Die Real Brêkfis

Die Real Brêkfis met Neville D, Benescke, Francois en Charl bring daagliks vir jou getuienisse en stories wat hoop bring. Skakel daagliks rondom 07:40 in vir jou nuutste storie.
Daily English South Africa Christianity
22 Episodes
1 – 20

Die Real Brekfis gesels met Sendeling en Pastoor, Sias Le Roux

Jesus se groot opdrag was dat ons moet uitgaan en mense dissipels maak. Emerge missions School doen dit al vir jare. Vanoggend gesels ons met sendeling en pastoor Sias Le Roux. Volgende week is sy 25ste keer dat hy Nepal toe gaan.
28 Nov 2024 12AM 14 min

Die Real Brekfis gesels met Ouerskapkenner en Skrywer, Rianette Leibowits

Vandag vier ons 'Digital Parenting Day!' | Die Real Brekfis-span (06:00-09:00) het gesels met Rianette Leibowits, ouerskapkenner en skrywer van die boek, Maak jou kind skermslim. Met die regte hulpmiddels kan jy jou kinders se veiligheid in die digitale wêreld verseker. Oorweeg slim apps soos Kaspersky, Family Link en FYI…
23 Oct 2024 1AM 11 min

Die Real Brekfis gesels met Margit Meyer-Rödenbeck

Kunste is gesond | Die Real Brêkfis se Neville D en Benescke (06:00-09:00) het gesels met Margit Meyer-Rödenbeck oor hoe sy voel oor die regering se R20 miljoen wat in die volgende twee jaar gebruik gaan word vir nuwe produksies. Sy sê mense wil stééds lag! Margit se produksie, Ouma…
13 Sep 2024 1AM 16 min

Die Real Brekfis gesels met Dr Lizelle Grobler

Die Real Brekfis (06:00-09:00) se Neville D, Benescke en Francois het gesels met Dr Lizelle Grobler, gesertifiseerde profileerder en forensiese psigofisioloog met 'n PhD in Metafisiese wetenskap oor haar werk in die polisie en hoe sy haar vaardighede vandag gebruik om uit te vind as iemand vir ons jok.
3 Sep 2024 1AM 17 min

Die Real Brekfis gesels met Jo Black

Die Real Brekfis-span (06:00-09:00) se Neville D en Benescke gesels met Jo Black oor hulle vinnge uitstappie na Perth, Australia en die opwindende naweek wat voorlê vir hulle, die Springbokke, en Dricus Du Plessis.
16 Aug 2024 1AM 3 min

Die Real Brekfis gesels met sosiale media kenner, Magriet Groenewalt

Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is onlangs bekend gemaak. Dit staan nou op 32,9%. Dit beteken 8,2 miljoen mense is werkloos. Magriet Groenewalt, sosiale media kenner het met die Real Brêkfis (06:00-09:00) se Neville D en Benescke Janse van Rensburg gesels oor praktiese wenke vir jou wat soek na werk (waar…
15 Aug 2024 1AM 9 min

Die Real Brekfis gesels met nuwe Mej. SA, Mia Le Roux

Die Real Brekfis-span (06:00-09:00) se Neville D en Benescke het met die nuwe Mej. SA, Mia Le Roux gesels. Alhoewel sy gedeeltelik gehoorgestrem is, is haar kroning 'n bewys dat niks in die pad van jou drome behoort te staan nie.
12 Aug 2024 1AM 5 min

Onderhoud met Alicia Lamprecht (kind wat in voertuig wat gekaap is)

Die afgelope naweek was ‘n vier maande oue dogtertjie in haar pa se kar toe dit gekaap is. Ons is baie dankbaar dat sy teruggevind is. Die voorval herinner ons aan wat 3 jaar gelede op 14 September 2021 gebeur het. Alicia Lamprecht het iets soortgelyk beleef toe haar voertuig…
19 Jul 2024 2AM 8 min
1 – 20