Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
720 – 740

Enoch speek nie dieper probleme in begroting aan nie

TLU SA kritiseer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring omdat dit fiskale syfers aanspreek, maar nie Suid-Afrika se dieper probleme aanpak nie. Bennie van Zyl van die organisasie sê misleide beleid, ondermynde eiendomsregte, politieke aanstellings bo kundigheid, en institusionele verval, bly onaangespreek. Van Zyl sê alhoewel daar skuldstabilisering…
13 Nov 12AM 1 min

Amerikaanse regering maak oop, tot 30 Januarie

Die langste Amerikaanse regeringsluiting in die geskiedenis, 43 dae, is beëindig. Die Huis van Verteenwoordigers het 222 teen 209 vir die tydelike begrotingsraamwerk gestem. Fondse sal nou beskikbaar wees tot 30 Januarie volgende jaar. President Donald Trump het die raamwerk bekragtig en die skuld by die Demokrate se deur geplaas.
13 Nov 12AM 1 min

Versigtig met openbare Wi-Fi

Die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, waarsku teen die gebruik van Wi-Fi wat in openbare plekke soos hotelle, lughawens, restaurante, winkelsentrums en biblioteke aangebied word, en gratis toegang tot die internet bied. 'n Openbare Wi-Fi-netwerk kan óf oop, dus onbeveilig, óf geïnkripteer, of beveilig wees. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het meer.
13 Nov 12AM 1 min

Namibia Air sal nou geregistreer word

Die vervoerminister, Veikko Nekundi, sê die kabinet het die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur. Dit sal as Namibia Air funksioneer, en gestig kragtens maatskappywetgewing met die regering as enigste aandeelhouer. Die nuwe redery sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Nekundi het bevestig dat…
12 Nov 11PM 1 min

Namibië woeker by COP30

Namibië word by COP30 verteenwoordig deur omgewingminister Indileni Daniel, saam met die Omgewingsbeleggingsfonds se uitvoerende hoof, Benedict Libanda. Hulle het die land se deelname aan drie hoëvlak-gesprekke gelei. Die sessies het gefokus op klimaatsfinansiering, gemeenskapsweerbaarheid en klimaatsgedrewe mobiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda gesels…
12 Nov 11PM 1 min

NamPol waarsku oor taxi-gebruikers wat beroof word

Taxi-gebruikers wat beroof en ontvoer word is in die nuus. NamPol sê dat daar tot op hede agt sake geregistreer is, veral in Windhoek en Oshakati, met dieselfde werkwyse. Voertuie met vals registrasienommers word valslik as taxi's gebruik om slagoffers te lok. Daar is Dinsdag drie verdagtes in Windhoek in…
12 Nov 10PM 1 min

SA-landbou verbind tot byebedryf

Landbouminister John Steenhuisen het die regering se verbintenis herbevestig tot die versterking van Suid-Afrika se byebedryf. Bestuiwing dra jaarliks meer as 10 miljard Suid-Afrikaanse rand tot die land se landbou by. Die land produseer jaarliks tot 2 500 ton heuning, maar verbruik byna dubbel soveel, en is sterk afhanklik van…
12 Nov 10PM 1 min

Warra

Kry die nuus soos dit breek.
12 Nov 12PM 3 min

Mielies

Kry die nuus soos dit breek.
12 Nov 10AM 1 min

Nuutste syfers van mielie-oes lyk belowend

Vraag vir mielies beloop rondom 170 000 ton plaaslik. Met die goeie reënseisoen het Kosmos 94.1 met die Akkerbouraad gesels oor die tonnemaat wat tot dusver bemark en ingevoer is. Loide Uahengo, die bestuurder van akkerbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad het die syfers.
12 Nov 10AM 1 min

SA stel nuwe inflasieteiken van 3%

Die finansminister, Enoch Godongwana, het 'n nuwe inflasieteiken van drie-persent aangekondig, met 'n eenpunt-speling. Hy het in sy vyfde mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring in die parlement voorspel die land se ekonomie sal vanjaar met 1,2 persent groei, meer as dubbel die groei wat verlede jaar gesien is, en verwag 'n gemiddelde groei van…
12 Nov 10AM 1 min

Dís hoe onderhoud van ouers deur hul kinders werk

Onlangse besprekings rondom Namibië se Onderhoudswet het lig gewerp op 'n klousule wat werkende kinders spesifiek verplig om hul ouers finansieel te ondersteun. Hierdie klousule, wat wyd onbekend was, gee bejaarde ouers die reg om hul werkende volwasse kinders hof toe te neem in gevalle waar bewys word dat hulle…
12 Nov 9AM 1 min

Burger het 'n plan vir Namibië vs Samoa

Namibië se senior mansrugbyspan pak Samoa môre in hul tweede wedstryd by die finale Wêreldbeker-kwalifiseringstoernooi in Dubai, na 'n 22-15-verlies teen België. Om hul hoop lewend te hou, moet Namibië Samoa klop en dan op Samoa staatmaak om België op 18 November te klop. Die Namibiese Rugbyunie se direkteur van…
12 Nov 9AM 1 min

NV van môre af in reses tot Februarie

Die Nasionale Vergadering het besluit dat die tweede sitting van die 8ste Parlement môre in reses sal gaan tot Februarie 2026. Die IPC was die enigste party teen 'n vroeë reses. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens vanmiddag se sitting gesê dit is om parlementslede tyd te gee om na hul…
12 Nov 9AM 1 min

Daar's gevare in olie- en gaslisensiëringsoordrag aan NNN

Die tussentydse energieminister, Frans Kapofi, het voorgestel dat alle lisensiëringsbevoegdhede in die land se olie- en gassektor aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah oor te dra. Die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet, wat dringend in die parlement ter tafel gelê is, kom te midde van onlangse uitvoerende geskille oor beheer van die…
12 Nov 9AM 1 min

Sprinkane in Zambezi nou in springer- en vliegstadiums

Die landbouministerie het bevestig dat die uitbreking van Afrika-treksprinkane, wat die eerste keer laat in Oktober aangekondig is, voortduur in talle gebiede in die Zambezi-streek. Die uitbreking kom op 'n kritieke tydstip aangesien ploegwerk in vloedvlaktes en riviervelde reeds begin het, met algemene ploegaktiwiteite wat na verwagting volgende maand sal…
12 Nov 7AM 1 min

Ronaldo sê 2026 Wêreldbekertoernooi is sy laaste

Sokker: Die Portugese doelskieter Cristiano Ronaldo sê volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Kanada, Mexiko en Amerika is beslis sy laaste. Die 40-jarige, wat in Saoedi-Arabië vir Al-Nassr speel, het 953 doele vir sy klubs en land aangeteken en is die eerste manlike speler ooit wat doele aangeteken het in vyf…
12 Nov 7AM 1 min
720 – 740