MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
327 Episodes
220 – 240

Episode 54 (Deel 1): Johan Stemmet

Wat ‘n wonderlike voorreg om met ‘n Suid Afrikaanse ikoon te kon gesels! Behalwe dat Johan Stemmet ‘n baie nederige en aangename mens is, is hy ‘n ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad en boonop self ‘n baie suksesvolle besigheidsman. Webwerf
30 Mar 2017 22 min

Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 1

Sekerlik elke Afrikaner ken vir Johan Stemmet en het al ten minste één keer in hul lewens die mees suksesvolle Afrikaanse televisieprogram, Noot vir Noot, gekyk. Wie sal ooit daai snoesige Saterdagaande saam met die gesin voor die televisie kan vergeet? Webwerf
29 Mar 2017 2 min

KPS Episode 4: Johan Eksteen

Die beste manier om te leer is by die bestes, en ons vorige potgooi bevat ‘n onderhoud met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen – Klipkouers ontleed sy fassinerende storie en bekyk verskeie faktore wat die kern vorm van moderne entrepreneurskap. Webwerf
24 Mar 2017 22 min

Episode 53: Johan Eksteen

Hierdie week gesels Klipkouers met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen. Sy besigheid, Agricon Pelleting, vervaardig verpillingstoerusting en is tans ‘n wêreldleier in hierdie bedryf. Die dryfveer agter Agricon is om gedurig nuwe oplossings te vind en waarde vir sy kliënte toe te voeg. In Johan se wyse…
16 Mar 2017 35 min

KPS Episode 3: Antoinette Badenhorst

Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Vandag gesels ons oor aanlyn kursusse en –opvoeding en hoe dit besig is om ou-wêreldse denkwyses onherroeplik te verander – en dis ‘n baie goeie wending! Deur hierdie middele te…
9 Mar 2017 18 min

KPS Episode 2:  Pieter Kruger

Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel KPS, waar addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede-entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS Episode 2 is dan uit my onderhoud met professor Pieter Kruger van Cognacity UK. Webwerf
23 Feb 2017 21 min

Episode 51: Pieter Kruger

Pieter Kruger is ‘n kliniese sielkundige wat tans in Londen praktiseer onder die vaandel van Cognacity UK, waar hy onder andere met  wêreldklas sportspanne werk. Webwerf
16 Feb 2017 25 min

KPS Episode 1: Denise Hattingh

Klipkouer Prontuit Sessie Episode 1. Luister na Klipkouers se nuwe inisatief genaamd “Klipkouer Prontuit Sessie” (KPS), waar ek, Jacques Basson en mede-entrepreneur Tiaan de Jager dieper delf in verlede week se onderhoud vir vars besigheidsidees en advies. Webwerf
10 Feb 2017 23 min

Episode 50: Denise Hattingh

Vandag gesels Klipkouers met Denise Hattingh, ‘n klipkouer uithouer en aanhouer en besturende direkteur van KEU Underwriting Managers. Hulle spesialiseer in korttermynversekering vir die vermaaklikheidsbedryf - spesifiek die filmbedryf in Suid Afrika. Webwerf
2 Feb 2017 27 min

Episode 48: Hardus Blignaut

Hardus Blignaut is die stigter van die baie bekende klere handelsmerk en besigheid, Kakiebos. Webwerf
19 Jan 2017 30 min

Episode 47: Willie Hamman

Luister hoe Willie Hamman sy besigheid, Star Pops, met 100% in 2016 gegroei het. Webwerf
12 Jan 2017 26 min
220 – 240