GROOTfm 90.5 Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis voel.
Daily Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness
238 Episodes
1 – 20

Anderkant die water - Ronel du Plessis getuienis

Daar is oomblikke in die lewe wat alles wat jy ken, vir altyd verander. Oomblikke waarna niks ooit weer dieselfde kan wees nie. In ’n besonder roerende gesprek het ons met Ronel du Plessis gesels oor die ondenkbare verlies van haar en Jannie se seuntjie, Jan-Nathaniël, en die pad van…
5 Nov 6AM 18 min

VERSKILMAKERS: Pharos gemeenskaspsentrum

Pharos maak ’n verskil in die lewens van individue en gesinne wat ondersteuning nodig het, met projekte wat daarop fokus om praktiese hulp en hoop te bring. Van kos en Kersfeespakkies tot skryfbehoeftes vir kinders uit minderbevoorregte gesinne – Pharos probeer mense op ’n waardige manier ondersteun. Ons gesels vandag…
5 Nov 3AM 8 min

ABC van Ouerskap: W- Waterveiligheid

Waterpret is deel van ’n lekker Suid-Afrikaanse somer, maar water hou ook ernstige gevare in, veral vir jong kinders. Verdrinking kan binne sekondes gebeur en dikwels sonder enige geluid. In hierdie week se ABC van Ouerskap fokus ons op waterveiligheid en hoe ouers en versorgers kinders rondom swembaddens, baddens en…
3 Nov 5AM 14 min

Hoe veilig is Pretoria se water?

Die Stad Tshwane het alternatiewe watervoorsiening vir die Pretoria-middestad en omliggende gebiede in werking gestel. Dit volg nadat watergehalte-toetse mikrobiologiese besoedeling in water uit die Findlay-reservoir opgespoor het. Die besoedeling is opgemerk nadat 'n rioolpyp gebars en tot verhoogde mikrobiese voorkoms in die bestaande chloorvlakke gelei het. Onafhanklike waterkenner, Francois…
23 Oct 5AM 15 min

Snoete-goete: Ken jy al hierdie "luiperd"-spesies?

Het jy geweet Suid-Afrika het heelwat “luiperds” wat glad nie groot katte is nie? Van skoenlappers en motte tot paddas, skilpaaie, plante en selfs seediere – talle spesies dra die naam vanweë hul kenmerkende kolle of patrone. Die Cape Leopard Trust het onlangs hierdie interessante deel van ons land se…
23 Oct 4AM 9 min

VERSKILMALKERS: Heartfelt Foods

Kos op die tafel gaan oor veel meer as net voeding – dit gaan oor waardigheid, hoop en volhoubare oplossings. Heartfelt Foods, die voedingsprogramtak van Food Sock Meals wat deur Carl van Blerk gestig is, het uit voedselhulpwerk tydens die COVID-19-pandemie ontstaan. Vandag help hulle om voedsame, bekostigbare en maklik…
22 Oct 5AM 19 min

SA een van die lande wat die meeste Bybel lees!

YouVersion, die skepper van die wêreld se gewildste Bybeltoepassing, het vroeër vanjaar ’n plaaslike spilpunt in Suid-Afrika gevestig om Bybelbetrokkenheid in Afrika verder uit te brei. Met meer as 30 miljoen downloads van YouVersion se Bybeltoepassings in Suid-Afrika, tel ons land onder die top vyf lande ter wêreld wat daaglikse…
21 Oct 6AM 8 min

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min

Sarina gesels met Gretha Wiid

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis…
6 Oct 7AM 23 min

ABC van Ouerskap: U - Uitbarstings

In die ABC van Ouerskap kyk ons vandag na die U vir Uitbarstings – daardie oomblikke wanneer jou kind skielik op die vloer lê, huil, skree, stamp of eenvoudig heeltemal oorweldig lyk. Maar hoekom gebeur tantrums, is dit normale deel van ontwikkeling, en hoe behoort ’n ouer dit te hanteer…
6 Oct 4AM 17 min

ABC van Ouerskap: T- Tieners

In die ABC van Ouerskap kyk ons vandag na die T vir Tieners – ’n fase wat vir kinders én ouers groot veranderinge kan bring. Die verhouding tussen ’n tiener en sy of haar ouers kan soms onder druk kom, juis wanneer tieners meer onafhanklikheid begin soek. Maar hoe behou…
29 Sep 6AM 12 min
1 – 20