Barberton se water nog nie heeltemal terug na normaal nie

Loading player...
Barberton se beurtwater is iets van die verlede, maar die dorp ervaar steeds wateronderbrekings.
Die Lomati-dam is amper nege-en-sestig persent vol.
Dis goeie nuus vir Barberton se inwoners wat sedert Augustus beurtwater het.
DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik dat die Queen’s-rivier weens die reën te modderig is om water te onttrek.
Die dam se water word dus so vinnig gebruik as wat dit gesuiwer word.
Om die reservoirs vol te kry, moet toevoer na sekere areas soms afgesny word.
Hy vra dat mense geduldig bly tot die stelsel gestabiliseer word.
24 Feb 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min