MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
336 Episodes
100 – 120

Klipkouers SON | W1E3 | Regspraak

Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf…
21 Oct 2022 22 min

Klipkouers SON | W1E2 | Digitale Bemarking

Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf…
21 Oct 2022 30 min

Klipkouers SON | W1E1 | Volle Onderhoud

In die eerste aflewering van Klipkouers SON (Sake-Ondersteuningsnetwerk) bespreek die paneel potgooie as bemarkingsinstrument; die impak van en koste verbonde aan sekere regsbeginsels; en finansiële beplanning en oplossings vir boere en Afrikaanssprekende sakelui. Die gemene deler in aldrie hierdie gesprekke is die belangrikheid van waardetoevoeging… Luister na die episode hier:…
21 Oct 2022 1 hr 31 min

Episode 152: Charles Back

Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die…
2 Sep 2022 56 min

Episode 151: Ben Groot

Ben Groot is ’n prokureur wat spesialiseer in handelsreg. Hy is egter van skooldae ook reeds passievol oor entrepreneurskap en besigheidsbestuur, en het, benewens sy eie, florerende regspraktyk, wat selfs na Namibië uitgebrei het, ook Lexa, ’n innoverende toep wat oop kommunikasie en tydige terugvoer tussen regsfirmas en hul kliënte…
3 Jun 2022 1 hr 09 min

Episode 150: Victor Adendorff

Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline…
15 Apr 2022 1 hr 37 min

Episode 149: Pieter Groenewald

Van Prieska tot Nfinity. Dit, in kort, is die Pieter Groenewald-storie. As kind het Groenewald se pa, wat ’n aantal besighede op Prieska besit en as die ‘Afrikaanse Jood’ op die dorp bekendgestaan het, ’n blywende indruk gelaat. Bykans ’n kwarteeu later, sou ’n oproep van ene Ken Varejes vir…
1 Apr 2022 1 hr 23 min

Episode 148: Deon Meyer

Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale…
17 Mar 2022 1 hr 16 min

Episode 147: Dr. Abraham Brink

Hierdie is 'n fassinerende onderhoud oor oa SASOL en Suid-Afrika se chemikalieë industrie geskiedenis. Dr. Abraham Brink was vir dekades ’n toonaangewende rolspeler in die vervaardigingsbedryf. Daarvan getuig die feit dat hy in 2014 verkies was tot president van die International Institute of Synthetic Rubber Producers in Houston. Brink het…
16 Dec 2021 1 hr 21 min

Episode 146: Heinrich Strydom

Heinrich Strydom se aanvanklike droom om vir die Proteas krieket te speel, het mettertyd omgeswaai na ‘n ambisie om een van die top administrateurs in SA sport te word. As die jongste hoof-uitvoerende beampte van ’n plaaslike krieketfranchise, toe hy vyf jaar gelede op 34-jarige ouderdom aangestel was as baas…
30 Nov 2021 1 hr 17 min

Episode 145: Heinrich Becker

Die wyse waarop myne funksioneer is besig om radikaal te transformeer. Digitale oplossings help om ’n mynbou-omgewing te skep wat veilig en volhoubaar is, met ’n geïntegreerde werksmag wat stimulerende take verrig. Heinrich Becker is die Uitvoerende Direkteur en mede-stigter van Krypton Mining, ’n innoverende maatskappy wat spesialiseer daarin om…
19 Nov 2021 1 hr 08 min

Episode 144: Dr Jacques Faul

Jacques Faul benodig geen bekendstelling as suksesvolle hoof-uitvoerende beampte van die Titans nie. As iemand met ’n passie vir die bestuur van belangegroepverhoudings, is Jacques ook ’n akademikus van formaat, met ’n doktorsgraad in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en is hy onlangs aangestel as medeprofessor by die NWU Besigheidskool.Hy glo dat…
12 Nov 2021 1 hr 03 min

Episode 143: Dr Cobus Oosthuizen

Die mens is nie veronderstel om ’n gevangene van ’n voorafbepaalde stel keuses te wees nie, aangesien die toekoms ’n magdom van uitkomste bied. Aldus Dr Cobus Oosthuizen, dekaan van die Milpark Business School in Johannesburg. Cobus is ’n deskundige op die gebied van leierskap, entrepreneurskap en strategie. Die voltooiing…
8 Oct 2021 1 hr 11 min

Episode 142: Melanie van Rooy

Bemarking is nie bloot ‘n integrale deel van besigheidsukses nie. Dit is die besigheid. Melanie van Rooy staan aan die hoof van bemarking by Clicks, en was vroeër in dieselfde hoedanigheid betrokke by sowel Makro SA as Dis-Chem. Met ‘n doktorsgraad in ekonometrie, het sy ‘n passie vir bemarkingsanalise ten…
24 Sep 2021 1 hr 04 min

Episode 141: De Wet Bisschoff

Dis belangriker as ooit dat besighede hul denkwyses wysig om aan te pas by die nuwe normaal. Dit beteken dat die wonderlike wêreld van tegnologie optimaal benut moet word. Met ‘n kwarteeu se ervaring juis in die lewering van tegnologie oor ‘n verskeidenheid van industrieë, het De Wet Bisschoff homself…
17 Sep 2021 1 hr 07 min

Episode 140: Pieter Geldenhuys

Pieter Geldenhuys is ‘n bekroonde akademikus en geleentheidspreker met ‘n uitgebreide kennis van innovasie, toekomstige tendense en tegnologiese ontwikkeling. Sy gewildheid as spreker spruit uit sy vermoë om die verlede en hede te kombineer, ten einde ons in te lig oor die toekoms. Pieter is ‘n internasionaal befaamde futuris, en…
9 Sep 2021 1 hr 19 min

Episode 139: Dewald Olivier

Dewald Olivier is sedert 2018 die hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker. Dewald het ‘n MBA met lof verwerf aan die NWU Besigheidskool, wat hy as ‘n bepalende…
2 Sep 2021 1 hr 23 min

Episode 138: Quentin van den Heever

Die Synthetic Latex Company (SLC) is ‘n sleutelspeler in die SA chemiese industrie. Besturende direkteur en mede-eienaar, Quentin van den Heever, vertel van SLC se oorsprong as ‘n gesamentlike onderneming met Rivertex SA in 1967, en hoe hulle hulself 50 jaar later as ‘n onafhanklike maatskappy kon posisioneer. SLC spesialiseer…
25 Aug 2021 57 min

Episode 137: Cobus van der Merwe

Volgens Cobus van der Merwe, stigter van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te…
4 Aug 2021 1 hr 18 min

Episode 136: Koos Janse van Rensburg

Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat…
7 Jul 2021 58 min
100 – 120