MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
327 Episodes
120 – 140

Mini-reeks Eps 5: Samesmeltings en Oornames

Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit. Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë…
16 Sep 2020 21 min

Episode 127: Theo Prinsloo

Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van GuanoBoost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat…
14 Aug 2020 56 min

Mini-reeks Eps 4: Afleggings en onderhandelingsprosedure

Die COVID-19-pandemie het die arbeidsmark op sy kop gekeer, met die wankelrige ekonomie wat oral noodgedwonge afleggings tot gevolg het. Edward Coleman van Stratlaw regsadviseurs is ‘n kenner op die gebied van die arbeidswet, en bespreek ‘n aantal noodsaaklike aspekte rondom afleggings en die onderhandelingsprosedure wat gevolg behoort te word…
24 Jul 2020 19 min

Episode 126: Leonie Marques

Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig. Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het…
15 Jul 2020 35 min

Mini-reeks Eps 3: Nakoming van Vlak 3 Covid-19 regulasies in die werksplek

Ek gesels met Sasha-Leigh Burggraaf van Stratlaw oor: - Wie mag of mag nie terugkeur werk toe nie. - Watter stappe moet geneem word deur werkgewers ten einde die werksplek voor te berei. - Wat moet die Moniteeringsbeampte doen. - Wat moet alles bevat word in die infaseerings plan vir…
4 Jun 2020 20 min

Episode 125: Sarel du Plessis

Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf. Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in…
21 May 2020 1 hr 30 min

Episode 124: Mike Bolhuis

Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en…
22 Apr 2020 1 hr 19 min

Mini-reeks Eps 2 : UIF: COVID-19 -bystandsfonds

UIF: COVID-19 -bystandsfonds aansoeke kan slegs gedoen word gedurende die "lockdown" periode. Ek gesels met Arno Jansen Van Vuuren van Stratlaw (https://stratlaw.co.za) oor: 1. Wie aansoek kan doen; 2. Waarvoor jy aansoek kan doen en; 3. Hoe jy aansoek kan doen Webwerf
20 Apr 2020 12 min

Episode 123: Meksikaanse Bier Gogga

Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer Webwerf
25 Mar 2020 14 min

Episode 122: Isak Marais

Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep. Bramhope spesialiseer…
27 Feb 2020 37 min

Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe!…
24 Dec 2019 13 min

Episode 121: Jacques Taylor

Jacques Taylor is die besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die…
8 Nov 2019 41 min

Episode 120: Alishia van Deventer

Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a…
3 Oct 2019 40 min

Episode 119: Henk Pretorius

Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek…
11 Sep 2019 29 min

Episode 118: Hennie Ferreira

Osidon is die wêreld se eerste digitale Rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die…
24 Aug 2019 29 min

Episode 117: Annette Muller

Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale…
7 Aug 2019 28 min

Episode 116: Hannon Bothma

Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses! Webwerf
24 Jul 2019 26 min

Episode 115: Pepe Marais

Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur ‘n duidelike "purpose"…
11 Jul 2019 27 min

Episode 113: Omri Van Zyl

Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man…
12 Jun 2019 24 min

Episode 112: ‘n Paar gedagtes van Jacques Basson

Ek was bietjie “baie” stil die afgelope paar weke en wou net vinnig inloer en jou vertel waarmee ek besig bv. – hoe ek geld maak; – ‘n nuwe besigheid genaamd CommWealth; – ‘n Landbou Potgooi wat in wording is; – ‘n nuwe potgooi onderhoud struktuur en produksie proses; –…
29 May 2019 16 min
120 – 140