MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
327 Episodes
300 – 320

Episode 25: Louis van der Watt

Louis van der Watt is die medestigter en dryfkrag agter die internasionale eiendomsontwikkelaars groep, Atterbury wat onlangs die grootste winkelsentrum in Afrika gebou het nl. The Mall of Africa in Gauteng. Webwerf
30 Jun 2016 31 min

Episode 24: Stefan van der Walt

Diens is die wagwoord vir suksesvolle besigheid. Besigheid gaan nie net oor geld nie; jy moet ook ‘n verskil in mense se lewens wil maak Webwerf
23 Jun 2016 30 min

Episode 23: Vicky le Roux

Vicky le Roux, eienaar van Chicaco Pizza in Vail Colorado vertel my van die uitdagings van 'n seisoenale besigheid. Webwerf
17 Jun 2016 26 min

Episode 22: Theo van den Berg

In vervaardiging moet jy nie oorhaastige besluite neem nie, want dit sal jou duur te staan kom sê Theo van den Berg, stigter van Dala Wood. Webwerf
10 Jun 2016 25 min

Episode 21: Wouter Snyman

Wouter Snyman, stigter van die Attooh-groep, is die nommer een Discovery finansiële groep in Suid-Afrika. Hy spoedlees 'n besigheidsboek per dag, maar maak seker dat hy elke nuwe "nugget" toepas in sy besigheid en persoonlike lewe. Webwerf
2 Jun 2016 30 min

Episode 20: Jaco du Plessis

Jaco du Plessis is in die brandvoorkoming besigheid. “Ontleed jou mark en maak kontak met die regte mense sê hy. Op hierdie manier sal jou besigheid kan floreer.” Webwerf
27 May 2016 31 min

Episode 19: Anesia Darne

Anesia Darne vertel my van die belangrike rolle wat Tripadvisor, ligging en musiek in haar restaurant speel. Webwerf
20 May 2016 26 min

Episode 18: Heini Booysen

Heini Booysen is die mede-stigter van die innoverende en vinnig groeiende aanlyn kos bestellings diens, OrderIn Webwerf
13 May 2016 37 min

Episode 17: Francois Retief

Francois Retief is die mede-stigter van Iono.fm, wat ‘n innoverende “hosting” platform is vir potsendings soos bv. die Klipkouers Potgooi, RSG, BBC, Duitse Radio en vele ander. Webwerf
5 May 2016 36 min

Episode 16: Adele Walker

Adele Walker vertel my hoe haar behoefte aan mede Suid-Afrikaners gelei het tot die stigting van haar promosies en gebeure besigheid in die VK, SAFFAevents. Webwerf
29 Apr 2016 22 min

Episode 15: Cerita Nagy

Cerita Nagy gesels met my oor haar kleintyd passie vir ontwerp asook haar passie vir die ontwikkeling van sakevroue wat gelei het tot die stigting van haar ontwerp besigheid en haar rol as Nasionale President van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue. Webwerf
21 Apr 2016 32 min

Episode 14: Christo Henning

Ek gesels met, Christo Henning van Leon's Motors, in Rustenburg, waar hy onder andere verduidelik hoekom ‘n kar se handelsmerk nie so ‘n groot rol speel in verkope as wat mens dink nie. Webwerf
14 Apr 2016 21 min

Episode 13: Pieter Cilliers

Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas. Hy gesels met my onder andere oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ‘n nuwe besigheid in Texas te vind en suksesvol te vestig. Webwerf
7 Apr 2016 31 min

Episode 12: André van den Berg

ABD USA Enterprises voer Amerikaanse karre en motorfietse wêreldwyd uit. Stigter, André van den Berg, gesels met my onder andere oor sy loopbaan as motorfiets-renjaer, $17 in sy sak, toilette skoonmaak tot die heel eerste motorfietsveiling in die VSA. Webwerf
31 Mar 2016 18 min
300 – 320