GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
193 Episodes
1 – 20

#WeeksdaeVibesMetVenita - Christiaan Ackerman | 12 Augustus

Christiaan Ackerman het die VIBES in #WeeksdaeVibesMetVenita gesit! Venita het die kans gekry om die mens agter die karakter van Juvan in Diepe Waters beter te leer ken – en wat ’n lekker kuier was dit net nie! Christiaan vertel meer oor hoe hy voorberei wanneer hy ’n nuwe karakter…
12 Aug 31 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ampie | 10 Augustus

Venita het by Ampie ingeloer gedurende #WeeksdaeVibes om meer te hoor van sy Top 4 wat deelneem aan die FAK Skryf’it Liedjieskryfkompetisie. Hy het sy missie en visie vir sy span gedeel, én ook meer uitgebrei oor hoekom hy glo hy het die wenliedjie in die kompetisie!
10 Aug 13 min

#ALT-Fokus - Basson Laas | 6 Augustus 

Basson Laas is hierdie week Venita se #HOOF-Fokus op #ALT-Fokus! Hy gesels oor sy nuutste enkelsnit 'Every River' en speel ook vir ons 'n paar liedjies LIVE in die ateljee. 
6 Aug 39 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Deon GROOT | 4 Augustus

Venita 'check in' by Deon Groot om vir hom 'n GROOT geluk te sê met sy SAMA nominasie vir Beste Pop Album. Hy vertel meer oor wat 'Seisoene' die album vir hom beteken het die afgelope jaar en wat hy nog beplan met sy musiek.
4 Aug 7 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Jann Klose & Marcella Detroit | 29 Julie 

Sanger en liedjieskrywer Jann Klose en die Grammy-bekroonde Marcella Detroit gesels op #WeeksdaeVibes oor hul nuwe enkelsnit, “Hurting Nobody”. Charonike staan dié keer vir Venita in en gesels met Jann en Marcella oor die nuwe samewerking, die storie agter die liedjie en hoe “Hurting Nobody” ontstaan het.
29 Jul 21 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Daniel John | 28 Julie 

Daniel John bring die VIBES op ‘n DANSdag!!! Hy gesels met Venita op #WeeksdaeVibes oor sy nuutste enkelsnit ‘Believer’ en gee ook ons die kans om EKSKLUSIEF na sy volgende enkelsnit ‘Somebody To Hold’ te luister!
28 Jul 32 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Danie Du Toit | 27 Julie 

Danie 'Reënwolf - van Spoegwolf' du Toit (Venita se nuwe naam vir hom 🤣) gesels met Venita oor sy Top4 finaliste wat deelneem aan die FAK Skryf'it liedjieskryfkompetisie. Hy vertel meer oor wat van die finaliste vir hom uitstaan en hoekom hy voel die wen liedjie lê by hom.
27 Jul 11 min

#ALT-Fokus - Future Radio | 23 Julie

Johnny van Future Radio is hierdie week se #HOOF-Fokus op #ALT-Fokus met Venita. Hy verduidelik die rede agter sy nuutste enkelsnit, "Creep" en hoekom hy besluit het om 'n nuwe baadjie vir 'n Radiohead 'classic' aan te trek.
23 Jul 21 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Lucian | 22 Julie

Lucian gesels met Venita om meer te vertel van sy nuuste enkelsnit "Ek kies om te glo". Hierdie 15-jarige het klaar sy droom en passie gevind, en nou kry hy die kans om dit te begin uit lewe. 
22 Jul 15 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Soulston Drive | 21 Julie 

Die manne van Soulston Drive, Rhyno, Jaco en Stefan, het 'n draai kom maak by Venita om te gesels oor hulle debuut-enkelsnit, "Real". Dad Jokes en goeie musiek is beslis die “blueprint” van hierdie manne!
21 Jul 19 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Chris Karl | 14 Julie

Dis sy heel eerste radio onderhoud en #WeeksdaeVibes met Venita het die voorreg om die man agter die musiek beter te leer ken. Chris Karl vertel meer oor die storie agter sy enkelsnit 'Vivo' en waarop dit vir hom soos huis voel. 
14 Jul 28 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Andriëtte Norman | 13 Julie 

Andriëtte gesels met Venita oor haar Top 4 wat sy gekies het vir die FAK Skryf'it - liedjieskryfkompetisie. Sy vertel waarom hierdie vier vir haar uitgestaan het, en wat haar denkwyse as ghoeroe vir hierdie jaar is.
13 Jul 10 min
1 – 20