AfriForum se Witrivier-tak het vandees maand ‘n slaggatherstelprojek afgeskop. Altesaam 40 sakke teer is gebruik om slaggate in Danie Joubert- en Drakensbergstraat op te vul. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê hierdie paaie is nou herstel. Daar is verder ‘n magdom soortgelyke projekte op pad, ook in ander dorpe…
Die uitrol van fase 2 van die gesondheidsdepartement se inentingsprogram gister het allermins vlot verloop. Verskeie mense wat geregistreer het en per SMS ingelig is om hul inentings by Rob Ferreira-hospitaal te ontvang, is weggewys, en kon ook nie by Tonga gehelp word nie. Die departement se Dumisani Malamule sê…
Die Penreach Shalamuka Steam-sentrum se Makerspace-fasiliteit is verlede week amptelik in gebruik geneem waar wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde gekombineer word. Penreach se uitvoerende hoof, Susanna Oosthuizen, sê die onderwys van die toekoms gaan oor kritiese denke, kommunikasie, samewerking en kreatiwiteit om kinders voor te berei om in die…
Die vermeende swendelaar, Annica van Staden, sal Woensdag in Lydenburg vir bortog aansoek doen. Sy het verlede week saam met haar medebeskuldigde, Fotoboy Makua, die eienaar van 'n sekuriteitsmaatskappy, in Middelburg verskyn op klagte van bedrog en geldwassery. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is Makua borg van sewe-duisend-Rand toegestaan. Die saak…
Die Valke is op soek na die hoofverdagte in die 1,1-miljoen-rand Barberton-mynbedrogsaak, Simphiwe Sangwenyi. 'n Voormalige administratiewe klerk, Bhekinkosi Fana Madonsela, is verlede week vyf-duisend-Rand borg toegestaan. Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Madonsela en sy medebeskuldigde, Precious Nontobeko Magongo, glo onregmatige betalings van onderskeidelik 300-duisend-Rand en amper ‘n halfmiljoen-Rand…
In ‘n eerste vir die Laeveld – en enigste vir Mpumalanga – het die IV Bar hierdie maand hul deure in I’langa Mall geopen. Keri Rudolph het sowat drie-en-‘n-half jaar gelede saam met Russell Sachs die IV Groep begin. Susters Desiré en Yolandi Oosthuizen is die mede-eienaars van IV Bar…
Jy het nog net hierdie week om ‘n aanbod te maak om een van Nelspruit Hospice se Reflections spieëls te koop. Hierdie fondsinsamelingsprojek is verlede jaar van stapel gestuur. Mense kon ‘n spieël in ‘n houtraam koop, versier en terugbesorg. Dit word nou opgeveil. Die vendusie vind aanlyn plaas tot…
‘n Kitsbank in Graskop is vroeg vanoggend opgeblaas. Brigadier Leonard Hlathi sê hulle soek na sowat 10 verdagtes. 'n Vroulike polisielid is gyselaar geneem en agterin 'n polisievoertuig toegesluit. Hulle het geld by 'n vulstasie geroof en die kitsbank opgeblaas. Daar was ‘n skietery tussen hulle en polisie, maar niemand…
Die ses-maande-oue Ayden van Niekerk is stabiel in die hospitaal. Hy is gister met 'n helikopter van Lydenburg Johannesburg toe gevlieg vir mediese hulp nadat hy ophou asemhaal het. Sy ouma, Elize, sê die dokters is baie positief oor sy vordering en toe. Sy voeg by dat hulle onseker is…
Vyf jong wetenskaplikes en drie vlieëniers wat met beurse van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap studeer het, is permanent aangestel. Die agentskap se uitvoerende hoof, Johannes Nobunga, sê die MTPA het tans ‘n tekort aan hul kundigheid. Hy hoop die aanstellings sal ook hul transformasie- en geslagsgelykheid-doelwitte help bereik. Een…
Die letter “R” is die spil waarom alles draai in die voorstelling van die nuwe handelsmerk van die Riverside sake-area in Mbombela. Die hernude entoesiasme volg na ‘n jaar van die Covid-19-pandemie waarin menigte ondernemings ‘n verlaging in handel ervaar het. Riverside het die afgelope 25 jaar op verskeie vlakke…
Sowat ses-honderd nuwe residensiële eenhede word in fase drie van die Riverside distriks verbeterings inisiatiewe beplan. Hoof uitvoerende direkteur van Riverside City Improvement District, James Aling, het gister by die bekendstelling van die nuwe Riverside handelsmerk gesê die fokus is op natuurlike areas met wandel- en fietsryroetes wat onder meer…
Jennifer Semmens kan van haar stoep af sien waar die Hermansburg-pad en die R40 bymekaar kom. Sy skat sy was sowat 1km van die aanval af soos die kraai vlieg.
Mia Louw en haar ma, Cisca van der Merwe, het vanoggend op die transito-roof op die R40 tussen Mbombela en Barberton afgekom. Sy vertel wat sy ervaar het.
Die R40 sal na verwagting tot ongeveer twee-uur vanmiddag gesluit bly, na ‘n aanval op ‘n G4S-geldwa vanoggend tussen Mbombela en Barberton. Twee wagte is in die skietgeveg gewond en hospitaal toe geneem. Die aanvallers het hul voertuie op die toneel agtergelaat en twee voertuie gekaap om te vlug. Dié…
Die twee pompe by Graskop se rioolsuiweringsaanleg werk glo reeds vir twee weke nie en besoedel nou die omliggende rivierstrome, vleilande en die Njaka-dam. Volgens Trudie Grovè-Morgan, die DA se woordvoerder vir samewerkende regering in Mpumalanga, is die vloei te swaar om met chemikalieë reggestel te kan word. Inwoners is…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op polisie om die man wat ‘n 33-jarige drawwer verlede week in Mbombela verkrag en in ‘n rivier gegooi het, aan te keer. Die vrou is verlede Woensdag oorrompel en verkrag. Sy het haar bewussyn betyds herwin om uit die…
Die DA het weer 'n beroep gedoen op die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme om die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei te ontbind. LPW Bosban Grobler sê die gekonsolideerde algemene verslag oor oudituitslae wat op 31 Maart vrygestel is, wys Mega is amper vier-honderd-persent in die rooi. Hy sê…
Drie leerlinge van Hoërskool Nelspruit het na die finale rondte van die Nasionale Toneelspelkompetisie deurgedring. Sumari Naudé (graad 12), Megan Bester (graad 11) en Ronel Basson (graad 9) is onder die 82 finaliste wat gekies is om van Donderdag tot Saterdag daaraan deel te neem in Kaapstad. Bykans 500 deelnemers…
4 May 2021 7AM
1 min
1500 – 1520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.