MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
327 Episodes
140 – 160

Episode 111: Martin Schoeman

Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die ‘Wildteler van die Jaar 2018’ titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie…
9 May 2019 1 hr 03 min

Episode 110: Dawie Swart

Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd met kantore in Suid-Afrika en North Carolina. Hulle belê in eiendomme, hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede…
12 Apr 2019 56 min

Episode 109: Morné Smit

Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n Londen gebaseerde besigheid en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees. Webwerf
19 Mar 2019 55 min

Episode 108: Jannie Putter

Jannie Putter is 'n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as 'n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die…
6 Mar 2019 41 min

Episode 107: Ben Liebenberg

Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is…
20 Feb 2019 55 min

Episode 106: Louis Albertyn & Abie Kohn

Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na 'n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker…
6 Feb 2019 1 hr 02 min

Episode 105: Dr Cobus Oosthuizen

Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr. Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op…
23 Jan 2019 1 hr 08 min

Kersboodskap 2018

2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters - ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2019 toe! Webwerf
12 Dec 2018 17 min

Episode 102: Willem van der Merwe

Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met 'n groot positiewe impak op vrugteplase en…
5 Dec 2018 1 hr 04 min

Episode 101: Roelien von Molendorff

Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte. Webwerf
28 Nov 2018 1 hr 09 min

Episode 100: Jacques Basson

Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies…
21 Nov 2018 33 min

Episode 99: Arno Smit

In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend. Webwerf
14 Nov 2018 1 hr 17 min

Episode 98: Christine Geldart

Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en…
7 Nov 2018 54 min

Episode 97: Jasper Cloete

Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig…
31 Oct 2018 1 hr 08 min

Episode 96: Ernest North

Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer. Webwerf
24 Oct 2018 1 hr 04 min

Episode 95: Hans Drommedaris

Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein. Webwerf
17 Oct 2018 53 min

Episode 94: Ivan Herselman

Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil…
10 Oct 2018 1 hr 02 min

Episode 93: Dr Dirk Koekemoer

Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na…
3 Oct 2018 1 hr 03 min

Episode 92: BizSkills

BizSkills fokus op bekostigbare deurlopende professionele ontwikkeling van opvoeders in Suid Afrika. Alle kursusse is geakkrediteer deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) en BizSkills ondersteun skole om jaarlikse CPD punte van opvoeders te bereik. Meer as 1,500 opvoeders het reeds baat gevind by die program. Kursusse sluit in…
26 Sep 2018 1 hr 07 min

Episode 91: Gideon Galloway

Gideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou…
19 Sep 2018 1 hr 34 min
140 – 160