persent van Namibië se aktiewe arbeidsmag werkloos is, eis 'n groep onlangse gerepatrieerdes uit Suid-Afrika dat die regering hulle werk gee. Die 84 individue, wat na xenofobiese aanvalle in die buurland na Namibië teruggekeer het, sê hulle het aanvanklik vertrek op soek na werk weens beperkte werkvooruitsigte tuis,…
21 Jul 6AM 1 min

Groot kommer oor Houthi's se verbod op Saoedi se olie-uitvoere

Die Verenigde Nasies is bekommerd oor nuwe dreigemente teen Saoedi-Arabië deur Jemen se Iran-gesteunde Houthi-rebelle, asook vryheid van beweging in die belangrike Rooi See-skeepsroetes langs die kus van Jemen. 'n Volledige sluiting van die Bab el-Mandeb-roete kan wêreldwye olievoorraad met 7 persent verminder. Die Houthi's se gewapende magte het 'n…
21 Jul 5AM 1 min

Insette vir kies-gedragskode sluit vandag

Die Verkiesingskommissie sê die Verkiesingsgedragskode oor die Bekamping van Waninligting is daarop gemik om 'n meer betroubare inligtingsomgewing te skep deur weerstand teen valse inligting, manipulering en gekoördineerde oneerlike aanlyngedrag te versterk. Dit is vandag die sluitingsdatum vir openbare kommentaar oor die nuwe kode, wat tot straf kan lei vir…
21 Jul 5AM 1 min

SA se verdediging kort herlewing - Tau

Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, vra ʼn gekoördineerde benadering om Suid-Afrika se verdedigingsbedryf te laat herleef. Hy sê die bedryf is op die voorpunt van presisie-vervaardiging, stelsel-ingenieurswese en tegnologiese soewereiniteit. Hy het gister die hoofrede gelewer by die Verdedigingsbedryf-lekgotla by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad in Pretoria…
21 Jul 4AM 1 min

Fima raak die toesig van jou aftreefondse

Namibië se nuwe finansiële regulasies plaas aftreefondse onder groter toesig, met fondse wat nou vereis word om meer deursigtig te wees oor hoe lede se spaargeld belê word. Frederick Muller, besturende direkteur van Alexforbes Investments, sê die veranderinge, wat ingevolge die nuwe Fima-wet ingestel is, is daarop gemik om bestuur…
21 Jul 4AM 1 min

GRN neem produktiwiteit onder die loep

'n Weeklange werkswinkel is in Windhoek aan die gang oor die hersiening van die land se konsep- nasionale produktiwiteitsbeleid. Die kritieke inisiatief is daarop gemik om die ekonomie te laat oorgaan na hoëwaarde-produksie en strukturele transformasie. David Iigonda, direkteur van arbeidsmarkdienste by die arbeidsministerie, sê die hersiening beoog om ekonomiese…
21 Jul 3AM 1 min

Macpherson wil weet oor 6 200 staatshuise

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het 'n ondersoek gelas na meer as 6 200 staatshuise wat deur regeringsamptenare bewoon word. Macpherson het ook 'n plan versoek om eiendomme te identifiseer wat nie meer nodig is nie en verkoop, herontwikkel of uit die staat se portefeulje verwyder…
21 Jul 3AM 1 min

Burnham maak groot beloftes

Brittanje se nuwe eerste minister, Andy Burnham, belowe om 'n nuwe politieke en ekonomiese model in te stel wat daarop gemik is om bestendigheid te herstel en openbare vertroue te herbou. In sy eerste toespraak buite Downingstraat 10 het Burnham belowe om openbare dienste te verbeter, meer werksgeleenthede te skep,…
21 Jul 2AM 1 min

Beroepe om Openbare Beleggingskorporasie te ontbind, voortydig

Die Vereniging van Staatsamptenare sê oproepe om die raad van die Openbare Beleggingskorporasie te ontbind, is voortydig en kan goeie bestuur ondermyn. Claude Naicker van die vakbond sê onlangse skorsings toon die raad beskou bestuurskwessies in 'n ernstige lig, en moet toegelaat word om sy ondersoeke onafhanklik af te handel…
21 Jul 2AM 1 min

Kaapstad kry weer te doen met alkoholmisbruik en kinders

Die Stad Kaapstad sê 'n onlangse voorval met 'n baba wat in die sorg van 'n dronk pa gevind is, beklemtoon die skadelike gevolge van alkoholmisbruik. Wetstoepassers het die kind Sondagaand by 'n verkeerspunt in Delft gered en die baba aan maatskaplike werkers oorhandig. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit,…
21 Jul 1AM 1 min

Windhoek moet werk aan toerisme-basis

Stad Windhoek bied nie veel vir toeriste nie, al is daar aantreklikhede in die hoofstad. Die bestuur van geskiedkundige bates is op die huidige stadium swak en daar is 'n hoë risiko vir misdaad. So sê Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging aan Kosmos 94.1 Nuus.
21 Jul 1AM 1 min

Namibiese hokkie-vroue verloor eerste wedstryd

Die Namibiese nasionale vrouehokkiespan het die eerste wedstryd van hul reeks van vier toetse teen Suid-Afrika met 4-0 by Elkanah House-hoërskool in Kaapstad verloor. Hoofafrigter Trevor Cormack sê die jong Namibiese span wat besig is met 'n heropbouproses, gebruik hierdie reeks as noodsaaklike voorbereiding vir die komende Afrika-spele. Hulle speel…
21 Jul 1AM 1 min

Erongo-skoolaansoeke open weer vandag

Die Erongo-onderwysdirektoraat hervat vandag aansoeke vir toelating tot voorskool en Graad 1 vir 2027, nadat die vorige registrasieproses opgeskort is. Waarnemende onderwysdirekteur Helena Asino-Kahitire moedig ouers en voogde aan om aansoeke binne die vasgestelde tydperk in te dien. Dit is dus nie nodig om by skole uit te kamp of…
21 Jul 1AM 1 min

Daar's te veel olifante, dis al

Reaksie word ontvang op 'n studie wat deur die Namibiese Natuurstigting, in samewerking met die Oxford-universiteit, uitgevoer word oor olifante by kommersiële boere in die Kunene-streek. Aspekte van belang sluit in koste en voordele, sowel as die boere se sienings oor die diere en hul bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het…
21 Jul 12AM 1 min

Verhoogde kragtarief plaas net verdere druk

Die verhoging van 3,7 persent in grootmaat-elektrisiteitstariewe wat vir NamPower goedgekeur is, tesame met 'n verhoging van 4 persent in munisipale diensgelde wat deur Stad Windhoek aangekondig is, het kommer onder verbruikers laat ontstaan oor stygende lewenskoste. Kosmos 94.1 Nuus het met die beleidsontleder Abraham Eita gepraat.
21 Jul 12AM 1 min

AfriForum staan gereed vir hof oof Graaf Reinett hernoeming

AfriForum is gereed om Graaff-Reinet in die Oos-Kaap se hernoeming na Robert Sobukwe Town in die Hooggeregshof in Pretoria te betwis. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur en die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamraad sal die aansoek teenstaan. Alana Bailey van AfriForum sê die naamsverandering is ongrondwetlik en beskerm nie die…
20 Jul 11PM 1 min

Burnham se eerste kabinetslede bekend

Die nuwe Britse eerste minister, Andy Burnham, het Maandagaand begin om sy kabinet saam te stel en het 'n ervare span gekies. Van die aanstellings is voormalige minister van verdediging, John Healey, wat nou die top finansminister-pos beklee, en voormalige energieminister Ed Miliband is buitelandse sake-minister. Shabana Mahmood is heraangestel…
20 Jul 11PM 1 min

Engeland-kaptein loof ODI-reeksoorwinning oor Indië

Krieket: Engeland se kaptein, Harry Brook, het sy span se eendag-reeksoorwinning van 2-1 oor Indië geloof na hulle die derde wedstryd op Lord's gewen het. Aanvangskolwer Ben Duckett het 141 van 135 balle gemoker - die hoogste eendagtelling op die Londense veld - en die gashere het 383 vir sewe…
20 Jul 11AM 1 min
680 – 700