Eugene Verwey, ʼn Maroela Media-leser, wou weet hoekom ʼn persoon as vuurwapeneienaar nie eerder gelisensieer word, as elke vuurwapen nie. Ons antwoord hierdie en ander vrae oor vuurwapenlisensies.
“ʼn Vuurwapen is nie ʼn speelding nie – dit is ʼn stuk toerusting wat jou ʼn groot hoeveelheid mag gee, en daarom kom die gebruik daarvan saam met ʼn ontsaglike groot verantwoordelikheid.”
Wanneer mag ek met my vuurwapen skiet om myself te beskerm? Mag ek my vuurwapen slegs in ʼn geval van selfverweer gebruik? Curlewis en Cameron gee meer duidelikheid oor die omstandighede waarin jy mag skiet. Is dit net wanneer jou lewe bedreig word?
In die jongste aflewering van Maroela Media se gesprekreeks wat fokus op verantwoordelike vuurwapenbesit, praat ons oor bevoegdheid. Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee vir die polisie en direkteur van Firearms Guardian, en dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, is terug saam met my, Esté Meyer…
Dr. Llewelyn Curlewis, ʼn strafregkenner, en Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir die polisie en direkteur van Firearms Gaurdian,verduidelik wat die wet sê oor die polisie se reg om op jou vuurwapens beslag te lê.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.