Maroela Media Verantwoordelike vuurwapenbesit

Verantwoordelike vuurwapenbesit

Die kwessies rondom vuurwapenbesit bly maar ingewikkeld, en mense het gewoonlik sterk opinies daaroor. Met Suid-Afrika se misdaadsyfers kan ʼn mens wel verstaan as iemand ʼn vuurwapen wil aanskaf. In dié reeks wil ons jou toerus om ʼn verantwoordelike vuurwapeneienaar te wees. Ons beantwoord jou vrae oor vuurwapenlisensies en -opleiding en bespreek regsaspekte rondom die gebruik van ʼn vuurwapen. Kom luister gerus en word vuurwapenwys.

Die gaste is:
- Ian Cameron, is 'n gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian
- Dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria
- Mark Mulder, stigter van Gunlicence.co.za
- Adv. Henk Nolte, streekshoflanddros en direkteur van Firearms Guardian
- Heinke Hartdegen van die Bravo Tactical Africa-opleidingsentrum
- Johannes Stoker van Firearms Guardian
- Ruan Vermaak van Crisis on Call

"Verantwoordelike vuurwapenbesit" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa How To
6 Episodes

Alles wat jy oor vuurwapenlisensies wil weet

Eugene Verwey, ʼn Maroela Media-leser, wou weet hoekom ʼn persoon as vuurwapeneienaar nie eerder gelisensieer word, as elke vuurwapen nie. Ons antwoord hierdie en ander vrae oor vuurwapenlisensies.
28 Nov 12 min

Wanneer mag ek skiet?

Wanneer mag ek met my vuurwapen skiet om myself te beskerm? Mag ek my vuurwapen slegs in ʼn geval van selfverweer gebruik? Curlewis en Cameron gee meer duidelikheid oor die omstandighede waarin jy mag skiet. Is dit net wanneer jou lewe bedreig word?
7 Nov 15 min

Wanneer mag jy onbevoeg verklaar word om 'n vuurwapen te besit?

In die jongste aflewering van Maroela Media se gesprekreeks wat fokus op verantwoordelike vuurwapenbesit, praat ons oor bevoegdheid. Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee vir die polisie en direkteur van Firearms Guardian, en dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, is terug saam met my, Esté Meyer…
31 Oct 9 min

Wanneer mag die polisie op jou vuurwapen beslag lê?

Dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner, en Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir die polisie en direkteur van Firearms Gaurdian,verduidelik wat die wet sê oor die polisie se reg om op jou vuurwapens beslag te lê.
24 Oct 10 min