Radio Pulpit Verhoudingsdinge met Deon en Karin

Verhoudingsdinge met Deon en Karin

Deon en Karin du Toit staan aan die hoof van Huweliksfokus, ‘n interkerklike bediening met die visie om huwelike te belyn met God se plan. Hulle passie en oortuiging is dat elke huwelik gered kan word en dat elke gesin gesonde, gelukkige verhoudings kan hê.

Huweliksfokus bied 'n diepgaande ondersoek na die verhoudings waarin ons as Christene leef. Die Bybel dien as ons kompas, en dit wys ons hoe om meer soos Jesus te word. Die ware maatstaf van ons geloof is hoe ons in verhouding tot mekaar staan.
Weekly English South Africa Christianity · Kids & Family
25 Episodes
1 – 20

Trauma in jou huwelik kan jou aan God laat begin twyfel

Philip & Erika Botha getuig hoe verskeie trauma deur hul huwelik veroorsaak het dat hulle aan God begin twyfel het. Philip het heeltemal opgehou glo... en tog het God hulle nooit gelos nie en weer en weer Homself aan hulle openbaar en hulle verhouding met Hom volkome herstel. Hulle getuig…
16 Dec 1 hr 30 min

Die Here red die wat verdwaal het

Deon en Karin gesels met Brescia Bianko - Badenhorst wat haar getuienis kom deel hoe sy as jong meisie in die kloue van verslawing vasgevang was en nou 21 jaar later die Ambassadeur van Elim kliniek is
9 Dec 1 hr 24 min

Geloof en vertroue - ten spyte van....

Hoe behou jy jou geloof en vertroue in God as jy voel dat Hy nie die beloftes en die bevestiging wat jy van Hom ontvang het nakom nie? Deon en Karin gesels met Josef en Cindy oor die pad wat hul gestap om geloof en vertroue te behou, maak nie…
25 Nov 1 hr 21 min

Die Impak op Kinders Wanneer 'n Huwelik Struikel oor Rolverdeling

Die huwelik is in 'n krisis a.g.v. die man en vrou wat nie hulle verskillende rolle verstaan en uitleef soos God dit van hulle vra nie. Dit lei tot kinders wat sukkel met hul identiteit en selfwaarde, wat soekend is aan erkenning en behorenheid. Kinders kan in hul adolessensie jare…
18 Nov 1 hr 26 min

Getuienis van Odette Changuion

Die ware getuienis van Odette begin so.... "Ek kom uit 'n gebroke huis. Ek het verslawing en mishandeling op 'n vroeë ouderdom aanskou en beleef. Dit het diep wonde veroorsaak. Die verwerping en waardeloosheid het vinnig posgevat, so ek het liefde, aanvaarding en goedkeuring op al die verkeerde plekke gesoek..."
11 Nov 1 hr 18 min

Geloof in aksie

Vandag gesels Deon en Karin saam met hul gas Rene Changuion oor hoe lyk 'n lewe wanneer daar ware geloof is. Bybelse voorbeelde van Abraham, Moses, Petrus en ander word bespreek en die toets is om introspeksie te hou en jouself te toets in hoe jou lewe getuig van geloof.
4 Nov 1 hr 21 min

Bring die kinders na My toe

Deon en Karin gesels vanoggend oor ouerskap en die aspekte van dissipline en grootmaak van kinders
28 Oct 1 hr 09 min

Waarna moet jy uitkyk indien jy weer iemand in jou lewe wil toelaat?

Soekie gesels vandag saam met ons oor die afsterwe van haar man Johan 5 jaar gelede, hoe haar rouproses gelyk het en hoe sy vorentoe as alleen vrou haar pad moes stap, nuwe paaie en uitdagings op hierdie pad, maar haar liefde vir Jesus dra haar musiek bediening nog steeds…
14 Oct 1 hr 21 min

Van egbreuk tot versoening

Deon en Karin gesels met Brink en Alet Gardner, die stigterslede van die bediening Huweliksfokus. Twee pragtige suksesvolle mense se huwelik gaan deur stormwaters vir etlike jare. Alet hou vas aan God en Sy beloftes, bly in haar huwelik ongeag die verwerping wat sy op 'n daaglikse basis beleef het…
7 Oct 1 hr 28 min

Wanneer die lewe jou huwelik steel!

Deon en Karin gesels met Pieter & Edell Burger oor hoe verkeerde keuses en prioriteite jou huwelik kan steel. Jy kan jou huwelik herstel!
9 Sep 1 hr 18 min

Wanneer trauma jou aan alles laat twyfel

'n Ware getuienis van Renier & Tanya oor die uitdagings van hul matriek seun wat met 'n outo-immuun siekte gediagnoseer is en al sy drome verloor het. Hoe elke familielid geaffekteer was deur die gebeure en waar hulle hulleself nou beving
2 Sep 1 hr 18 min

Verhoudingsdinge met Deon en Karin - 19 Augustus 2024

Deon en Karin du Toit staan aan die hoof van Huweliksfokus, ‘n interkerklike bediening met die visie om huwelike te belyn met God se plan. Hulle passie en oortuiging is dat elke huwelik gered kan word en dat elke gesin gesonde, gelukkige verhoudings kan hê. Huweliksfokus bied 'n diepgaande ondersoek…
19 Aug 1 hr 20 min

Verhoudingsdinge met Deon en Karin - 12 Augustus 2024

Deon en Karin gesels met Charlie Dicks en André oor hulle jarelang musiek-bediening wat tot stilstand geruk is deur ‘n traumatiese aanval in hul huis. Hulle getuig oor hoe dit hul verhouding met mekaar en hul bediening geraak het, en van God se beloftes wat vir hulle waar geword het,…
12 Aug 1 hr 29 min

Verhoudingsdinge me Den en Karin - 05 Augustus 2024

Deon en Karin gesels met Ruan du Toit oor immigrasie. Immigrasie uit Suid-Afrika het geweldig toegeneem deur die jare. Ruan noem die belangrikste punte en aspekte wat paartjies in ag moet neem voordat hulle immigrasie kan oorweeg.
5 Aug 1 hr 34 min
1 – 20