Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
720 – 740

Trump is jammer oor nog 'n VSA-soldaat wat sterf

Die Amerikaanse weermag het Sondagaand die negende agtereenvolgende nag aanvalle op Iran uitgevoer. Dit volg nadat ʼn Amerikaanse soldaat Saterdag in die noorde van Irak dood is, en twee ander Vrydag gesterf het tydens aanvalle in Jordanië. Amerika se Sentrale Bevel sê die aanvalle sal voortgaan om Iran se militêre…
20 Jul 2AM 1 min

Operasie Prosper se verslag is broodnodig - DA

Die DA het 'n aansoek ingedien onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die langverwagte tussentydse Operasie Prosper-verslag van die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te bekom. Nicholas Gotsell van die DA sê daarsonder kan geen antwoorde of tasbare oplossings gebied word aan gemeenskappe wat…
20 Jul 2AM 1 min

Geen stralingslekkasies by Koeberg nie

Eskom het bevestig dat geen stralingslekkasie tydens 'n roetine-onderhoud by die Koeberg-kernkragstasie se Eenheid Twee in Kaapstad plaasgevind het nie. Dit volg op drie lugbesoedelingsvoorvalle wat tussen 30 Junie en 7 Julie by die eenheid aangemeld is. Die voorval het plaasgevind tydens 'n proses genaamd Eddy Current Testing, wat bekend…
20 Jul 1AM 1 min

Koue oggende, warm dae

Die weer sal vroeg vandeesweek sonnig en helder bly, met warm dagtemperature van tot 28°C en 'n baie lae temperatuur van 4°C. Albertina Anderson, 'n weerkundige by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê daar is geen kans op reën nie en die wind sal relatief swak bly. Sy sê kouer temperature…
20 Jul 1AM 1 min

BBU-veiling vir bewaring begin vandag

’n Internasionale WhatsApp-veiling open vanoggend ná die voltooiing van die uitmergelende RMB Brandberg Backyard Ultra-marathon die afgelope naweek op Uis. Die wedloop se eksklusiewe WhatsApp-bewaringsveiling sal wêreldwye skenkers mobiliseer om broodnodige fondse vir bewaringsgroepe in die voorste linie in te samel. Kosmos 94.1 Nuus het met die organiseerder, Nico Scholtz,…
20 Jul 12AM 1 min

NNN en haar topleierskap rits oral rond, wat's dit werd?

Vrae word geopper oor die frekwensie en koste van amptelike reise wat deur die land se topleierskap onderneem word. President Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar man het 'n reeks plaaslike en internasionale werk- en staatsbesoeke onderneem, insluitend reise na Angola, Ghana, Tanzanië en China, tesame met streeksverbintenisse. Visepresident Lucia Witbooi en…
20 Jul 12AM 1 min

Olie skiet deur die US$90 per vat

Brent-ru-olie verhandel tans in die omgewing van 90 Amerikaanse dollar per vat. Ná die skerp prysstyging wat deur hernude spanning tussen die VSA en Iran in die Straat van Hormuz veroorsaak is, verwag ekonome dat pryse verder sal styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat…
20 Jul 12AM 1 min

Kubayi soek Johnson se afdanking

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê sy gaan president Cyril Ramaphosa vra om die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, te skors. Dit volg ná getuies ernstige bewerings gemaak het oor die gedrag van IDAC-amptenare en hulle hoof. Johnson sal môre voor die Madlanga-kommissie…
19 Jul 11PM 1 min

Spanje vat hom huis toe met 1-0 oorwinning

Spanje, het die heersende kampioene, Argentinië, in News Jersey in beseringstyd met 1-0 verslaan om hul tweede Wêreldbeker-titel te buit. Ferran Torres se doel in die 106de minuut het die sege beklink. Spanje spog nou met 38 onoorwonne wedstryde nadat dié land en Italië gelykop was. Spanje is die eerste…
19 Jul 11PM 1 min

Padwedloop: Ross wen vyfde Brandberg Backyard Ultra-kroon

Die Namibiese langasem, André Ross, het die 2026 RMB Brandberg Backyard Ultra op Uis vir die vyfde agtereenvolgende keer gewen - dié keer met ‘n rekord van 26 loepe van 6,7km elk in net meer as 24 uur. Kosmos 94.1 se Yanna Smith het met hom oor die wedloop en…
19 Jul 6AM 1 min

Leef Madiba se visie uit, vra Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die wêreldgemeenskap gevra om oudpresident Nelson Mandela se visie van 'n regverdige, inklusiewe, gelyke en vreedsame wêreld uit te leef. Hy het Saterdag op Nelson Mandela Internasionale Dag beklemtoon dat die bekamping van armoede nie liefdadigheid is nie, maar 'n daad…
19 Jul 5AM 1 min

'Moenie alle gemarginaliseerde gemeenskappe oor dieselfde kam skeer'

Die lewensomstandighede van Namibië se gemarginaliseerde gemeenskappe is weer in die kollig nadat nuwe sensusdata volgehoue gapings in toegang tot basiese dienste en ekonomiese geleenthede aan die lig gebring het. Die Namibiese Statistieke-agentskap het bevind dat byna 70 persent van huishoudings geen toiletgeriewe het nie, minder as 'n derde elektrisiteit…
19 Jul 5AM 1 min

Veertien sterf in twee ongelukke in Sekhukhune

Die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Violet Mathye, het haar skok uitgespreek nadat twee ongelukke in die Sekhukhune-distrik Saterdag 14 lewens geëis het. Die departement se woordvoerder, Dali Tshifhiwa, sê in die eerste ongeluk is vyf mense dood op die R-555 naby Stoffberg in die Elias Motsoaledi-munisipaliteit. Nog…
19 Jul 4AM 1 min

Vrae oor digitale vennootskappe met banke

Die Forum for South Africa is bekommerd oor privaat banke se toenemende betrokkenheid by die lewering van slim-ID-dienste wat in wese 'n regeringsverantwoordelikheid is. Die departement van binnelandse sake het aangekondig meer as 385 000 slim-ID-aansoeke is reeds verwerk deur die digitale vennootskap met Capitec, Standard Bank en First National…
19 Jul 3AM 1 min

Gryp in by munisipale boeke, sê Cosatu

Cosatu sê hy bly uiters bekommerd oor die gebrek aan omvattende ingrypings om die groot aantal munisipaliteite in finansiële nood bestendig te kry en te herbou. Cosatu sê daar is tentatiewe vordering in 42 wanbetalende munisipaliteite wat reageer het op die Nasionale Tesourie se tydelike terughouding van fondse en die…
19 Jul 2AM 1 min

Twintig onwettige myners in Gauteng vas

Die polisie sê Operasie Prosper behaal steeds beduidende sukses met die ontwrigting van onwettige mynboubedrywighede en die uitwissing van misdaadsindikate wat in verlate en aktiewe mynbougebiede in Gauteng werksaam is. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê 20 onwettige mynwerkers is Vrydag in die provinsie in hegtenis geneem, en 19 was onwettige buitelandse…
19 Jul 1AM 1 min

Olieprys: G'n rede tot paniek, sê kenner

Brent-ruolie verhandel rondom 88 Amerikaanse dollar per vat, aangevuur deur toenemende vyandelikhede tussen die VSA en Iran oor die Straat van Hormuz. Ekonome is verdeeld oor die langtermyn-impak hiervan. Terwyl die onmiddellike ineenstorting van die wapenstilstand 'n swaar risikopremie in energiemarkte ingespuit het, sê Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder…
19 Jul 12AM 1 min

Sacu bly strategiese bate, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die Suider-Afrikaanse Doeane-unie bly een van Suid-Afrika se grootste strategiese bates. Ramaphosa het die vierde Suid-Afrika-Namibië Bi-nasionale Kommissie-sakeforum in Johannesburg toegespreek. Hy sê as die wêreld se oudste doeane-unie toon Sacu merkwaardige veerkragtigheid. Die president sê die unie het ontwikkel om te voldoen aan die eise…
18 Jul 6AM 1 min

Prysbelyning by veeartseny verduidelik

Die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad het onlangs 'n prysbelyning aangekondig vir die sentrale veeartsenylaboratorium. Vir Namibië om lewendehawe en -produkte te kan uitvoer, moet die produkte aan sekere gesondheidsregulasies en vereistes voldoen. Vir gesondheidsdoeleindes word die vleis by die veeartsenylaboratorium getoets, en lewendehawe moet ook aan verskeie vereistes voldoen. Kosmos 94.1…
18 Jul 5AM 1 min
720 – 740