Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
700 – 720

Gesondheidministerie verdoem alle seksuele aanrandings

Die gesondheidministerie het reageer op die assistent-dokter Dennis Noa wat weer in hegtenis geneem is vir vermeende seksuele aanranding, en vandag in die hof verskyn het. Noa het na bewering 'n 26-jarige man by sy hospitaalwoning in Onandjokwe-hospitaal seksueel aangerand nadat hy sy drankie gedokter het. Woordvoerder Walters Kamaya sê…
20 Jul 11AM 1 min

Plastiekbesoedeling eis sy tol aan die kus

Plastiekbesoedeling eis slagoffers langs Namibië se kus, selfs waar die strande skoon lyk. Ocean Conservation Namibia sê hulle het teen die einde van Junie 265 Kaapse pelsrobbe gered wat in plastiek en ander mariene rommel verstrengel was, met die meeste van die slagoffers nuuskierige robwelpies van minder as 'n jaar…
20 Jul 10AM 1 min

Nuwe Britse PM mik na welstand vir die mense

Die nuwe Britse eerste minister, Andy Burnham, het vanmiddag sy eerste toespraak by Downingstraat 10 gelewer. Burnham, wat sy toespraak gelewer het kort ná sy ontmoeting met koning Charles by Buckingham-paleis, het belowe om 'n nuwe politieke en ekonomiese model te bou, met die mense se welstand as die kern…
20 Jul 10AM 1 min

Pas tariewe vinnig aan ná NamPower-verhoging: ECB

Elektrisiteitsverspreiders, plaaslike owerhede en streeksrade word aangemoedig om hul elektrisiteitstariewe dringend te hersien nadat die Elektrisiteitsbeheerraad 'n verhoging van 3,7 persent in NamPower se groothandelstarief vir elektrisiteit vir die volgende jaar goedgekeur het. Die raad se uitvoerende hoof, Robert Kahimise, sê tydige aanpassings is nodig om elektrisiteitsverskaffers se finansiële volhoubaarheid…
20 Jul 10AM 1 min

Demokrasie in land 'vereis nou aanspreeklikheid'

Die staatsbestuur-kundige Pius Dunaiski sê die onlangse oproep van IPC-leier Panduleni Itula dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah moet oorweeg om die parlement te ontbind, het ’n kritieke nasionale debat weer laat opvlam. Hy waarsku dat die voortdurende parlementêre dooiepunt op dieper uitdagings in staatsbestuur dui. Dit volg nadat die huidige parlement…
20 Jul 10AM 1 min

E-sigarette, nikotien by skole kry nie end nie

Die parlement ondersoek die toename in die gebruik van e-sigarette en nikotien by skole reg oor die land. Tydens 'n besoek deur die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Welsyn en Arbeidsake aan Otjiwarongo, het skoolhoof Udo Behnke van die Donatus Sekondêre Skool gesê dat hulle elke twee…
20 Jul 9AM 1 min

Bokke verwelkom sleutelspelers terug

Rugby: Die Springbokke verwelkom verskeie gereelde spelers terug, insluitend kaptein Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu, vir volgende maand se eenmalige toets teen Argentinië in Buenos Aires. Die Bokke het bonuspunt-oorwinnings oor Engeland, Skotland en Wallis behaal aan die begin van die Nasieskampioenskap. Afrigter Rassie Erasmus…
20 Jul 9AM 1 min

Drie hoëprofiel-sluipmoordsake vandag in SA howe

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het lede van die taakspan oor politieke moorde en Gauteng se Teenintelligensie-operasies geloof vir hul volgehoue pogings om seker te maak drie hoëprofiel-sluipmoordsake beland in die hof. Die beskuldigdes, insluitend die baasbrein, Vusimuzi “Cat” Matlala, verskyn vandag in die hof. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda…
20 Jul 8AM 1 min

Keir Starmer groet Downingstraat 10

Keir Starmer het sy laaste toespraak as Britse eerste minister en leier van die Arbeidersparty voor Downingstraat 10 in Londen gelewer voor hy oorgee aan die inkomende Andy Burnham. Starmer het verwys na sy rekord as eerste minister en sy opvolger sterkte toegewens. Hy sê Burnham het sy volle steun…
20 Jul 8AM 1 min

Inwoners in Informele nedersettings suip aan agterspeen

Inwoners van informele nedersettings in Windhoek – veral in gebiede soos Goreangab en Havana – neem toenemend die reg in eie hande in reaksie op 'n toename in gewapende rooftogte en inbrake. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis en woordvoerder van die Khomas Residents and Ratepayers'…
20 Jul 6AM 1 min

Lesufi beloof momentum teen onwettige mynbou

Die Gautengse premier Panya Lesufi sê die regering sal voortgaan om sy stryd teen onwettige mynbou en georganiseerde misdaad te versterk. Dit volg na die dood van twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nadat hulle Vrydag tydens operasies teen onwettige mynbou in 'n skag by 'n verlate myn in…
20 Jul 6AM 1 min

Kunene-boere, NNF en Oxford wil van julle hoor

Die Namibiese Natuurstigting, in samewerking met Oxford-universiteit doen 'n opname oor olifante onder kommersiële boere in die Kunene-streek. Onder belang is kostes en voordele sowel as boere se sienings oor die diere en hulle bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigting se hoof van navorsing professor Morgan Hauptfleisch gepraat.
20 Jul 6AM 1 min

Aptyt vir voertuie is groot op die oomblik

Die nuwe voertuigmark het in Junie veerkragtig gebly, met sterk groei in beide passasiers- en kommersiële voertuie, wat die jaar-tot-datum verkope van 7 849 eenhede tot die hoogste vlak sedert 2019 gebring het. Navorsingsontleder by IJG Securities, Kari Rossouw, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat ten spyte van stygende inflasie…
20 Jul 6AM 1 min

Die RMB BBU is 'n metafoor vir die lewe

Die vyfde jaarlikse RMB Brandberg Backyard Ultra het ten einde geloop ná 'n suksesvolle naweek by die Brandberg-ruskamp op Uis. André Ross het weer gewen en sodoende vir die vyfde keer die eerste plek behou. Die uithouwedloop het deelnemers uitgedaag om elke uur 'n roete van 6,706 kilometer te voltooi…
20 Jul 6AM 1 min

Wêreldbeker: McKenzie verdedig besteding van R31m

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die sowat 31 miljoen Suid-Afrikaanse rand verdedig wat uitgegee is op Suid-Afrika se Fifa Wêreldbeker-program en sê die departement het niks om weg te steek nie. Dit volg nadat politieke partye die uitgawe as verkwistend beskryf het. Die departement se…
20 Jul 5AM 1 min

Kenner waarsku oor kernkragplanne

Die regering se kernkraggesprekke met China het skerp kritiek ontlok van plaaslike energiekenner Harald Schütt. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China het sy gepleit vir nouer samewerking en tegnologie-oordrag vir binnelandse uraan-waardetoevoeging. Schütt waarsku dat die ontwikkeling van kernkrag 'n finansieel riskante en onnodige pad is. Hy beklemtoon…
20 Jul 5AM 1 min

Burnham: Groot verskil tussen burgemeester en premier

Die voormalige burgemeester van West Midlands in Brittanje en mede voorsitter van die verregste Prosper UK-party, Andy Street, het nou saam met Andy Burnham gewerk. Burnham sal vandag amptelike oorneem as die sewende eerste minister in tien jaar in die Verenigde Koninkryk. Street sê daar is ooreenkomstes tussen die twee…
20 Jul 4AM 1 min

SA en China versterk samewerking

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, het Suid-Afrika se verbintenis tot die bydrae tot operasionele elemente van die Wêreldorganisasie vir Kunsmatige Intelligensie-samewerking herbevestig. Nzimande het 'n hoëvlak-bilaterale gesprek met China se minister van Wetenskap en Tegnologie, Yin Hejun, gevoer. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê Suid-Afrika…
20 Jul 4AM 1 min

Aankoopnetwerke is voordelig vir SME's

Belegging in die informele sektor is noodsaaklik, aangesien dit die primêre drywer van die ekonomie op grondvlak is en kollektief die meeste rykdom en werksgeleenthede skep. Om te verseker dat klein ondernemings winsgewend kan voortbestaan, word die stig van kollektiewe aankoopnetwerke bepleit. Daardeur kan klein handelaars skaalvoordele benut, hoë vervoerkoste…
20 Jul 3AM 1 min
700 – 720